Gérard Rudolf is 'n Suid-Afrikaanse akteur en skrywer.
Hy het in verskeie rolprente en TV-reekse opgetree, onder andere Arende (1992, 1993), Paljas (1998), The Piano Player (2002) en The Young Black Stallion (2003).
Gérard Rudolf | |
Geboorte | 20 April 1966 Pretoria |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur, Skrywer, Digter, Fotograaf |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rudolf matrikuleer in 1983 van Hoërskool Linden waarna hy sy twee jaar verpligte militêre diensplig doen. In 1987 begin hy drama aan die Universiteit van Pretoria te studeer en voltooi sy graad in 1989. Hy sluit vir 'n jaar by die CAPAB-drama maatskappy aan waar hy Shakespeare en ander komedies en dramas opvoer. In 1991 begin hy sy eie teater-maatskappy genaamd Makeshift Moon, wat in oorspronklike Suid-Afrikaanse werke spesialiseer. In 1998 word hy die jongste hoof van die dramaskool in die geskiedenis van die "City Varsity" in Kaapstad. In 2002 verhuis hy na Engeland waar hy homself oor die volgende 8 jaar toespits op sy skryfwerk. In 2009 Publiseer hy sy eerste digbundel, ORPHANED LATITUDES (Red Squirrel Press). In 2010 keer hy terug na Suid-Afrika. Hy woon en werk tans in Johannesburg.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gérard Rudolf, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.