Jiangsu (Chinees: 江苏省, luister (hulp·inligting)) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China.
In 2020 het die provinsie 'n bevolking van sowat 84,75 miljoen gehad.
Jiangsu 江苏省 (Chinees) | |
---|---|
Tongli-kanaaldorpie in Jiangsu | |
Ligging van Jiangsu in die Volksrepubliek China | |
Koördinate: 32°54′0″N 119°48′0″O / 32.90000°N 119.80000°O 119°48′0″O / 32.90000°N 119.80000°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Hoofstad | Nanjing |
Grootste stad | Nanjing |
Regering | |
• Tipe | Regering van Jiangsu |
• Sekretaris | Wu Zhenglong |
• Goewerneur | Xu Kunlin |
Oppervlak | |
• Totaal | 102 600 km2 (39 600 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 84 748 016 |
• Digtheid | 830/km2 (2 100/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Etniese groepe | Han (99,6%), Hui (0,2%) |
Webwerf | www.jiangsu.gov.cn |
Die naam kom van jiang, 'n verkorte vorm vir die naam van die stad Jiangning (nou Nanjing), en su, vir die stad Suzhou. Die afkorting vir hierdie provinsie is "苏" (sū), die tweede karakter van sy naam.
Jiangsu grens aan Shandong in die noorde, Anhui in die weste, en Zhejiang en Sjanghai in die suide. Jiangsu het meer as 1000 km kuslyn langs die Geelsee en die Yangtzerivier vloei deur die suidelike dele van die gebied.
Die provinsie is redelik plat, ryk aan water en effens heuwelagtig. Dit besit China se grootste binnelandse see en die Grootkanaal lê grootliks in hierdie provinsie (lengte 690 km).
Jiangsu is een van die mees bevolkte en welvarende provinsies. Die suide is egter baie meer welaf as die noorde. Die bevolking praat Mandaryns en Wu.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Jiangsu, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.