Allergie

Allergieë, ook bekend as allergiese siektes, is 'n aantal toestande wat veroorsaak word deur 'n hipersensitiwiteit van die immuunstelsel vir tipies onskadelike stowwe in die omgewing.

Hierdie siektes sluit hooikoors, voedselallergieë, atopiese dermatitis, allergiese asma en anafilakse in. Simptome kan rooi oë, jeukerige uitslag, nies, loopneus, kortasem en swelling insluit. Voedselonverdraagsaamhede en -vergiftiging is afsonderlike toestande.

Allergie
Spesialiteit Immunologie
Simptome Rooi oë, jeukerige uitslag, loopneus, kortasem, swelling, nies
Tipes Hooikoors, voedselallergieë, atopiese dermatitis, allergiese asma, anafilakse
Oorsake Genetiese en omgewingsfaktore
Diagnostiese metode Gebaseer op simptome, velpriktoets, bloedtoets
Differensiële diagnose Voedselintoleransies, voedselvergiftiging
Voorkoming Vroeë blootstelling aan moontlike allergene
Behandeling Vermy bekende allergene, medisyne, allergeenimmunoterapie
Medikasie Steroïedes, antihistamien, epinefrien
Frekwensie Algemeen

Algemene allergene sluit stuifmeel en sekere voedsel in. Metale en ander stowwe kan ook sulke simptome veroorsaak. Voedsel, inseksteke en medisyne is algemene oorsake van ernstige reaksies. Die reaksies se ontwikkeling is te wyte aan genetiese en omgewingsfaktore. Die onderliggende meganisme behels immuunglobulien E teenliggaampies (IgE), deel van die liggaam se immuunstelsel, wat aan 'n allergeen bind en dan aan 'n reseptor op masselle of basofiele waar dit die vrystelling van inflammatoriese stowwe soos histamien veroorsaak. Die diagnose is gewoonlik gebaseer op 'n persoon se mediese geskiedenis. Verdere toetsing van die vel of bloed kan in sekere gevalle nuttig wees. Positiewe toetse beteken egter nie noodwendig dat daar 'n beduidende allergie vir die betrokke stof is nie.

Vroeë blootstelling aan moontlike allergene kan beskermend wees. Behandelings vir allergieë sluit in die vermyding van bekende allergene en die gebruik van medisyne soos steroïedes en antihistamien. Met ernstige reaksies word inspuitbare adrenalien (epinefrien) aanbeveel. Allergeenimmunoterapie, wat mense geleidelik aan groter en groter hoeveelhede van 'n allergeen blootstel, is nuttig vir sommige soorte allergieë, soos hooikoors en reaksies op insekbyte. Die gebruik daarvan met voedselallergieë is onduidelik.

Allergieë kom algemeen voor. In die ontwikkelde wêreld word ongeveer 20% van mense geraak deur allergiese rinitis, ongeveer 6% van mense het ten minste een voedselallergie, en ongeveer 20% het op 'n stadium atopiese dermatitis gehad. Afhangend van die land het ongeveer 1–18% van mense asma. Anafilakse kom tussen 0,05–2% van mense voor. Die woord "allergie" is vir die eerste keer in 1906 deur Clemens von Pirquet gebruik.

Verwysings

Tags:

AsmaHooikoorsImmuunstelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MediaWikiSkaapSeksuele penetrasieTaalJan BloukaasMusieksimboleTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinAfrikaanse WikipediaSamestellingVarkgriepAfrikaanse Hoër SeunskoolGuillain-Barré-sindroomWaverLiesbreukSerafín DengraCleopatra VIIStrandbeestSinoniemDermpoliepVlag van AfghanistanMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaSolidariteitHomoniemSeksuele opwekkingLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPerdBrandmondsindroomAnale seksSleurkragBorskankerRoekelose DadeBeesBakterieRykie van ReenenDepressie (gemoedstoestand)Erfenisdag (Suid-Afrika)Christo WiesePoesSkaakSkarlakenkoorsBoomPampoentjiesJavaScriptRolprentSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Lys van Afrikaanse televisiereekseHeupvervangingAGriekelandMosambiekNagmaal26 MaartTandbederfMuishondErica RhodesVoorhuidVulkaanDeon MeyerSuid-Afrikaanse randAfrikaSmaakPalmsondagVoornaamwoordCarles PuigdemontBateOnderwys in Suid-AfrikaMeksikoJagluiperdSuid-KoreaWoordeboek van die Afrikaanse TaalChristendomOekraïneAspergersindroom🡆 More