Onegameer

Die Onegameer (Russies: Оне́жское о́зеро, Onezhskoe ozero, ; Fins: Ääninen of Äänisjärvi; Karelies: Oniegu of Oniegu-järve; Wepsies: Änine of Änižjärv) is die tweede grootste meer in Europa ná die Ladogameer met 'n oppervlakte van 9 700 km² en is in Noordwes-Rusland naby Petrozawodsk geleë.

Onegameer
Onegameer
Nasa-Satellietbeeld van die Onegameer
Onegameer
Kaart van die Onegameer
Koördinate:61°40′N 35°29′O / 61.667°N 35.483°O / 61.667; 35.483 35°29′O / 61.667°N 35.483°O / 61.667; 35.483
Ligging:Noordwes-Rusland (Republiek van Karelië, Leningrad-oblast, Wologda-oblast)
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:9 700 km² (3 700 myl²)
Gemiddelde diepte:30 m (98 vt)
Maksimum diepte:127 m (417 vt)
Volume:285 km³ (68 myl³)
Lengte:245 km (152 myl)
Breedte:91,6 km (56,9 myl)
Opvangsgebied:62 800 km² (24 346 myl²)
Invloei:58 riviere (Sjoeja, Soena, Wodla, Wytegra, Andoma)
Uitvloei:Swirrivier
Eiland/e:1 369 (Kizji)
Nedersettings:Kondopoga, Medwezhyegorsk, Petrozawodsk, Pindoesji, Powenets

Dit word deur die Swirrivier met die naburige Ladogameer verbind, wat weereens deur die Newarivier met die Oossee verbind word. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind. Die Wolga verbind die Onegameer oor 'n kanaal met die Kaspiese See en deur die Wolga-Don-kanaal is ook die Swartsee en die Middellandse See toeganklik. Daarbenewens word die Onegameer via die Ladogameer deur die Wuoksirivier met die Saimaameer in Finland verbind.

Onegameer
Petrozawodsk se oewer aan die Onegameer

Belangrike stede rondom die Onegameer sluit in Kondopoga, Medwezhyegorsk, Petrozawodsk, Pindoesji en Powenets. In die meer is 1 369 eilande geleë, waarvan Kizji die bekendste is. Dié eiland se houtkerke, -kapelle en -huise is in 1990 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. In 2021 is rotstekeninge rondom die Onegameer en die Witsee as Unesco-wêrelderfenisgebiede gelys.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EuropaFinlandFinsKanaalKareliesKaspiese SeeLadogameerMeerMiddellandse SeeNewarivierOosseePetrozawodskRuslandRussiesSaimaameerSwartseeWepsiesWitseeWitsee-Oossee-kanaalWolga

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angina pectorisBosluisbytkoorsPenisAfkortingLeeuJodeOrthopteraVratNoordwesSonnetBladwisselendVaste stofKolorektale kankerRacheltjie de BeerDoopWapen van Suid-AfrikaRina HugoSilwerGeboorteOnderhandelinge om apartheid te beëindigLettergreepKunsmatige algemene intelligensieSanskritSeksposisieDokterCristiano RonaldoErektiele disfunksieSirkusTierPoesSeksuele penetrasieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsReënspinnekopPlae van EgipteEskomGeskiedenis van kindermishandelingBelastingOnderwysNasionaal-SosialismeNatuurbewaringDrakensbergeMiskruierBek-en-klouseerNG gemeente JansenvilleWapen van NamibiëAndrew DavisRassismeVleilandNoord-Sotho (taal)KernkragJakkalsWikiWisselkoersBywoordJudaïsmeTswanaLuiperdAustraliëStaatstoelaeBernice WestSowjetunieBreinvliesontstekingNatuurrampWiki CommonsHartWoordeboek van die Afrikaanse TaalVrystaatSeisoenLys van Suid-Afrikaanse musikanteBrandbergSias ReineckeSirkelKlimaatsverandering in AfrikaMuishondTemperatuur🡆 More