Sergei Rachmaninoff: Russiese pianis, komponis, en orkesleier (1873-1943)

Sergei Vasilievich Rachmaninoff (Russies: Серге́й Васи́льевич Рахма́нинов; IFA: ; 1 April 1873 – 28 Maart 1943) was 'n Russiese pianis, komponis, en orkesleier van die laat romantiektydperk.

Sergei Rachmaninoff
Sergei Rachmaninoff: Waardering, Verwysings, Sien ook
Agtergrondinligting
Gebore1 April 1873
Nowgorod-oblast, Russiese Ryk
Sterf28 Maart 1943 (op 69)
GenresRomantiek
Beroep(e)Komponis, pianis, orkesleier
InstrumenteKlavier

Sergei Wasiljewitsj Rachmaninof (1873- 1943) is op Oneg, naby Nowgorod, gebore. Hy was die seun van 'n kaptein van die Keiserlike Wag en 'n afstammeling van ʼn adellike en gegoede familie. As jeugdige het hy 4 jaar lank in Moskou by sy leermeester, Nikolai Sverof, gaan woon.

As student het hy die opera Aleko en die klavierstukke Opus 3, wat die beroemde Prelude in C-kruis-mineur bevat, gekomponeer. Sverof se streng dissipline oor die jong Rachmaninof het meegebring dat hy een van die grootste klaviervirtuose van die 20e eeu geword het. Die eerste uitvoering van sy Tweede Klavierkonsert in C-mineur in Moskou in 1901 was 'n groot sukses.

In 1906 het hy en sy gesin in Dresden gaan woon, waar hy die Tweede Simfonie (1907), die simfoniese gedig Die eiland van die dood (1909) en die Derde Klavierkonsert in D-mineur (1909) gekomponeer het. Laasgenoemde werk het hy spesiaal vir sy eerste konsertreis in die VSA geskryf. Van 1910 tot 1917 het Rachmaninof weer in Moskou gaan woon, waar hy dikwels simfoniekonserte gedirigeer het.

Die belangrikste werk van sy tweede verblyf in Moskou was sy koorsimfonie, Die klokke. Die revolusie van 1917 het hom in so 'n mate van sy land vervreem, dat hy en sy gesin Rusland verlaat en hulle permanent in die VSA gevestig het.

Die kwarteeu wat hy in die VSA gewoon het, is hoofsaaklik aan konsertreise daar en in Europa gewy. Die enigste belangrike komposisies uit hierdie tydperk is die Rapsodie op 'n tema van Paganini (1934) en die Derde Simfonie (1936). Tydens 'n konsertreis het hy skielik siek geword en op 28 Maart 1943 is hy in Kalifornië oorlede.

Waardering

Rachmaninof was die gewildste komponis van die 20e eeu,[verwysing benodig] 'n begaafde dirigent en die verstommendste pianis van sy tyd. Hy was die laaste komponis in die Russiese Romantiese tradisie. Sy komposisies bevat meesleurende melodieë en groot dinamiese kontraste, en daar is tans nuwe belangstelling in sy musiek.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Sergei Rachmaninoff WaarderingSergei Rachmaninoff VerwysingsSergei Rachmaninoff Sien ookSergei Rachmaninoff Eksterne skakelsSergei Rachmaninoff1 April1873194328 MaartIFARomantiekRuslandRussies

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoedingKunsmatige intelligensieMonopolyVennootskapWeervoorspellingFamilie (verwantskap)TamboraFraktuurVolhoubare ontwikkelingStaalBloedvergiftigingVerkoueOseaanbesoedelingNatriumsulfietAdolessensieSeksPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsViëtnamKoue OorlogMahatma GandhiKaapstadLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLStaatstoelaeHandré PollardWaterbesparing in Suid-AfrikaWapen van NamibiëBoerboelBloemfonteinLeestekenAmateurradioLiewe HeksieAbstraksie (rekenaarwetenskap)SwangerskapHoofstadRivierE-posLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSpinnekopLeonardo da VinciAnilingusPablo PicassoSonnet2001Breyten BreytenbachRoofvoëlKarooSatellietNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaRefentse MorakeAustraliëGeskiedenis (vakgebied)Midde-OosteVeelvoudige sinRoemeensVratReg tot ‘n gesonde omgewingSeksposisieAfrikaanse woordelys en spelreëlsNedersettingHerpes simplexNoordwesDemokratiese Republiek die KongoGrondwetSlag van BloedrivierStudievaardighedeSpringbokkeHadedaSpelerposisies in rugbyHector PietersonWaterbesoedelingDoelwitMynbou🡆 More