Mixteke

Die Mixteke (Mixteeks: ñuù savi, nayívi savi, ñuù davi, nayivi davi, letterlik: volk van die reën; Nahuatl: Mixtecapan, letterlik: mense van die wolkeland, of Mixtecatl, letterlik: wolkevolk; Spaans: mixtecos) is 'n etniese groep en Meso-Amerikaanse beskawing wat in die hedendaagse Meksikaanse deelstate Oaxaca, Puebla, Guerrero en Chiapas woon.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Mixteeks.

Die historiese middelpunt van die beskawing was La Mixteca in die weste van die deelstaat Oaxaca in Suid-Meksiko langs die kus van die Stille Oseaan.

Mixteke
Mixteke
Die Mixteekse koning en kryger Agt Hert Jaguar Klou (regs) vergader met Vier Jaguar, in 'n voorstelling van die Voor-Colombiaanse Codex Zouche-Nuttall.
Totale bevolking: 830 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Meksiko Meksiko (Oaxaca, Puebla, Guerrero en Chiapas)
Taal: Mixteeks en Spaans
Geloofsoortuiging: Rooms-Katolieke Kerk met elemente van tradisionele godsdienste
Verwante etniese groepe: Indiane en Mestizo
Mixteke
Ligging van die Mixteekse beskawing in Meso-Amerika
Mixteke
Jademasker uit Monte Albán

Die Mixteke vorm met sowat 830 000 mense een van die grootste etniese groepe in Meksiko. Ten tye van die Spaanse verowering van Meksiko (1519–1521) het sowat 1,5 miljoen Mixteke in Meso-Amerika geleef. Hulle het die voorheen Zapoteekse-stede Mitla en Monte Albán oorgeneem en uitgebou. Hulle was veral bekend vir turkooise mosaïeke en goudsmidkuns. Met die opkoms van die Asteekse ryk het sommige van die Mixteekse stede van die Asteke afhanklik geword en laasgenoemde het artefakte as buit geëis. Die Asteke het gereelde Blommeoorloë teen hul buurvolke gevoer en mense as offers vir hul eie gode ontvoer. Die gebied van die Mixteke is saam met die ander Meso-Amerikaanse volke deur die Spaanse conquistadores verower en het deel van Nieu-Spanje geword.

Die Mixteke praat veral Mixteeks as moedertaal. Dit behoort saam met Zapoteeks van die naburige Zapoteke en ander kleiner tale tot Otomangue, een van die primêre taalfamilies van die wêreld. Sedert die Spaanse verowering van Meksiko onder Hernán Cortés dien Spaans as die tweede taal van die Mixteke.

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Kevin Terraciano (2004). The Mixtecs of Colonial Oaxaca: Nudzahui History, Sixteenth Through Eighteenth Centuries. Stanford University Press. ISBN 978-0-8047-5104-9.

Eksterne skakels

Mixteke  Geskiedenis van Meksiko Mixteke 
Meso-AmerikaOlmekeMixtekeToltekeTeotihuacáneZapotekeMajaTlaxcaltekeAsteke
KolonisasieSpaanse verowering van die Asteekse Ryk (1519–1521) • Spaanse verowering van Yucatan (1527–1697) • Nieu-Spanje (1535–1821) • Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821)
1821–1864Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) • Texaanse Onafhanklikheidsoorlog (1835–1836) • Koekoorlog (1838) • Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) • Kasteoorlog (1847–1901) • Hervormingsoorlog (1857–1861) • Franse intervensie in Meksiko (1861–1867)
1864–1929Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) • Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) • Cristero-oorlog (1926–1929)
Moderne geskiedenisChiapas-konflik (1994) • Dwelmoorlog in Meksiko (2006–hede)

Tags:

ChiapasDeelstate van MeksikoEtniese groepMeso-AmerikaMixteeksNahuatlOaxacaSpaansStille Oseaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Franse RewolusieVeselPerdAfrikaanse taalleerHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalLaeveldSkoenlapperMynbedryf van Suid-AfrikaAnneli van RooyenDonderstormKolitisDemokrasieNasionale PartyNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyPneumatikaTegnologieSomerBernice WestKoos du PlessisSoweto-opstandFabelAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeHeupLys van Kaapstad se voorstedeDemokratiese Republiek die KongoHTMLLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)ArmoedeverligtingPampoentjiesSoortnaamVolhoubare ontwikkelingMaroela MediaSuid-Afrikaanse GrensoorlogGasa-Israel-konflik van Oktober 2023Gewone tarentaalKongo-krisisKaapstadMaanJan-Willem BreureMarsMoedersdagPinksterHartversakingVier temperamenteVoortrekkermonumentLuiperdLeonardo da VinciEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaJeugdagWeefselBukkakeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Jode in Suid-AfrikaVersamelnaamMynbouHolocaustHipertensieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaEngelandC.J. LangenhovenSamestellingWatersuiweringVoorvoegselWinterDiarreeNagapieSinoniemEskomAntisemitismeMenslike-ontwikkelingsindeksRivierSarah Rose KarrIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaHond🡆 More