Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese.
Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as "God" verwys word, maar wanneer in 'n sekulêre bespreking na enige god verwys word, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Die woord kom uit die Germaanse talegroep en is in die Westerse kultuur ekwivalent aan die Latyns-gebaseerde "Deus".
Moderne monoteïstiese konsepte kom van die Abrahamse tradisie.
Argumente vir sowel as teen die bestaan van God is sedert die klassieke tye al bespreek.
Wiki Commons bevat media in verband met God. |
Sien god in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Teologie is die studie van die Eienskappe van God. Daar is verskillende geloofstrukture om "God" op 'n sistematiese manier te verduidelik.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article God, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.