Negrologie

Negrologie – Waarom Afrika vergaan is 'n omstrede boek, wat deur die Amerikaans-Duitse joernalis en gewese Afrika-redakteur van die gesaghebbende Franse koerant Le Monde, Stephen Smith, geskryf en in 2003 in Frankryk vrygestel is.

Stephen Smith het meer as twintig jaar se ervaring as Afrika-verslaggewer en word as een van die voorste Afrikakenners in Europa beskou.

Negrologie – Waarom Afrika vergaan
SkrywerStephen Smith
LandVlag van Frankryk Frankryk
TaalFrans
UitgewerParys
Uitgegee2003
Bladsye248
ISBN2702133347

Negrologie is in 2004 met die Prix Essai France Télévision 2 vir die beste nie-fiksieboek van die jaar bekroon. 'n Afrikaanse vertaling is in 2005 deur PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, vrygestel.

Kritiek op die Swartbewussynsbeweging

Dekades lank is Frankryk se voormalige kolonies as modellande beskou, wat gunstig vergelyk het met die res van Afrika. Die krisis in Côte d'Ivoire (die voormalige Ivoorkus) het dus as 'n groot skok vir baie Franse gekom. Die oorsake van Ivoorkus se agteruitgang is egter té ingewikkeld vir Smith se behandeling van sowat 250 bladsye.

Stephen Smith beweer in sy boek, wat in 'n polemiese styl geskryf is, dat veral die kultus van Negrologie oftewel Swartbewussyn, Afrikane verhoed om die oorsake van Afrika se agteruitgang te soek. Hy blameer nie kolonialisme en apartheid nie, maar verwyt Europese regerings vir hulle geneigdheid om hulp aan die administrasies en elites van Afrikalande te verskaf, alhoewel daar geen politieke, sosiale en ekonomiese vooruitgang plaasvind nie. Afrikane het volgens hom net verslaaf geraak op Europese hulp. Smith konsentreer op die probleme van Franstalige Afrikalande, maar lewer ook kommentaar op toestande in Suid-Afrika.

Die slotsom, waartoe Smith kom, is dat Afrika langsamerhand dood gaan, aangesien sy elites en sy bevolkings nie in staat is om die uitdagings van modernisering te aanvaar nie.

Empirie

Smith stel ondersoek in na die ontwikkeling van lande soos Ghana en Suid-Korea, wat volgens hulle geskiedenis (albei was kolonies en is genadeloos uitgebuit en onderdruk) en natuurlike hulpbronne baie gunstig met mekaar vergelyk. Ghana het 'n ontwikkelende land gebly, terwyl Suid-Korea nou een van die mees ontwikkelde nywerheidslande ter wêreld is. Smith blameer die mentaliteit van die Afrika-elites, en haal voorbeelde van Frankofone Afrikane aan, wat oor Franse paspoorte beskik en 'n luukse lewe in Parys lei, maar ook die tribalisme van Afrikane.

Bibliografie

  • Stephen Smith: Negrologie: Pourquoi l'Afrique Meurt. Parys 2003 : Calmann-Levy
  • Stephen Smith: Negrologie: Waarom Afrika vergaan. PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) 2005

Eksterne skakels

Tags:

Negrologie Kritiek op die SwartbewussynsbewegingNegrologie EmpirieNegrologie BibliografieNegrologie Eksterne skakelsNegrologie2003FrankrykKoerant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkildklierDiarreePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVingerseksTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinHeupvervangingMiljardLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKlein-KarooTonnels van Củ ChiKolitisOutismeDundermWes-AfrikaPornhubSwangerskapChristo WieseAtriale fibrillasieNoord-KaapSonSenuweestelselXhosaVulvaVolhoubaarheidMolotofbomGeboorteVyfsterKasteel die Goeie HoopHondeklipbaaiVolksrepubliek ChinaInternetKoreaanse nasionale rugbyspanSaharaHeliosfeerKoue OorlogCecil John RhodesWerwelkolomOorlog in Soedan (sedert 2023)VrymesselaryBaardskeerder-spinnekopWeer (meteorologie)Dulcie van den BerghVratDermpoliepWikimedia-stigtingFilosofieSonsteekWitbloedselMenseregteSirkelSonnestelselMangelKunsSlag van BloedrivierAJeugdagGoogle MapsLibiëMondGemengde ekonomieOnderwys (geskiedenis)Appel (sanger)Gawes van die Heilige GeesKalenderNAVODansBorsklierBeesFamilie (verwantskap)Sterrestelsel🡆 More