Min Shaw: Suid-Afrikaanse musikant

Min Shaw, gebore as Wilhelmina Jacoba Viviers (Johannesburg, 26 November 1934) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise.

Min Shaw
Min Shaw: Biografie, Eerste opnames, Pryse en eerbewyse
Min Shaw op 'n reklameplakkaat vir die 1969-rolprent "Danie Bosman"
Agtergrondinligting
GeboortenaamWilhelmina Jacoba Viviers
Gebore26 November 1934 (1934-11-26) (89 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
GenresAfrikaans, country, gospel
Beroep(e)Sangeres
Jare aktief1961 – hede
AssosiasiesShaun Mynhardt
Webwerfwww.minshaw.co.za

Sy is 'n sing aanvanklik veral ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook Engelse gospel. Sy het bekend geraak met die liedjie Jy is my liefling van die egpaar Cissie en Willie Cooper (wat hulle in die jare dertig gekomponeer het). Die liedjie was die temalied van die gelyknamige rolprent van 1968 waarin sy teenoor Franz Marx gespeel het.

Min het in 2015 vir Shaun Mynhardt aangestel as haar bestuurder.

Op 26 Januarie 2020 is Min ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum. Sy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak was.

In Januarie 2022 was Min die mede-aanbieder van 'n splinternuwe 13 episode TV-reeks, Die Huis Van Legendes, saam met Shaun Mynhardt.

Op hierdie TV-reeks het sy en Shaun met verskeie groot name in die vermaaklikheidsbedryf gesels.

Die TV-reeks word in Junie 2022 uitgesaai.

Biografie

Min Shaw: Biografie, Eerste opnames, Pryse en eerbewyse 
Min Shaw in 2014 tydens haar 80ste verjaardag in Krugersdorp.

Shaw het musieklesse op skool aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar geneem, waar sy in st. 7 was toe Mimi Coertse in matriek was, en haar ná skool as onderwyseres bekwaam. Sy het aanvanklik in restaurante in Johannesburg en Benoni gesing, maar haar deurbraak in 1961 gemaak toe sy 'n talentkompetisie van LM Radio gewen het. Die prys was 'n reis na Londen, waar sy ook op televisie verskyn het.

In 1989 trou sy met die liefde van haar lewe – Willie van Blerk. Hy is in September 2016 in die ouderdom van 76 aan kanker oorlede.

2011 neem Min haar nuutste album op en begin weer toer soos in die ou dae.

Sy was in 2012 deel van die boek Gee Haar 'n Roos – die lewensverhaal van Cora Marie. Dit het gelei tot deelname aan die Country Legendes – 'n huldeblyk-konsertreeks regdeur die land.

Op 28 Maart 2015 was Min saam met Lance James, Clive Bruce, Tommy Dell en Shaun Mynhardt in die Kaap vir 'n huldeblyk aan Cora Marie en Min Shaw het 'n staande ovasie ontvang toe sy op die verhoog verskyn. Niemand wou glo dat sy 80 jaar oud is nie! Haar stemkwaliteit en haar mooi gelaatstrekke is steeds sprankelend en tydloos.

In 2015 het Min vir Shaun Mynhardt aangestel as haar bestuurder. Saam het hulle haar loopbaan na nuwe hoogtes geneem.

Op 7, 8 en 9 November 2016 het Min Shaw haar eerste musiekvideo in 5 jaar opgeneem getiteld Gee haar 'n roos. Die duet saam met Shaun Mynhardt waarin Min die koorgedeelte van die liedjie sing het binne 'n week op 21 radiostasies se speellyse beland en die musiekvideo is in Januarie 2017 aan die media vrygestel. Die video is in Hermanus geskiet, presies 50 jaar na Min die fliek Hoor My Lied in Hermanus saam Ge Korsten geskiet het.

Gee Haar 'n Roos was nommer een op Springbok Radio se Top 20. (April 2017).

'n Dokumentêr Die Legendes Van Afrikaanse Musiek oor Shaw se lewe is op 1 Maart 2017 op kykNET uitgesaai.

29 April 2017 het Shaw 50 jaar in die vermaaklikheids bedryf gevier met 'n reeks konserte getiteld Min Shaw & Vriende-50 Goue Jare. Verskeie mediapublikasies en kykNET het die geleentheid bygewoon asook haar musiekvriende soos Lance James, Manie Jackson, Shaun Mynhardt, Tommy Dell, Jody Wayne, Edmond, Clive Bruce en die Rodeo Girls wat saam met Shaw op die verhoog opgetree het.

In 2018 het Shaw en haar musikale vriend van 21 jaar, Shaun Mynhardt besluit om haar biografie uiteindelik klaar te skryf en uit te gee. Hierdie projek waaraan Shaw en Mynhardt vir drie jaar gewerk het, is goedgekeur en word uitgegee deur een van Suid Afrika se top Afrikaanse uitgewers.

"Sprokie van 'n liefling", 'n plakboek vol herinneringe deur Shaun Andrew Mynhardt word op 15 Februarie 2019 vrygestel en is landswyd beskikbaar by meeste boekwinkels. Hierdie versamelstuk is 'n moet vir elke Min Shaw bewonderaar en bevat haar lewensverhaal, geheime, maar ook 186 pragfotos uit Min se persoonlike foto albums en plakboeke.

Op 26 Januarie 2020 is Min Shaw ingehuldig in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum in Pretoria. 'n Borsbeeld van haar is op die dag onthul. Verskeie van haar toekennings en verhoogkostuums is daar op uitstalling.

Eerste opnames

Op aandrang van die bekende orkesleier Dan Hill het sy plaatopnames gemaak. Dit het gelei tot die uitreiking van haar eerste solus-sewe, Kleine nagtegaal, in Junie 1966. Die plaat het goed gevaar en sy het ná ses jaar besluit om die onderwys te laat vaar en sang haar loopbaan te maak. Haar sangloopbaan is verder aangehelp deur 'n rol in die rolprent Hoor My Lied van 1967. Die Heidelied, 'n duet met Gé Korsten, bly een van Shaw se grootste treffers. Sy het ook in die rolprente Jy is my liefling (1968), Die Danie Bosman Storie (1969) en Lied in My Hart (1969) teenoor Gé Korsten en Mitzi Stander gespeel.

In haar loopbaan het sy meer as 70 albums uitgereik en na raming meer as 800 liedjies opgeneem. Saam met Lance James het sy een van die gewildste Afrikaanse sangpare gevorm met trefferplate soos Bymekaar (1968) en Weer bymekaar (1982). Nadat sy in 1975 haar lewe aan die Here toegewy het, het sy hoofsaaklik geestelike plate opgeneem.

In 2011 keer Min Shaw terug met haar eerste album in 15 jaar - God Is My Stem. Die album haal goud nog voor dit op die rakke verskyn het.

Pryse en eerbewyse

Sy het drie Sarie-toekennings ontvang en twee goue plate, 'n platinumplaat en 'n dubbelplatinumplaat (vir die rekordverkope van haar gospel-albums). Sy is in 1996 deur die ATKV vereer vir haar bydrae tot die bevordering van ligte Afrikaanse musiek.

Diskografie

  • Sing Aller Beste Kinderliedjies, 2000 GALLO
  • The Heart And Soul Of Min Shaw, 1999 CRESCENDO/GALLO
  • Ek Is Baie Lief Vir Jou
  • Eensaam LP, 209 BRIGADIERS
  • Treffers Deur Die Jare, saam met Lance James
  • What A Friend LP, saam met Gert van Tonder, 1979 MUSIC FOR PLEASURE
  • Die Ou Kraalliedjie / Liefde Kan Ek Nooit Verwerk, WELKOM PLATE
  • Again And Again / My Tribute 7", 1977 EMI
  • Ek Wandel Met Hom LP, 1973 MUSIC FOR PLEASURE
  • Gospel Express Rides Again LP, MUSIC FOR PLEASURE
  • I'd Rather Have Jesus LP, 1973 MUSIC FOR PLEASURE
  • U Eie Dag / Jy Is My Liefling 7", 1971 BRIGADIERS/EMI
  • Bloedrooi Die Rose / Lief Moedertjie 7", met Lance James, 1970 BRIGADIERS
  • Loekoe Die Leeutjie LP, met Len Lindeque, 1970 MUSIC FOR PLEASURE
  • Ek Sal Jou Nooit Vergeet Nie LP, 1970 GALA/GALLO
  • Lied In My Hart klankbaan (film), 1969 KAVALIER FILMS/PRIMEDIA
  • Jy Is My Liefling LP (film), 1968 BRIGADIERS/KAVALIER FILMS
  • Weer Bymekaar LP, saam met Lance James, 1968
  • Min en Lance Sing, GALLO
  • Verlang Na My, saam met Lance James, GALLO
  • Silwer & Blou, GALLO
  • Gebed Van 'n Jong Meisie, saam met Lance James, GALLO
  • Bymekaar LP, saam met Lance James, 1968 GALLO
  • I'm Yours LP, GALLO
  • Wilhelmina, GALLO
  • When I Sing For Him, met Gert van Tonder, MUSIC FOR PLEASURE
  • Loof Die Here LP, 1976 MUSIC FOR PLEASURE
  • Hooked on the Gospel Express, MUSIC FOR PLEASURE
  • The Gospel Express, MUSIC FOR PLEASURE
  • Die Lasste Wals LP, 1967 BRIGADIERS
  • Sing Minsaam LP, 1967 BRIGADIERS
  • Kleine Nagtegaal 7", 1966
  • 'n Nooi Soos Min, 1479 WELKOM
  • Mafutatjie die dapper Seekoei, met Len Lindeque, MUSIC FOR PLEASURE
  • Sing Nog 'n Lekker Liedjie LP, met Unika Kinderkoor, MUSIC FOR PLEASURE
  • Pompie die windpomp, met Len Lindeque, MUSIC FOR PLEASURE

Bronne

  • Pretorius, Danie C., Musieksterre van gister en vandag, J.P. van der Walt, Pretoria, 1998.
  • Mynhardt, Shaun A., Gee Haar 'n Roos - Die Lewensverhaal van Cora Marie, 2012.
  • Mynhardt, Shaun A., Sprokie van 'n Liefling. Min Shaw, 2019

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Min Shaw BiografieMin Shaw Eerste opnamesMin Shaw Pryse en eerbewyseMin Shaw DiskografieMin Shaw BronneMin Shaw Sien ookMin Shaw Eksterne skakelsMin Shaw193426 NovemberJohannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KontinentLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPinksterCarles PuigdemontHoofpynMadison IvyDroomWynand du ToitApostoliese GeloofsbelydenisMasturbasieKorrupsiePikkewynJuanita du PlessisVerbondsarkZuid-Afrikaansche RepubliekMieliedriehoekNoord-KaapDokumentbestuurstelselPriemfaktorLiewe HeksieNantesPols-oksimeterMantisBiologieGriepApiesdoringMag (sosiale wetenskappe)Geografie van Suid-AfrikaBoet TroskieGrondsoorteDiarreeEternoQLandbouGezina, PretoriaErektiele disfunksieKlavierKasterolieAlkoholismeToerismeSekretarisvoëlGesonde dieetReënspinnekopEkonomie van Suid-AfrikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalLys van Suid-Afrikaanse musikanteYouTubeSelfstandige naamwoordMuishondSeksBybelDuitsSuid-Afrikaanse randAkuutNarsistiese persoonlikheidsteuringLys van Afrikaanse televisiereekseBrendan PeyperCleopatra VII2002HemoglobienLeeuLida BothaXhosaNagadderLys van Suid-Afrikaanse T20I-krieketspelersSt. LouisSkeletMuskeljaatkatMosesVingerseksWoordBloedsomloopstelselDanie Botha (musikant)SinoniemMetafoorPadda🡆 More