Reinet Nagtegaal: Suid-Afrikaanse skrywer

Reinet Crouse (27 Mei 1956 - 15 Desember 2014) was ’n Suid-Afrikaanse skrywer en in Port Elizabeth gebore as een van vier kinders.

Lewe en werk

Sy het 'n ouer suster, Elna, en 'n jonger broer, Henk, wat albei ook skrywers is. Haar oudste suster is Marianne. Sy word groot op Vryburg in die Kalahari in die Noord-Kaap, waar sy aan die Hoërskool Vryburg matrikuleer. Op skool hou sy saam met haar broer Henk garagekonserte waarna die bure se kinders en hul ouers genooi is. Na skool studeer sy verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy drama studeer en 'n B.A.-graad en 'n Hoër Onderwysdiploma behaal. Sy gee 'n paar jaar onderwys in Engels, Duits en Afrikaans op Calitzdorp, waarna sy haar as 'n regspraktisyn bekwaam en die B.Proc.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. Sy is getroud met die prokureur Dirk Nagtegaal en die egpaar het twee kinders, die skrywer Jackie Nagtegaal en die advokaat Jan-Jan. Hulle woon in Melkbosstrand naby Kaapstad.

Haar man en sy stig die regsfirma Lipco vir advokate om as bemiddelaars en arbiters op te tree en in 2014 kry Lipco Law for All by die African Legal Awards die prys vir die mees innoverende regspan in Afrika. In 2001 bestudeer sy en haar man ook Filosofie saam. Vanaf 2002 borg sy en haar man die Nagtegaal-kompetisie waarin nuwe drama- en kabarettekste in Afrikaans bekroon word, maar die verbintenis tussen die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en hierdie prys kom in 2006 tot 'n einde. In 2003 begin hulle die uitgewery Genugtig! (later Joho-Uitgewers) om aan debuutskrywers die geleentheid te gee om hulle werk te publiseer. Later word sy ook bestuurder van die Damhuis-restaurant in Melkbosstrand. Reinet vind in Maart 2012 uit dat sy lewerkanker het. In 2014 wen sy 'n ATKV-Mediaveertjie in die rubriek-afdeling vir haar “ 'n Lewe met kanker”, wat in Rapport se My Tyd-tydskrif verskyn het. Sy is op Maandag 15 Desember 2014 in haar huis in Melkbosstrand aan lewerkanker oorlede.

Skrywerk

In standerd ses wen sy 'n landswye opstelwedstryd en in standerd agt word van haar gedigte in “Poort” gepubliseer. Op 'n stadium tydens haar werksloopbaan neem sy drie maande sabbatsverlof om haar eerste boek te skryf. Dit is pret om mee te begin, maar word gou eentonig. Sy skryf haar dan in by Riana Scheepers se skryfskool en word so verder gestimuleer. Voorvaders kan vlieg, sê Delores vertel die verhaal van die veertigjarige voormalige aktrise Delores, wat worstel met die verkragting van haar moeder, die dood van haar vader, die minnaar wat haar verlaat het en haar eie doellose lewe. Haar groot toets is die minnaar wat haar sonder 'n afskeidswoord verlaat het vir 'n verhouding met 'n manlike model. Haar familie maan haar teen 'n oordrewe klem op die sensuele, die intuïtiewe en die emosionele, waarna 'n stryd in haar woed tussen die sensuele en die verstandelike om by 'n balans uit te kom. Sy gebruik haar verbeelding en skep so 'n voorvader wat haar innerlike stem verteenwoordig en so word die roman 'n heerlike fantasievlug. Delores se voorvader neem met oorgawe deel aan haar eksentrieke ondernemings. Hy verskyn om die beurt as 'n transvestiet, 'n Kersvader, 'n balletdanser en selfs 'n David Kramer-figuur in die Karoo. Hierdie roman word deur Alexa Strachan vir die verhoog verwerk en in 2002 by die KKNK opgevoer, met musiek en lirieke wat deur die digter H.J. Pieterse geskryf is. “Voorvaders kan vlieg, sê Delores” verower in 2000 die Debuut prys in die Groot Romanwedstryd van Sanlam, Insig en Kwêla, in samewerking met Radiosondergrense en LitNet en is in 2002 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys. Dit word ook in Engels vertaal en gepubliseer as “According to Delores”.

Abra K’Dabra ondersoek die skeppingskrag van woorde en hoe die drie vroue hoofkarakters ('n regter, 'n advokaat en 'n skoonmaker) deur taalgebruik hul woorde laat transponeer na werklikheid en so verantwoordelik raak vir hul eie en ander se noodlot. Die karakters ontdek opnuut die tradisie van die ou alchemiste en die “Sefer Yitzirah” (“Boek van die Skepping” en een van die oudste bestaande Joodse geskrifte) en speel dan daarmee binne die parameters van 'n regspraktyk, met tragiese gevolge.

In limbo (wat sy saam met haar dogter Jackie skryf) is die verhaal van 'n ma en dogter wat albei alkoholiste is en die probleme wat hulle op die lewenspad ervaar. Die ma is lewens mentor en die dogter is 'n seks beluste entrepreneur wat opbouende praatjies hou oor straatkinders. Reinet se bydrae is om die ma se karakter weer te gee, terwyl Jackie uit die perspektief van die kind skryf. Hoewel effens oordadig, is die boek 'n satiriese kyk op die doellose en leë lewens van die rykes en die daarmee gepaardgaande statussimbole.

Loorita se Griekse voorskoot is 'n kookboek wat sy saam met haar man, Dirk Nagtegaal, skryf. Die titel is 'n huldeblyk is aan hulle oorlede vriendin, die Afrikaner wat met 'n Griek getrou het, Loorita Panagiotopoulos. Sy was ook die bekende akteur en televisie-aanbieder Nico Panagio se ma.

Saam met haar seun, Jan-Jan Nagtegaal, skryf sy die drama My pa dink hy’s Elvis, wat in 2011 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die Innibosfees en elders opgevoer word. Die agtergrond is 'n disfunksionele gesin waar elkeen op soek is na sy eie identiteit. Die seun vergesel sy pa op sy toer van klein plattelandse dorpies met sy vertoning as Elvis-nabootser, waartydens pa en seun verskeie aspekte van hulle onderskeie karakters ontbloot.

Publikasies

  • Voorvaders kan vlieg, sê Delores (2001)
  • Abra K’Dabra (2007)
  • In limbo, saam met Jackie Nagtegaal (2009)
  • Loorita se Griekse voorskoot, saam met Dirk Nagtegaal (2012)

Bronne

Verwysings

Tags:

Reinet Nagtegaal Lewe en werkReinet Nagtegaal SkrywerkReinet Nagtegaal PublikasiesReinet Nagtegaal BronneReinet Nagtegaal VerwysingsReinet NagtegaalPort ElizabethSkrywerSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FabelLieweheersbesieKoolstofdioksiedSterChirurgieNoord-KaapAfrikaanse naguilKlem-in-die-kaakLettergreepGestremdheidNoordwesSiya KolisiBosluisbytkoorsMosesBoor (element)PornhubLeeuHoofkarakterDie Stem van Suid-AfrikaOligopolieOmanVleilandKarakteriseringVlekvrye staalGreen PornoTropiese sikloonWerkersdagGeelsugKlitorisDiarreeLys van politieke partye in Suid-AfrikaSuurstofBywoordInternet van DingeJode in Suid-AfrikaVersamelnaamKweekhuiseffekVliegtuigPaddaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidProstaatklierApartheidPersentasieChristeneLikkewaanItaliëWerkwoordGroepsgebiedewetMuskietJapanBreingewasKrimpvarkiedgbsjTelevisieOrgasme25 AprilKewerLabia (geslagsdele)Madison IvyVarkKoekie (rekenaarwetenskap)Impakte van toerismeMierleeuBreinSkilpadSwamEdel Agtvoudige PadNederlandAdolf HitlerMilaanDuitse maselsJust NuisanceMeervoudVraag en aanbodGeboortePeach van Pletzen🡆 More