Sterrekundige Simbool

Sterrekundige simbole is simbole wat gebruik word om sterrekundige voorwerpe, konstruksies of gebeure voor te stel.

Sterrekundige Simbool
    Hierdie bladsy bevat spesiale karakters. Sonder die regte ondersteuning sal jy blokkies of snaakse tekens sien.

Die vroegste vorme van hierdie simbole verskyn in antieke Griekse papirusse. Nuwe simbole is ook geskep om planete en kleinplanete wat in die 18de tot 20ste eeu ontdek is, voor te stel.

Die simbole is eens algemeen gebruik deur amateur- en professionele sterrekundiges, alchemici en astroloë. Hoewel hulle steeds algemeen in almanakke en astrologiese publikasies gebruik word, het hul gebruik in navorsings- en sterrekundige geskrifte afgeneem, met sommige uitsonderings soos die simbole vir die Aarde en Son en sekere diereriemtekens wat die sonstilstande en nagewenings voorstel.

Unicode kan die meeste simbole weergee, hoofsaaklik in Miscellaneous Symbols Block (2600-26FF) en Miscellaneous Symbols and Pictographs Block (1F300-1F5FF).

Simbole vir die Son en Maan

Van die simbole vir die Son en Maan dateer uit die antieke tyd. Die vorm van die simbole wat in die oorspronklike papirusse van Griekse sterrevoorspelling verskyn het, is ’n sirkel met een straal (Sterrekundige Simbool ) vir die Son en ’n sekelmaan vir die Maan. Die moderne sonsimbool, ’n sirkel met ’n punt in (☉), het tydens die Renaissance die eerste keer in Europa verskyn.

In moderne akademiese gebruik word die sonsimbool gebruik vir sterrekundige konstantes wat met die Son verband hou. Die massa, radius en ligsterkte van sterre word dikwels uitgebeeld deur die ooreenstemmende sonkonstantes as meeteenheid.

Son
Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig
Son Sterrekundige Simbool 
U+2609
(dec 9737)
Die Son (die middelpunt van ons planeetstelsel).
Sterrekundige Simbool 
U+1F71A
(dec 128794)
🜚 Die Son met een straal.
Sterrekundige Simbool 
U+1F31E
(dec 127774)
🌞 Die gesig van die Son; nie ’n sterrekundige simbool nie.
Maan
Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig
Maan, eerste kwartier Sterrekundige Simbool 
U+263D
(dec 9789)
☽︎ ’n Groeiende Maan.
Sterrekundige Simbool 
U+1F31B
(dec 127771)
🌛
Volmaan Sterrekundige Simbool 
U+1F315
(dec 127765)
🌕︎ ’n Sirkel, soos dit in die lug lyk.
Sterrekundige Simbool 
U+1F31D
(dec 127773)
🌝
Maan, laaste kwartier Sterrekundige Simbool 
U+263E
(dec 9790)
☾︎ ’n Afnemende Maan.
Sterrekundige Simbool 
U+1F31C
(dec 127772)
🌜
Donkermaan Sterrekundige Simbool 
U+1F311
(dec 127761)
🌑︎
Sterrekundige Simbool 
U+1F31A
(dec 127770)
🌚
Sonkonstantes
Konstante Simbool Waarde
Sonligsterkte L 3,839×1026 W, of 3,839×1033 erg/s
Sonmassa M 1,98892×1030 kg
Sonradius R 6,955×108 m
Effektiewe sontemperatuur Teff☉ 5 777 K
Bronne vir simbole:

Simbole vir die planete

Sterrekundige Simbool 
’n Middeleeuse uitbeelding van die diereriem en die klassieke planete. Die planete word deur sewe gesigte verteenwoordig.

Simbole vir die klassieke planete verskyn in die Middeleeuse Biasantynse geskrifte. Die geskrewe simbole vir Mercurius, Venus, Jupiter en Saturnus kan teruggevoer word na vorme in die Laat-Griekse papirusse. Die simbole vir Jupiter en Saturnus is monogramme van die ooreenstemmende Griekse name en die simbool vir Mercurius is ’n gestileerde boodskapperstaf. Volgens Annie Scott Dill Maunder is die voorlopers van die planeetsimbole in kuns gebruik om die gode wat met die klassieke planete verbind is, te verteenwoordig; Bianchini's planisphere, uit die 2de eeu, wys Griekse personifikasies van planetêre gode met die vroeë weergawes van die planetêre simbole: Mercurius het ’n boodskapperstaf; Venus het ’n koord aan haar halssnoer vas wat aan ’n ander halssnoer verbind is; Mars, ’n spies; Jupiter, ’n staf; Saturnus, ’n sekel; die Son ’n sirkeltjie met strale; en die Maan ’n kopstuk met ’n sekelmaan.

Die kruise wat met baie planete verbind word, is volgens Maunder skynbaar bygevoeg "in ’n poging om ’n Christelike geurtjie te verleen aan die simbole van die heidense gode".

Die simbool vir Uranus is kort ná sy ontdekking geskep. Een simbool was veronderstel om die nuut ontdekte metaal platinum voor te stel; aangesien platinum, algemeen bekend as wit goud, ontdek is gemeng met yster, is die simbool vir platinum ’n kombinasie van dié vir yster, ♂, en dié vir goud, ☉. Die simbool kombineer ook die simbole vir Mars se spies (♂) en die Son (☉) omdat Uranus in die Griekse mitologie die hemel verteenwoordig.

Verskeie simbole is vir Neptunus voorgestel om die planeet se naam te verteenwoordig. Verskeie name is voorgestel voordat eindelik op Neptunus besluit is.

Die Internasionale Sterrekundige Vereniging (IAU) ontmoedig die gebruik van hierdie simbole in artikels. In sekere gevalle waar dit gebruik mag word, soos in die opskrifte van kolomme, word sekere een- en tweeletter-afkortings toegelaat.

Planete
Naam IAU-
afkorting
Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig
Mercurius Me Sterrekundige Simbool 
U+263F
(dec 9791)
Mercurius se boodskapperstaf
Venus V Sterrekundige Simbool 
U+2640
(dec 9792)
Venus se halssnoer (of handspieël)
Aarde E Sterrekundige Simbool 
U+2641
(dec 9793)
’n Ryksappel en kruis
Sterrekundige Simbool 
U+1F728
(dec 128808)
🜨 Aardbol met ewenaar en meridiaan (alternatiewe karakters met ’n soortgelyke vorm: U+2295 ⊕, U+2A01 ⨁, U+1F310 🌐)
Mars Ma Sterrekundige Simbool 
U+2642
(dec 9794)
Mars se skild en spies
Jupiter J Sterrekundige Simbool 
U+2643
(dec 9795)
Die letter zeta (vir Zeus)
Saturnus S Sterrekundige Simbool 
U+2644
(dec 9796)
Saturnus se sekel
Uranus U Sterrekundige Simbool 
U+26E2
(dec 9954)
Platinum
Sterrekundige Simbool 
U+2645
(dec 9797)
’n Aardbol met die letter "H" daarbo (vir Herschel),
Neptunus N Sterrekundige Simbool 
U+2646
(dec 9798)
Neptunus se driepuntvurk

Simbole vir die kleinplanete

Simbole vir enkele kleinplanete is:

Kleinplanete
Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms Verteenwoordig
1 Ceres Sterrekundige Simbool  U+26B3
(dec 9907)
’n Onderstebo sekel
2 Pallas Sterrekundige Simbool  U+26B4
(dec 9908)
3 Juno Sterrekundige Simbool  U+26B5
(dec 9909)
'n Septer met 'n ster daarbo
4 Vesta Sterrekundige Simbool  U+26B6
(dec 9910)
’n Altaar met ’n vuur op
Sterrekundige Simbool 
134340 Pluto Sterrekundige Simbool  U+2647
(dec 9799)
PL, monogram vir Pluto en Percival Lowell
Sterrekundige Simbool  U+2BD3

Diereriemtekens en -sterrebeelde

Die diereriemsimbole het verskeie vertolkings. Na gelang van die konteks, kan dit óf ’n sterrebeeld óf ’n punt op die sonnebaan wees.

Lyste sterrekundige verskynsels sluit soms konjunksies van sterre en planete of die Maan in; eerder as om die volle naam van die ster te publiseer, word die Bayer-afkorting (’n Griekse letter en die simbool van die sterrebeeld waarin die ster voorkom) gebruik. Die sonnebaan word soms in 12 "tekens" verdeel, wat elk in 30 grade verdeel word, en die "teken"-komponent of ekliptiese lengte word aangedui óf met ’n getal van 0 tot 11 óf met ’n ooreenstemmende diereriemsimbool.

In moderne akademiese geskrifte het al die sterrebeelde, insluitende dié van die diereriem, ’n afkorting wat uit drie letters bestaan. Die diereriemsimbole word ook soms gebruik om punte op die sonnebaan te verteenwoordig, veral die sonstilstande en nageweninge. Elke simbool verteenwoordig die "eerste punt" van elke teken; dus staan ♈︎ vir die lentenagewening in die Noordelike Halfrond, ♋︎ vir die somersonstilstand, ♎︎ die herfsnagewening en ♑︎ vir die wintersonstilstand.

Diereriem
Naam IAU-afkorting Tekens Grade Simbool Latyn Unicode-kodering Unicode-voorkoms
Ram Ari 0 Sterrekundige Simbool  Aries U+2648
(dec 9800)
♈︎
Bul Tau 1 30° Sterrekundige Simbool  Taurus U+2649
(dec 9801)
♉︎
Tweeling Gem 2 60° Sterrekundige Simbool  Gemini U+264A
(dec 9802)
♊︎
Kreef Cnc 3 90° Sterrekundige Simbool  Cancer U+264B
(dec 9803)
♋︎
Leeu Leo 4 120° Sterrekundige Simbool  Leo U+264C
(dec 9804)
♌︎
Maagd Vir 5 150° Sterrekundige Simbool  Virgo U+264D
(dec 9805)
♍︎
Weegskaal Lib 6 180° Sterrekundige Simbool  Libra U+264E
(dec 9806)
♎︎
Skerpioen Sco 7 210° Sterrekundige Simbool  Scorpio U+264F
(dec 9807)
♏︎
Boogskutter Sgr 8 240° Sterrekundige Simbool  Sagittarius U+2650
(dec 9808)
♐︎
Steenbok Cap 9 270° Sterrekundige Simbool  Capricorn U+2651
(dec 9809)
♑︎
Waterdraer Aqr 10 300° Sterrekundige Simbool  Aquarius U+2652
(dec 9810)
♒︎
Visse Psc 11 330° Sterrekundige Simbool  Pisces U+2653
(dec 9811)
♓︎

Ander simbole

Simbole vir aspekte en knope kom in Middeleeuse geskrifte voor, hoewel die knoopsimbole verskil het van die moderne gebruik; ☊ het voorheen vir die dalende knoop gestaan en ☋ vir die klimmende knoop.

Die simbole vir die aspekte het al in Bisantynse geskrifte voorgekom. Van die simbole vir die vyf Ptolemaeus-aspekte, word net die drie wat hier aangegee word, in sterrekunde gebruik: vir konjunksie, opposisie en kwadratuur.

Simbole vir ’n komeet (☄) en ’n ster (Sterrekundige Simbool ) word in sterrekundige waarnemings van komete gebruik. In sulke tabelle staan ☄ vir die komeet wat bespreek word en Sterrekundige Simbool  vir die ster van vergelyking met betrekking waartoe die meting van die komeet se posisie gemaak is.

Ander simbole
Naam Simbool Unicode-kodering Unicode-voorkoms
Klimmende knoop Sterrekundige Simbool  U+260A
(dec 9738)
Dalende knoop Sterrekundige Simbool  U+260B
(dec 9739)
Konjunksie Sterrekundige Simbool  U+260C
(dec 9740)
Opposisie Sterrekundige Simbool  U+260D
(dec 9741)
Kwadratuur Sterrekundige Simbool  U+25A1
(dec 9633)
Komeet Sterrekundige Simbool  U+2604
(dec 9732)
Ster Sterrekundige Simbool  U+2605
(dec 9733)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sterrekundige Simbool Simbole vir die Son en MaanSterrekundige Simbool Simbole vir die planeteSterrekundige Simbool Simbole vir die kleinplaneteSterrekundige Simbool Diereriemtekens en -sterrebeeldeSterrekundige Simbool Ander simboleSterrekundige Simbool VerwysingsSterrekundige Simbool Eksterne skakelsSterrekundige SimboolKleinplaneetPapirusPlaneetSimbool

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VolhoubaarheidWaterstofKweekhuiseffekKolonoskopieWaterkringloopDokterSeeAngolese BurgeroorlogOraniaCyril RamaphosaBreinvliesontstekingYouTubeBTWVulvaJesus van NasaretFiela se kindAbsolute monargieFrankrykAngssteuringGeskiedenis van erotiese afbeeldingsJeuksiekteIranse aanval op Israel in 2024LieweheersbesieSoortnaamLewerSlag van Cuito CuanavaleNasionale PartyDiepaartrombosePornografiePortugeesSeksHeelgetalSmall HandsSeekoeiNarsistiese persoonlikheidsteuringBundesligaHartversakingKrokodilVoedselkettingDigvormEkonomie van Suid-AfrikaJudaïsmeEnsiklopedieJames FrechevilleOu Apostoliese KerkGalblaasGroot vyfHartSiya KolisiAfro-AmerikanersDuitsSlangRooms-Katolieke KerkKrieketFinale OplossingDriedimensioneelSekondêre sektor van die ekonomieJagluiperdEerste WêreldoorlogSprokieGoogleMetamfetamienWinnie Madikizela-MandelaAtoomKlavierOlifantKontinentWoordeboek van die Afrikaanse TaalNapoleon BonaparteSatellietfotoWaterVerdampingBayer 04 LeverkusenLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsPseudowetenskapBloemfontein🡆 More