Kiepersol-Pouoogmot

Die Kiepersol-pouoogmot (Bunaea alcinoe) is 'n mot in die familie Saturniidae wat in Afrika voorkom.

Hoewel dit baie na 'n skoenlapper lyk, is dit 'n mot. Op die onderste twee vlerke is twee groot kolle wat soos oë lyk. Hierdie "oë" dien as afskrikmiddel vir hulle vyande. Hulle het 'n groot reeks gasheerplante, wat die kiepersol, essenhout, witstinkhout, laventelkoorsbessie (Croton-spp.) en Bauhinia-spp. insluit.

Kiepersol pouoogmot
Kiepersol-Pouoogmot
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Saturniidae
Genus:
Bunaea
Spesie:
B. alcinoe
Binomiale naam
Bunaea alcinoe
(Stoll, 1780)

Metamorfose

Die mot het 'n lewensduur van drie tot vyf dae waartydens eiers gelê word. Uit die eiers broei dik vernielsugtige ruspes wat voor die voet skade aan plante aanrig. Hierdie ruspes is ongeveer 70 mm lank en 15 mm in deursnee. In Januarie/Februarie verlaat die ruspes die plant en oorwinter as papies onder die grond. Die volwassenes (motte) verskyn in die lente na die eerste goeie reëns en lê dan eiers op die gasheerplant en sit die siklus so voort. Hulle gaan deur een so 'n siklus per jaar.

Galery

Larwes van die Bunaea alcinoe op 'n boskiepersol.
Eiers van die Bunaea alcinoe op 'n boskiepersol.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kiepersol-Pouoogmot MetamorfoseKiepersol-Pouoogmot GaleryKiepersol-Pouoogmot Sien ookKiepersol-Pouoogmot VerwysingsKiepersol-Pouoogmot Eksterne skakelsKiepersol-Pouoogmot

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tasché BurgerKalenderJapanKommunismeHentiesbaaiSkipLord’sHoofpynSkoonma-se-tongEnsiklopedieSlang16 NovemberHokkieBridgestoneLimfvatstelselWaterJacques LootsGlenys LynneRumatoïede artritisNoord-Sotho (taal)Jane GoodallFascismeDiepfopSuid-Afrikaanse GrensoorlogWikinewsJannie du ToitJavaScriptKrapLemoenduifHondColubrina nicholsoniiKolonoskopieErica BoyerWynand du Toit7de LaanMuisvoëlLys van bekende Suid-AfrikanersVerantwoordelikheidSonsverduisteringFiksieBruin menseKarla du PlessisRamadanDuitse Demokratiese RepubliekRina HugoAfrikanersLys van visseLys van Afrikaanse rolprenteLeeuAsmaLetterlike en figuurlike taalgebruikSkildklierKlinkerKernreaksie800VrugbaarheidKonsentrasiekampMercuriusGeboorteAustralië14 NovemberTswanaWindenergieWayde van NiekerkGeskiedenis van AfrikaansSinoniemArmeniëMieliestronkSuiderkruisHoopstadWit-Rusland🡆 More