Die Gereformeerde kerk Witrivier is die vyfde jongste van die 16 gemeentes in die GKSA se Klassis Lydenburg.
Einde 2015 was hier 202 belydende en 32 dooplidmate, toe dit die sewende grootste gemeente in die Klassis was. Vyf jaar vantevore was die syfers onderskeidelik 203 en 47.
Gereformeerde Kerk Witrivier | ||
Sluit in | Hazyview Pretoriuskop Skukuza Witrivier | |
Klassis | Lydenburg | |
Huidige predikant(e) | Ds. Jaco Linde | |
Belydende lidmate | 186 | |
Dooplidmate | 28 | |
Adres | Maroelastraat 15 Parkville Witrivier | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | Februarie 1966 | |
Afgestig van | Nelspruit | |
Eerste predikant | L.A.S. van Wyk 1967–1972 |
Die gemeente Witrivier het in Februarie 1966 van die Gereformeerde kerk Nelspruit afgestig. Tydens die stigtingsvergadering het ’n lidmaat, Martiena van Bergen, aan die gemeente die Bybel en kanselkleed van die ontbinde Gereformeerde kerk Eldoret in Kenia geskenk. Vyf jaar later het oudl. M.J.L Duvenage ’n perseel voorberei sodat bouwerk aan ’n eie kerk daar kon begin.
Die argiteksfirma Derick Law & Dawson het die plan geteken en die bouaannemer was oudl. P.J.S. van Staden. Die bouwerk het sowat ’n jaar geduur en op 19 Februarie 1972 is die gebou in gebruik geneem tydens ’n geleentheid waar prof. Tjaart van der Walt die feesrede gelewer het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Witrivier, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.