Suid-Afrika Se Wapens Van Massavernietiging

Van die 1960's tot die 1980's het Suid-Afrika wapens van massavernietiging ondersoek en gebou.

Dit sluit kern-, biologiese en chemiese wapens in. Ses kernwapens is uiteindelik gebou. Voor die verwagte oorgang na 'n meerderheidsregering in die 1990's, het die Suid-Afrikaanse regering al sy kernwapens afgetakel, die eerste land ter wêreld om sy kernwapens vrywillig op te gee.

Suid-Afrika Se Wapens Van Massavernietiging
'n Canberra T.4 no. 458 by Ysterplaat-lugmagbasis, 1982
Suid-Afrika Se Wapens Van Massavernietiging
'n RSA-3 LEO-vuurpyl, SALM-museum, Swartkop, Pretoria

Suid-Afrika het in 1975 die verdrag teen biologiese wapens onderteken. In 1991 is die verdrag teen die verspreiding van kernwapens onderteken, en in 1995 die verdrag teen chemiese wapens.

Biologiese en chemiese wapens

In Oktober 1998 publiseer die Suid-Afrikaanse Waarheid-en-versoeningskommissie 'n verslag met 'n hoofstuk oor Projek Coast. Projek Coast was 'n geheime regeringsprogram om chemiese en biologiese oorlogvoering gedurende die 1980's en 90's te ondersoek. Die projek skop in 1983 af, oënskynlik om toerusting teen aanvalle te produseer, insluitend maskers en beskermende klere. Ten spyte van bewerings tot die teendeel, was daar ook getuies wat aangedui het dat die program veel meer as net verdedigende doelwitte gehad het.

Kernwapens

Suid-Afrika se kernnavorsing begin met die bou van die SAFARI-1-reaktor by Pelindaba. Die reaktor is in samewerking met die Verenigde State van Amerika opgerig. Amerika het brandstof vir die reaktor verskaf, maar uraan is plaaslik gemyn en kon later tot wapengraad verryk word.

In 1971 gee die minister van mynbou, Carl de Wet, goedkeuring om tegnologie vir vreedsame kernontploffings vir die mynbedryf te ontwikkel. Dit is egter nie seker wanneer dié program tot 'n wapenprogram ontwikkel is nie.

Uiteindelik is 'n klein, beperkte arsenaal van kernwapens in die 1980's vir afskrikking opgebou. Ses van hierdie wapens is voltooi en nog een was onder konstruksie toe die program beëindig is.

Verwysings

Tags:

Chemiese wapenKernwapenSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RugbyShaanxiMagda van BiljonDissipel vir wie Jesus baie lief wasHerpes simplexInkubasieSpringsMenslike seksuele gedragSinoniemWaarheid-en-versoeningskommissieBostonTafelbergAstronoomLourierblaarKwaggaAbdomenPalmagtigeTongaDiarreeKolorektale kankerLys van lande volgens oppervlakSoewereine Militêre Orde van MaltaKlein-KarooDeon GrootGerrie PretoriusKliniese depressieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994InternetAmazon.comHondOnderhandelinge om apartheid te beëindigRina HugoGeldCharles DickensApostoliese GeloofsbelydenisChester A. ArthurKongo-krisisJohan DegenaarLemoenduifDemi Lee MooreStrokiesverhaalFacebookTheuns JordaanHermie HendriksPous Pius XCarike KeuzenkampFransDuitse WikipediaAmptelike taalRomeMiljardEpilepsieIsaac AlbenizSt. LuciaJagluiperdMeervoudLiesbreukNabye OosteISBN (identifier)SeeMetafoorRussiese Rewolusie (1917)Min ShawKunsmisBemarkingKoos BekkerKunsmatige intelligensieHerfsFraktuurPiet ByleveldJan BlohmFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006Bisantynse RykHeilige SaterdagBobby AngelInterlingueJesus van Nasaret🡆 More