Gereformeerde Kerk Wondersig

Die Gereformeerde kerk Wondersig was die 10de oudste van die 16 gemeentes in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Lydenburg en met ’n sieletal van net 33 einde 2015, ook die tweede kleinste.

In 1960 was hier 87 belydende en 75 dooplidmate en in 1997 onderskeidelik 101 en 49. In 2020 het net 16 lidmate oorgebly toe die gemeente steeds die naaskleinste in die klassis was.

Gereformeerde Kerk
Wondersig
Gereformeerde Kerk Wondersig
Sluit in  Bosbokrand
Bourke's Luck
Blydepoort
Graskop
Hazyview
Mangwazi
Pelgrimsrus
Sabie
Klassis  Lydenburg
Huidige predikant(e)  Vakant
Belydende lidmate  16
Dooplidmate  0
Adres Oorwinningstraat 51
Graskop
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1953
Afgestig van  Lydenburg
Eerste predikant  N.J. Malan 1955–1963
Datum ontbind  26 November 2023
Ingelyf by  Witrivier
Gereformeerde Kerk Wondersig
Ds. Lou van Wyk, leraar (in kombinasie) van 1967 tot 1972, hier afgeneem in sy laaste jaar aan die PU vir CHO, 1960.
Gereformeerde Kerk Wondersig
Ds. Lammert Stavast, leraar van 1981 tot 1982 en daarna in kombinasie met Hoedspruit tot 1983.

Verspreidwonende lidmate in die oostelike dele van die Gereformeerde kerk Lydenburg het in 1953 van dié gemeente afgestig as die Gereformeerde kerk Graskop (later Graskop-Sabie). Destyds het hulle vir eredienste in huise en sale bymekaargekom. Nege jaar ná afstigting kon die gemeente in September 1964 sy eie kerkgebou inwy. Die bouer was ene Bester, wat verantwoordelik was vir die messel- en pleisterwerk asook die houtwerk, insluitende die banke en preekstoel. Die firma Malelane het die vier houtdeure vervaardig, wat Koos van Heerden geskenk het.

Dié gemeente, wat die plekke Sabie, Graskop, Hazyview, Bosbokrand, Blydepoort, Pelgrimsrus, Mangwazi en Bourke's Luck insluit, se naam is in 2000 na Wondersig verander. Die gemeente het op 26 November 2023 ontbind.

Predikante

  1. Van Wyk, Lourens Andries Stephanus, 1967 – 1972 (in kombinasie met Witrivier)
  2. Stavast, Lammert Hendrik, 1981 – 1982 (in kombinasie met Hoedspruit 1982 – 1983)
  3. De Groot, Menno Pieter, 1984 – 1988
  4. Steyn, Abel Hendrik, 1988 – 2001

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wet op Bantoe-onderwysLaeveldBloukraanvoëlBlack SashVolksrepubliek ChinaStadBorsteHeidelberg, GautengAfrikaanse taalleerRekeningkundeMusiekAtoomXHTMLBeaufortskaalDriedimensioneelMaagsweerBesoedelingAppelGroepsdrukWetenskapAfrikaanse WikipediaRuan PienaarKernkragNarkoseGewone luislangSkaakVarkKinderregteEkonomiese sektorMantisInflasieTikTokBruce FordyceHartaanvalVulkanismeNasionale lied van Suid-AfrikaSpysverteringstelselGrootste rampe in Suid-AfrikaPersoonlikheidMaselsAngssteuringThys die BosveldklongBateLimpopo (rivier)ArmoedeSuiwelprodukVoegwoordPolisieWeervoorspellingJagluiperdWaterstofPeriodieke tabelWhatsAppOnse VaderAfrikaanse naguilE-posSuid-EuropaOutismeTelwoordVerantwoordelikheidOsoonlaagVoyeurismeWiskundePretoriaWatersuiweringSwart nasionalismeJeuksiekteAfrikaanse Taalmonument (Welkom)VulkaanKontinentSterHemelvaartsdagOnderwerp (taalkunde)EkologieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaars🡆 More