Sabie

Sabie is 'n bosboudorp geleë aan die oewers van die Sabierivier in Mpumalanga, Suid-Afrika.

Die Sabierivier was eens op 'n tyd vol krokodille en daarom het die Sjangaan-stam die rivier uluSaba (rivier van vrees) gedoop. Die dorp is gestig nadat HT Glynn en JC Ingle goud hier ontdek het en die Glynns-Lydenburg Gold Mining Company gestig het.

Sabie
Sabie se hoofstraat
Sabie se hoofstraat
Sabie is in Mpumalanga
Sabie
Sabie
Sabie Sabie se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°05′52″S 30°46′45″O / 25.09778°S 30.77917°O / -25.09778; 30.77917 30°46′45″O / 25.09778°S 30.77917°O / -25.09778; 30.77917
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitThaba Chweu
Oppervlak
 • Totaal55,03 km2 (21,25 vk. myl)
Hoogte
1 066 m (3 497 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal9 148
 • Digtheid166/km2 (430/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense30.1%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense8.0%
 • Swart mense60.8%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Afrikaans 33.4%
 • Swazi 23.9%
 • Sotho 14.5%
 • Engels 10.4%
 • Ander 17,8%
Poskode (strate)
1260
Poskode (posbusse)
1260
Skakelkode013

Dit is 360 km oos van Johannesburg en sowat 64 km wes van die gewilde Krugerwildtuin geleë en is 'n baie gewilde toeristebestemming.

Die belangrikste nywerheid is bosbou. Die plantasies rondom Sabie vorm een van die wêreld se grootste mensgemaakte woude.

Die dorp is sowat 1000 meter bo seevlak en val in die somerreënvalgebied. Die bekende Long Tompas begin net buite Sabie en verbind dié dorp met Lydenburg.

Bergfietsry

Sabie het uiters gewild geword onder die bergfietsryers. Daar is etlike jaarlikse wedrenne en meerdaagse wedrenne wat in die omgewing plaasvind. Die Sabie Experience is 'n vierdaagse bergfietstoer wat beperk word tot 250 spanne, dit vind elke jaar gedurende Desembermaand plaas. Die Sabie Classic is ook 'n bekende wedren wat jaarliks plaasvind. Die Suid-Afrikaanse veldwedren (olimpiese formaat-kampioenskap) word ook gereeld in die Sabie-omgewing gehou.

Watervalle

Daar is etlike watervalle in die Sabie omgewing. Die bekendes is: Berlynwaterval, Bruidsluierwaterval, Forestwaterval, Lisbonwaterval, Mac-Macwaterval, Lone Creekwaterval, Perdeskoenwaterval, Sabiewaterval en Maria Shireswaterval.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Tags:

Sabie BergfietsrySabie WatervalleSabie Sien ookSabie BronneSabie VerwysingsSabieGoudKrokodilMpumalangaSabierivierSuid-AfrikaTsonga

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalTrevor NasserBoerboelHector PietersonMonopolyWiskundige terminologieHemelvaartBTWWaarheid-en-versoeningskommissieGoudGewone luislangMenseregteSuikersiekteJosef StalinDonderstormLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)ResensieNamibiëHerpes simplexAkkedisRenteSwawelBrandstofPaarl GimnasiumSmaakPinksterSowjetunieAlliterasieSportHondVioolDaggaIngrid JonkerHoedCoca-ColaKlein gekolde katBoelieryVryheidsdagLys van myne in Suid-AfrikaSlag van Cuito CuanavaleSimboolJazz20ste eeuTydBronsKinderregteAntieke EgipteAdolf HitlerTermietStollingsgesteenteBysteekJohnny RapidRomeinse RykOnbemande vliegtuigGriekse teaterArmoedeverligtingNierversakingElandréMaagHulpwerkwoordAfrikaanse naguilRuan PienaarKrugerwildtuinYsterDigitale en analogiese tydHoofstadMieliePastoorIrma SternMahatma GandhiOntdekking van goud in Suid-AfrikaPornografiese subgenresOranjerivierVlinderUnited Democratic FrontKernoorlog🡆 More