Pianis Paul Stewart

Paul Stewart is 'n Kanadese pianis.

Hy het grootgeword in New Glasgow, Novia Scotia en het klavierlesse begin neem op die ouderdom van vyf jaar.

Paul Stewart
GeboreVlag van Kanada Kanada
Beroep(e)Pianis
InstrumenteKlavier

Hy het aanvanklik gestudeer onder leiding van 'n plaaslike onderwyser, en mettertyd onder Tietje Zonnefeld in Halifax, Novia Scotia. Op die ouderdom van agtien jaar het hy verhuis ten einde die McGill Universiteit in Montreal te kan bywoon, waar hy gestudeer het saam met Charles Reiner. Hy het later in Londen gestudeer saam met Kendall Taylor, en in Italië saam met Arturo Benedetti Michelangeli.

Stewart het sy orkestrale debuut in 1981 gemaak met die Toronto Simfonie. In 1996 het Stewart sy debuut gemaak in Londen seWigmore Hall (deur die BBC gebeeldsend). Hy het Sergei Rachmaninoff se Vierde klavierkonsert gespeel in die Moskouse Konservatoria saam met die Moskou Radio Simfonieorkes. Die opvoering was regdeur Rusland uitgesaai via radio, en was daarna op CD vrygelaat. Paul Stewart speel as solis saam met orkeste, sowel as in solo uitvoerings en in kamermusiekorkeste in Kanada, die Verenigde State van Amerika, Europa en Asië.

Sy opnames sluit Benjamin Britten se Young Apollo, uitgevoer saam met I Musici de Montréal (Chandos); An die Musik - liedere deur Schubert en hul transkripsies - (CBC Records); Sergei Rachmaninoff se Vierde klavierkonsert en Nikolai Medtner se Sonata No 7, "Nagwind" (Palexa) in, asook al Nikolai Medtner se werke vir klavier en viool in twee volumes by Naxos. Sedert 2002 is Paul Stewart Professor in klavierstudies by die Universiteit van Montreal.

Verwysings

Tags:

Kanada

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Koue OorlogAntoniemMensGroot GatWikibooksWikimedia-stigtingMorfologie (taalkunde)NedersettingHulpwerkwoordVoedingSpelerposisies in rugbyLionel PetersonJodeHeks van HexrivierEngelsVoorsetselEmfiseemChristendomSoortnaamLongNeutHidroulikaSprokieTandbederfVloeistofHorlosieWiskundePatriotic AllianceGevolge van aardverwarming op oseaneMartin BesterOogproblemeKaapstadSlag van Cuito CuanavaleWoordeboek van die Afrikaanse TaalKinkhoesNasionale lied van Suid-AfrikaMasizole MnqaselaMasturbasieNegrologieVarkgriepOnse VaderVoortrekkermonumentSamestellingKunsmatige algemene intelligensieNarsistiese persoonlikheidsteuringCarles PuigdemontGeslagsorgaanShine4Eben EtzebethSoweto-opstandBreingewasBaarmoederAfrikaanse woordelys en spelreëlsRooiwaterMaagAt BothaErosietipesHernubare energieAlbert EinsteinLys van Afrikaanse rolprentePinksterBrandAB de VilliersWolmaransstadPlastiekAnneli van RooyenGroot Sfinks van GizaVoornaamwoordLatynPastoorLeah van NiekerkLiewe HeksieKoolstofAkroniemWiki Commons🡆 More