Shasherivier

Die Shasherivier of Shashirivier is 'n groot sytak van die Limpoporivier in Zimbabwe.

Dit strek noordwes vanaf Francistown, Botswana, en vloei in die Limpopo in op die grens tussen Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe. Die samevloeing is direk noord van die Mapungubwe Nasionale Park.

Shasherivier
Shashirivier
Die Shasherivier by die samevloeiing met die Limpoporivier.
Die Shasherivier by die samevloeiing met die Limpoporivier.
Die Shasherivier by die samevloeiing met die Limpoporivier.
Stroomgebied Botswana, Zimbabwe
Oorsprong Noordwes van Francistown, Botswana
Monding Limpoporivier
Lengte 300 km
Gemiddelde afloop 14,65 m³/s
Stroomgebiedopp. 8 991 km²
Ligging van Shasherivier op 'n kaart (Limpopo)
Shasherivier
Shasherivier
Ligging van die Shasherivier se monding by die Limpoporivier
Koördinate: 22°11′17″S 29°21′17″O / 22.18806°S 29.35472°O / -22.18806; 29.35472 29°21′17″O / 22.18806°S 29.35472°O / -22.18806; 29.35472

Hidrologie

Die Shasherivier is nie 'n standhoudende rivier nie, en vloei gewoonlik slegs 'n paar dae van die jaar. Die rivier dra slegs 12,2% van die gemiddelde jaarlikse vloei van water in die Limpopokom by.

Groot sytakke van die Shasherivier sluit die Simukwe-, Shashani-, Thuli-, Tati- en Ramokgwebanariviere in.

Die Shasherivier is grootliks 'n kanaal wat met sand gevul is, met wydverspreide alluviale akwafers in die rivierkanaal onder die alluviale plein. Hierdie akwafers voorsien water aan 'n klompie besproeiingskemas, insluitende die Sibasa en Shashi.

Meer as 2 miljoen jaar gelede het die boonste Zambezirivier suidwaarts deur die Makgadikgadipan geloop na die Shasherivier.

Damme

Die Shashedam is in die Shasherivier naby Francistown gebou, met die doel om die nywerheidsdorp Selebi-Phikwe van water te voorsien. Die dam voorsien ook die omliggende dorpe, die Phoeniks-nikkelmyn en Pupane-goudmyn van water.

Die Dikgatlhongdam (in Desember 2001 voltooi) is verder stroomaf gebou naby die dorp Robelela. Die dam se bakmaat is 400 000 000 kubieke meter.

Eksterne skakels

Tags:

BotswanaFrancistownLimpoporivierMapungubwe Nasionale ParkSuid-AfrikaZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinVulvaKlitorisSonAfrikanersPG du PlessisArmand AucampDoopBatmanIndiëRuslandMusiekHeilige SaterdagOrthopteraMarsLettergreepKrokus Stadsaal-aanvalDerrickGrysstofOntsteking (geneeskunde)E-posLongontstekingMolotofbomDassievoëlMiddelmisbruikGeorgiëByeboerderyOnderwys in Suid-AfrikaMoslemMasturbasieRacheltjie de BeerAngina pectorisMangelontstekingKolorektale kankerLeeuTarentaleGoogleDonderstormSamestellende afleidingBernice WestLys van Suid-Afrikaanse musikanteThabo MbekiSkoenlapperLikkewaanDiplopodaDansBloemfonteinOnse VaderEpilepsieSatireSuid-Afrikaanse randLys van Afrikaanse rolprenteLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSkrikkeljaarTolla van der MerweDroogteLys van slangeKasteel die Goeie HoopSuid-Afrikaanse InkomstediensBelgiëGawes van die Heilige GeesBruin huisslangMadison IvyReënspinnekopLiewe HeksieBywoordAnnelize van der RystAspergersindroomVrymesselary26 Maart🡆 More