Gereformeerde Kerk Suidkus

Die Gereformeerde kerk Suidkus is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Port Shepstone aan die suidkus van KwaZulu-Natal.

Dit sluit ook onder meer Margate, Port Edward, Hibberdene, Ramsgate en Uvongo in, met ander woorde die hele suidkus suid van Scottburgh tot aan die Oos-Kaapse grens.

Gereformeerde Kerk
Suidkus
Gereformeerde Kerk Suidkus
Vorige naam  Margate (tot omstreeks 1985)
Sluit in  Hibberdene
Ifafa
Margate tot
Port Edward
Pennington
Port Shepstone
Ramsgate
Shelly Beach
Southport
Umtentweni
Uvongo
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  KwaZulu-Natal-Suid
Huidige predikant(e)  J.F.K. (Garrie) Schutte
Belydende lidmate  130
Dooplidmate  7
Adres H.v. Bazley- en
Colleystraat
Port Shepstone
Geskiedenis
Stigtingsdatum  2 Julie 1972
Afgestig van  Vryheid
Eerste predikant  P.C. Kruger (1960–'61)
Gereformeerde Kerk Suidkus
Die Gereformeerde kerk Suidkus, Port Shepstone.
Gereformeerde Kerk Suidkus
Ds. Dirk Wijnbeek, Margate (Suidkus) se leraar van 1975 tot 1977.
Gereformeerde Kerk Suidkus
Ds. P.J. de Klerk, wat sy emeritaat in 1968 in die Gereformeerde kerk Durban aanvaar het, was emeritus-predikant van Suidkus van 1979 tot 1982.

Ontstaan

Die gemeente is op 2 Julie 1972 as die Gereformeerde kerk Margate gestig. Aanvanklik is eredienste in Margate se stadsaal gehou, maar 11 jaar later het die kerkraad die ou kerkgebou van die NG kerk op Port Shepstone gekoop nadat dit vir die NG gemeente Port Shepstone te klein geword en ’n nuwe kerkkompleks in 1983 in gebruik geneem is.

Huidige kerk

Op 14 November 1981 (waarskynlik 1983) is die kerkgebou op die hoek van Bazley- en Colleystraat, Port Shepstone, in gebruik geneem en die hoeksteen onthul. Twee jaar later kon die gemeente ook ’n kerksaal bou, wat in Mei 1983 (waarskynlik 1985) in gebruik geneem is. Met die verhuising na Port Shepstone het die gemeente se naam Suidkus geword. Einde 1997 het Suidkus 248 belydende en 58 dooplidmate gehad, maar einde 2014 was dit onderskeidelik 154 en 16.

Predikante

  1. Van der Walt, dr. Andries Gustaaf Petrus, 1974 (word in dieselfde jaar 'n dosent aan die PU vir CHO)
  2. Wijnbeek, Dirk Hendrik Petrus, 1975–1977
  3. De Klerk, Petrus Jacobus, 1979–1982 (emeritus-predikant)
  4. Meyer, Ernst Walter, 1982–1985 (emeritus-predikant)
  5. Postma, Dirk Jan van Rooy, 1986–1991 (verlaat die bediening)
  6. Coetzee, Petrus Albertus, 1992–2003
  7. Venter, Jan Daniël Philippus, 2003–2008
  8. Schutte, Hermanus Gerhardus, 2009 – hede

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Gereformeerde Kerk Suidkus OntstaanGereformeerde Kerk Suidkus Huidige kerkGereformeerde Kerk Suidkus PredikanteGereformeerde Kerk Suidkus BronneGereformeerde Kerk Suidkus VerwysingsGereformeerde Kerk Suidkus Eksterne skakelsGereformeerde Kerk SuidkusGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHibberdeneKwaZulu-NatalMargateOos-KaapPort EdwardPort ShepstoneRamsgateScottburghUvongo

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusieksimboleBosluisbytkoorsNeo-NazismeMiddelmisbruikRosa Parks7de LaanRenteDachshundFranse RewolusieProvinsies van Suid-AfrikaKernoorlogCurly HowardLaeveldSendelingposisieDubbelpuntNasionale VrouemonumentTemperatuurWortelMaagsweerIngenieursweseOnderwerp (taalkunde)Madison IvyHartversakingPuberteitCorioliskragMenseregteBateSwemKrokodilSpreeuDiarreeHipoteseVolhoubaarheidRassisme in AfrikaDemokrasieDirekte en Indirekte redeDistrik SesAsiëOopbroninhoudAardbewingKankerEkonomieLeierKlereKarakteriseringZack du PlessisGrootste rampe in Suid-AfrikaAkademiaArabiesSteve HofmeyrBotswanaMenslike skeletRuan PienaarDigtheidBruto binnelandse produkBeëdigde verklaringSkaakLeierskapElana AfrikaVerantwoordelikheidSwitserlandGriekse teaterBruin huisslangPlastiekVraag en aanbodBreinvliesontstekingNarkoseLien se lankstaanskoeneKarpaletonnelsindroomGreta ThunbergVoëlWaterkringloopWikipediaWiskundige terminologieBrandstof🡆 More