Grondboontjie

Die grondboontjie (Arachis hypogaea) is 'n spesie in die ertjiefamilie Fabaceae inheems aan Suid-Amerika.

Dit is 'n eenjarige kruidagtige plant wat tot tussen 30 en 50 cm hoog groei. Die blare is afwisselend gerangskik, veervormig met vier "blaartjies" (twee teenoorstaande pare; met geen eindblaartjie nie), en elke "blaartjie" is 1 tot 7 cm lank en 1 tot 3 cm breed. Die vorm van die blom van die plant is tipies aan ander plante in die ertjiefamilie, 2 tot 4 cm wyd, met geel en rooi are. Na bestuiwing ontwikkel die vrug in 'n peul van 3 tot 7 cm lank en bevat 2 tot 3 (in uitsonderlike gevalle 1 of 4) sade, wat dan hul weg ondergrond baan om ryp te word.

Grondboontjie
Grondboontjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Aeschynomeneae
Genus:
Arachis
Spesie:
A. hypogaea
Binomiale naam
Arachis hypogaea

Alhoewel dit in die kookkuns as 'n neut gesien word, is die vrug van die grondboontjie botaniesgesproke 'n houtagtige peul en tegniesgesproke nie 'n neut nie, soos met die Engelse benaming van peanut. In hierdie aspek is die Afrikaanse benaming tegniesgesproke korrek, deurdat daarna verwys word as 'n boon en nie 'n neut nie.

Alternatiewe Engelse benaminge is groundnuts, earthnuts, goobers, goober peas, pinders, manila nuts en monkey nuts (die laasgenoemdes verwys gewoonlik na die hele peul en nie net na die sade nie.) Nederlandse benaminge is apennootjes, aardnoten of pinda's.

Sien ook

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Maroela MediaGawes van die Heilige GeesOopbroninhoudLys van Afrikaanse televisiereekseMaatskappyLettergreepBorskankerKwaZulu-NatalKatKoppeltekenLys van landeAardeAfrikanersSnaarinstrumentWaterstofHormoonsiekteUitwerking van klimaatsveranderingWiskundige terminologieRookgewoonteVoegwoordOplossing (chemie)SlaginstrumentVarkgriepLys van bekende Suid-AfrikanersBTWMobutu Sese SekoAppelAnette EngelbrechtKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAfro-AmerikanersEmosieGautengTydsoneCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaNetbalAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidTransatlantiese slawehandelVitamienErns GrundlingPerdBevolkingsafnameLys van kleureGroot vyfAarverkalkingDemi Lee MooreRamsar-vleilande in Suid-AfrikaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLeeuAntjie KrogLetterlike en figuurlike taalgebruikByMorfeemAlliterasieJavaScriptOnse VaderLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSaartjie BaartmanTobie CronjéPornografiese akteurByvoeglike naamwoordJode in Suid-AfrikaLimpopo (rivier)KunselementeBlourokkeBloemfonteinOogproblemeVormHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWaterbesoedelingFibonacci-reeksIronieSlag van Cuito CuanavaleFiela se kind (rolprent)Pinkster🡆 More