Nasionale Instituut Vir Oordraagbare Siektes

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) (Engels: National Institute for Communicable Diseases) is die nasionale openbare gesondheidsinstituut van Suid-Afrika, wat verwysing verskaf na mikrobiologie, virologie, epidemiologie, mediese toesig en openbare gesondheidsnavorsing om die regering se reaksie op bedreigings weens oordraagbare siektes te ondersteun.

Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes
Nasionale Instituut Vir Oordraagbare Siektes
Tipe Staatsinstelling
Gestig 1 Desember 2002
Hoofkantoor Johannesburg, Suid-Afrika
Sleutelpersone
  • Prof Adrian Puren - Waarnemende uitvoerende direkteur
  • Dr Natalie Mayet - Adjunkdirekteur
Gebied bedienSuid-Afrika, SAOG, res van Afrika.
IndustrieMediese navorsing
DiensteKennis en kundigheid van oordraagbare siektes
MoedermaatskappyNasionale Gesondheidslaboratoriumdiens
Webwerfwww.nicd.ac.za

Die NIOS dien as 'n bron van kennis en kundigheid van oordraagbare siektes aan die Suid-Afrikaanse regering, Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapslande en die res van Afrika. Die instelling is behulpsaam met die beplanning van beleid en programme om oordraagbare siektes te bekamp en daarop te reageer.

Die hoofdoel van die NIOS is om die nasionale orgaan vir Suid-Afrika te wees vir openbare gesondheidstoesig oor oordraagbare siektes.

Op 1 Desember 20002 is die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes onder die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens gestig. Dit het tot stand gekom deur die samesmelting van die Nasionale Instituut vir Virologie, die Virologie Laboratoria en Openbare Gesondheid Mikrobiologie Laboratoria van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing (SAIMR).

Bestuur van die NIOS

Die NIOS se bestuur is 'n multidissiplinêre span kundiges, insluitend:

  • Prof Adrian Puren - Waarnemende uitvoerende direkteur (Desember 2020) en Hoof: Sentrum vir MIV en SOI's
  • Dr Natalie Mayet - Adjunkdirekteur
  • Prof Lucille Blumberg - Epidemiologie adjunkdirekteur
  • Prof John Frean - Mikrobiologie adjunkdirekteur
  • Prof Januz Paweska - Hoof: Sentrum vir opkomende, soönotiese en parasitiese siektes
  • Dr Juno Thomas - Hoof: Sentrum vir ingewandsiektes
  • Prof Nelesh Govender - Hoof: Sentrum vir gesondheidsorgverwante infeksies, antimikrobiese weerstand en mikose
  • Prof Cheryl Cohen - Hoof: Sentrum vir respiratoriese siektes en meningitis
  • Dr Shaheed Vally Omar - Hoof: Sentrum vir tuberkulose
  • Dr Melinda Suchard - Hoof: Sentrum vir entstowwe en immunologie
  • Dr Michelle Groome - Hoof: Afdeling van openbare gesondheid, toesig en reaksie
  • Dr Elvira Singh - Hoof: Nasionale kankerregister

Koronavirussiekte-2019

Alle virusse, insluitend EARS-KoV-2, die virus wat Koronavirussiekte-2019 (COVID-19) veroorsaak, verander met verloop van tyd. Die meeste veranderinge het min tot geen impak op die virus se eienskappe nie, maar sommige veranderinge kan egter die eienskappe van die virus beïnvloed. Mutasies kan hoe maklik dit versprei, die gepaardgaande erns van die siekte, of die werkverrigting van entstowwe, terapeutiese medisyne, diagnostiese hulpmiddels of ander openbare gesondheids- en maatskaplike maatreëls beïnvloed.

Die NIOS is deel van die Netwerk vir Genomika-toesig in Suid-Afrika (Engels: Network for Genomics Surveillance in South Africa). Ander lede sluit in: Universiteit van KwaZulu-Natal, Universiteit van Kaapstad, Universiteit Stellenbosch, Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Pretoria, die Universiteit van die Witwatersrand en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens.

Hierdie netwerk se taak is om die evolusie van EARS-KoV-2 te monitor en te evalueer.

Verwysings

Tags:

EpidemiologieMikrobiologieVirus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeweldMaselsOmgewingskwessies in Suider-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)633AardbewingOrtopedieByGqeberhaKewerSuid-SothoPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWilna SnymanSkoolJodeBrandbergKlimaatveranderingJan-Willem BreureStereotipeEnkelvoudige sinKommunikasieShakaMotMahatma GandhiDermpoliepWerkwoordCheslin KolbeMaagBosbokJavaScriptKonsentrasiekampDoopVerstedelikingVerenigde State van AmerikaMiskruierGeskiedenis (vakgebied)SlawernyNic de JagerRoofvoëlAtriale fibrillasieHomofoonSkynprivaatnetwerkKaapstadSwangerskapJaco JacobsHomoniemBreinMadison IvyOplossing (chemie)TegnologieSpinnekopAl-FatihaKatjieKatGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaNatuurrampEnsiklopedieTussenwerpselVlinderSuikersiekteLetterlike en figuurlike taalgebruikBreinvliesontstekingWebwerfErektiele disfunksieWes-KaapKunselementeGoogleToekoms van die AardeEienaamWillie JoubertHannes van WykElandréVeelvoudige sinSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024RooikatTsongaOlimpiese SpeleAntoniem🡆 More