Sterrekunde Knoop

’n Knoop in sterrekunde is een van twee punte waar ’n wentelbaan ’n verwysingsvlak kruis waarmee dit ’n helling vorm.

’n Wentelbaan sonder ’n helling, wat op die verwysingsvlak voorkom, het geen knope nie.

Sterrekunde Knoop
Die stygende nodus is een van verskeie wentelelemente.

Verwysingsvlak

Twee algemene verwysingsvlakke is:

  • Vir ’n liggaam wat om die Aarde draai: die Aarde se ewenaarvlak. In dié geval word wentelbane sonder ’n helling "ekwatoriaal" genoem.
  • Vir ’n liggaam wat om die Son draai: die sonnebaanvlak. In dié geval word ’n wentelbaan sonder ’n helling "eklipties" genoem.

Onderskeid

As ’n verwysingsrigting van een kant van die verwysingsvlak na die ander vasgestel is, kan ’n onderskeid tussen die twee knope getref word. Vir geosentriese en heliosentriese wentelbane (om die Aarde en Son onderskeidelik) is die klimmende knoop (of "noordknoop") waar die wentelende liggaam noordwaarts deur die verwysingsvlak beweeg en die dalende knoop (of "suidknoop") waar dit suidwaarts deur die vlak beweeg. In die geval van liggame buite die Sonnestelsel is die klimmende knoop die knoop waardeur die wentelende liggaam in die teenoorgestelde rigting as die waarnemer beweeg, en die dalende knoop is wanneer dit in die rigting van die waarnemer beweeg., p. 137.

Die posisie van die knoop kan gebruik word as een stel parameters wat ’n wentelbaan beskryf en bekend is as "wentelelemente".

Die knooplyn is die kruising van die voorwerp se wentelvlak met die verwysingsvlak. Dit loop deur die twee knope.

Simbole

Die simbool van die klimmende knoop is Sterrekunde Knoop  (Unicode: U+260A, ☊), en die simbool van die dalende knoop is Sterrekunde Knoop  (Unicode: U+260B, ☋). In Middeleeuse en vroeë moderne tye is die klimmende knoop die "draak se kop" (Latyn: caput draconis) genoem en die dalende knoop die "draak se stert" (Latyn: cauda draconis)., p. 141; , p. 245. Dié terme is oorspronklik gebruik vir die tye wanneer die Maan die oënskynlike baan van die Son in die lug gekruis het.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sterrekunde Knoop VerwysingsvlakSterrekunde Knoop OnderskeidSterrekunde Knoop SimboleSterrekunde Knoop Sien ookSterrekunde Knoop VerwysingsSterrekunde Knoop Eksterne skakelsSterrekunde KnoopSterrekundeWentelbaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KameeldoringNabye OosteBloedgroepMetafoorAfrikaanse woordelys en spelreëlsGiovanni di BicciPlat AardeBybelLeah van NiekerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024EpilepsieOrtodokse KerkJohannesburgPriaposShaivismeTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinDuitse maselsAllergieCarike KeuzenkampPenisverlengingKrieketwêreldbeker 1983Lys van kleureSamuel Bankman-FriedOeigoereMiljardLos AngelesWiskundeSamuel CronwrightRolprentBetonRoemeensZazakiURIKhanyi MbauVerenigde StateOlimpiese Somerspele 2004OrgasmeOrkney Snork NieKwaggaHitteruilerWoestynMaria MagdalenaPalmsondagLiewe HeksieNasionale Etruskiese MuseumGezina, PretoriaRenteChristiaan VI van DenemarkeBoerjatiëIndië7de LaanAlgemene relatiwiteitKekerertjieLGroenlandsRJ-telefoonpropViëtnamoorlog2023 Gaboenese staatsgreepFriedrich SchleiermacherAfrikaanse naguilLongAbrahamitiese geloweLatynSuid-AfrikaGlenys LynneSelfoonDuitsersKolitisKommunistiese Party van die SowjetunieTransvaalSachin TendulkarPous Nicolaas IVGeelslangAfkortingPolisieVolksrepubliek ChinaA🡆 More