Pelindaba is Suid-Afrika se hoofnavorsingsentrum oor kernkrag.
Dit word deur die Suid-Afrikaanse Kernenergie-korporasie bedryf. Suid-Afrika se atoombomme van die jare 1970's is hier ontwikkel, gebou en gestoor. Dit is naby Hartbeespoortdam, ongeveer 33 km (22 myl) wes van Pretoria op 'n plaas wat aan Gustav Preller behoort het geleë.
Die reaktor, SAFARI-1 word sedert 1965 vir navorsingsdoeleindes bedryf. Die reaktor kan tot 20 MW elektrisiteit lewer. 'n 4 MV Van de Graaff-partikelversneller word ook bedryf om navorsing in kernwetenskappe te bevorder.
Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie is in 1999 deur die Republiek van Suid-Afrika as 'n openbare maatskappy gestig.
In 1996 word werkers by die fasiliteit aan bestraling blootgestel. Harold Daniels en verskeie ander sterf aan kanker en brandwonde wat met die blootstelling verband hou.
Op 16 Maart 2009 is berig dat 'n lekkasie plaasgevind het en dat radioaktiewe gasse uit die fasiliteit ontsnap het. Abnormale vlakke van gamma-straling wat verband hou met xenon- en kripton-gasse is opgespoor. 'n Noodtoestand is verklaar en personeel is van die perseel ontruim.
27°56′2″O / 25.80056°S 27.93389°O
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pelindaba, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.