Die Nahuas (Nahuatl: nāhua, , letterlik: hoorbaar, verstaanbaar, duidelik; eenvoud: Nāhuatlācatl, , letterlik: Nahuatl-sprekende mens; meervoud: Nahuatlacah, , letterlik: Nahuatl-sprekende mense), voorheen Meksikane (eenvoud: Mēxihcatl, , meervoud: Mēxihcah, , luister (hulp·inligting); Spaans: Mexicano(s), ), is 'n etniese groep en die nasate van die Meso-Amerikaanse beskawing van die Asteke, wat in die hedendaagse lande Meksiko en El Salvador woon.
Die historiese middelpunt van die beskawing was die Asteekse Ryk in die sentrale hoogland van Meksiko met die hoofstad Tenochtitlan, geleë onder die hedendaagse Meksikostad.
Nahua | |
---|---|
Drie Nahua-mans in Zacatlán (Puebla, Meksiko) | |
Totale bevolking: | ca. 2 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Meksiko (Oaxaca, Morelos, Puebla, Hidalgo, Michoacán, Veracruz, Jalisco, Estado de México, Distrito Federal, Tlaxcala, Chihuahua, Durango, San Luis Potosí en Guerrero) El Salvador (Ahuachapan, Sonsonate, San Salvador, Santa Ana) |
Taal: | Nahuatl en Spaans |
Geloofsoortuiging: | Christendom (hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk), die tradisionele Astekse godsdiens word nog steeds beoefen |
Verwante etniese groepe: | Indiane en Mestizo |
Die Nahuas vorm met sowat 2 miljoen mense die grootste etniese groep in Meksiko. Die bindende element is saam met ou tradisies veral die taal Nahuatl. Die bekendste historiese Nahua-groepe sluit in die Asteke, hul tradisionele vyande die Tlaxcalteke (veral tydens die sogenaamde Blommeoorloë) en die Tolteke, wat deur die Asteke as hul voorgangers beskou is. Van die bekendste Asteke-heersers, die Hueyi tlahtoani, was Cuauhtémoc (1520–1521), Ixtlilxochitl II (1525–1531), Moctezuma I (1440–1469) en Moctezuma II (1502–1520). Die Asteekse Ryk is vernietig deur die Spaanse conquistadores onder leiding van Hernán Cortés wat Meksiko in 1521 verower het. Meksiko het as Nieu-Spanje deel geword van die Spaanse Ryk. Dit sou tot in 1821 met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog 'n kolonie van Spanje wees. Hedendaags is die meeste Nahuas tweetalig met Spaans as tweede taal.
Geskiedenis van Meksiko | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nahua, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.