Die Halberstadt CL.II is 'n dubbeldekker, Duitse tweesitplek veg/verkenningsvliegtuig wat in die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het.
Die vliegtuig is vroeg in 1917 bekendgestel en die CL modelle was kleiner en ligter as die C model. Dit was in wese ontwerp om bomwerpers te begelei en ondersteuning te verskaf aan die troepe. Die bemanning van twee het agter mekaar gesit. Dit was bewapen met een or twee 7.9s mm gesinchroniseerde Spandau masjiengewere en 'n Parabellum geweer op 'n ring gemonteer agter die vlieënier. Vier tot vyf 10 kg mortier bomme (soms kleiner granate) was in rakke weerskante van die romp gedra. Die CL.II is diens gestel in die middel van 1917 en het onmiddellik beindruk.
Halberstadt CL.II | |
---|---|
Tipe | Dubbeldekker veg en verkennings |
Vervaardiger | Halberstadt |
Ontwerp deur | Karl Theis |
Nooiensvlug | 1917 |
Hoofgebruiker | Voorloper van Luftwaffe |
Aantal gebou | 900 |
Weergawes | Halberstadt CL.IV |
Op 6 September 1917 het 24 CL.II's verwoesting gesaai met Geallieerde troepe wat die brûe moes oorsteek tydens die Slag van die Somme. Die vliegtuie het ook 'n groot rol gespeel in die Duitsers se terugveg poging tydens die Slag van Cambrai op 30 November 1917.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Mercedes D.III waterverkoel inlynenjin |
Kraglewering per motor | 160 perdekrag |
Vlerkspan | 10,77 m |
Lengte | 7,3 m |
Hoogte | 2,75 m |
Vlerkoppervlakte | 27,50 m2 |
Maksimum opstygmassa | 1,133 kg |
Maksimum snelheid | 165 km/h op 5,000 m |
Operasionele hoogte | 5 100m |
Togafstand | 3 ure |
Bewapening | Twee 7.92 mm Spandau gesinchroniseerde masjiengewere Een parrabellum masjiengeweer 4 tot 5 10 kg mortier bomme of kleiner granate |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Halberstadt CL.II, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.