Die Uto-Asteekse tale is 'n taalfamilie wat uit sowat 61 tale bestaan en deur 2 miljoen Indiane gepraat word.
Hulle word oorwegend in die westelike Verenigde State en Meksiko, maar ook in lande van Sentraal-Amerika gepraat.
Uto-Asteekse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: | Westelike Verenigde State, Meksiko, Sentraal-Amerika |
Genetiese klassifikasie: | Uto-Asteekse tale |
Onderafdelings: | Hopi Tübatulabal (†) Numies Serran (†) Cupaans Tarahumaraans Cahitaans Opata (†) Corachol Pimaans |
Verspreiding van Uto-Asteekse tale |
Die Uto-Asteekse tale is na die taal Uto, 'n deel van die noordelikste tak (die Numiese tale) en die Asteekse tale (waaronder Nahuatl), die suidelikste tak, genoem. Die Uto-Asteekse tale bestaan uit 11 hooftakke, waarvan Tübatulabal, Serran en Opata net uitgestorwe tale bevat. Soms word die Uto-Asteekse tale in twee hooftakke verdeel, naamlik die Noord-Uto-Asteekse tale van die westelike Verenigde State en noordoostelike Meksiko asook die Suid-Uto-Asteekse tale van Meksiko en Sentraal-Amerika.
Die Uto-Asteekse tale is een van die grootste taalfamilie van die Amerikas volgens aantal sprekers, tale en geografiese verspreiding. Sommige van die Uto-Asteekse tale behoort tot die Meso-Amerikaanse taalgebied, saam met die Majatale, Totonaks-Tepehua, Otomangue, Mixe-Zoque asook geïsoleerde en ongeklassifiseerde tale.
Die grootste taal volgens moedertaalsprekers is Nahuatl (1,45 miljoen, sowat 78,9% van al die Uto-Asteekse tale). Nahuatl is veral bekend as taal van die Asteke, Tlaxcalteke en Tolteke in die huidige Meksiko, almal Nahua-volke. Tydens die Asteekse tydperk het Nahuatl as lingua franca in Sentraal-Amerika gedien.
Wiki Commons bevat media in verband met Uto-Asteekse tale. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Uto-Asteekse tale, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.