Motte (Lepidoptera) is insekte wat aan die orde van vlinders (Lepidoptera) behoort.
Hulle is nou aan skoenlappers verwant, wat vanaf motte ontwikkel het. Die meeste spesies is slegs snags aktief. Hulle kan op verskeie maniere van ander vlinders onderskei word. 'n Mot se antennes (voelhorings) lyk soos klein vlerkies, en hulle vlerke word plat op die rug gevou as hulle nie vlieg nie.
Motte | |
---|---|
Opodiphthera eucalypti | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
(geen rang): | Heterocera |
Die meeste vlinders is motte. Daar is vermoedelik sowat 160 000 spesies motte (byna tien keer soveel as die skoenlapper-spesies). Duisende van die spesies moet nog beskryf word.
Die meeste motte is klein: hulle word mikromotte genoem. Die groter motte is beter bekend, maar is minder algemeen. Die meeste spesies is naglewend, maar daar is uitsonderings. 'n Paar skemer- en daglewende spesies is bekend.
Bekende spesies sluit in, die sywurm, kommandowurm en kiepersol-pouoogmot.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mot, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.