Peet Malan

Ds.

Petrus Jacobus Malan (noemnaam Petrus of Peet, Pietermaritzburg, Natal, 26 Maart 1934 – Winklespruit, Natal, 5 Julie 1977 was tussen 1961 en sy dood in die ouderdom van 43 jaar predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk (GKSA).

Petrus Malan
 Petrus Malan
Petrus Malan

Naam Petrus Jacobus Malan
Geboorte 26 Maart 1934
Pietermaritzburg, Natal
Sterfte 5 Julie 1977 (op 43)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Noordrand (1961–'66)
Dordrecht (1966–'76)
Ficksburg (1976–'77)
Jare aktief 1960–1977
Kweekskool Potchefstroom

Herkoms en jeug

Malan was een van vier kinders, drie seuns en ’n dogter. Sy oudste broer, dr. C.J. Malan, is reeds in 1955 in die gemeente Krugersdorp-Wes bevestig, het daarna nog vyf gemeentes bedien en in 1994 sy emeritaat aanvaar. Hy het omstreeks 2017 nog hulpdiens in die Gereformeerde kerk Kleinmond verrig. Hul ander twee sibbes was Jacobus en Leonie.

Peet Malan 
Malan, sy vrou, Mienie, en hul oudste twee seuns, Johan (links) en Jaco, die oudste kind. Later sou ook nog Annalie en Marius volg.

Die gesin het in 1937 na Johannesburg verhuis, waar ds. Malan eers die Laerskool Jubileum in Mayfair-Wes bygewoon het en daarna aan die Hoërskool D.F. Malan in Crosby gematrikuleer het, sowat vyf jaar voor die operasangeres Marita Napier, toe nog Marita Jacobs.

Gemeentebediening

Nadat hy in 1960 sy teologiese studie aan die Teologiese Skool Potchefstroom voltooi het, is hy in 1961 in sy eerste gemeente, Noordrand, bevestig. Sy en sy vrou, Mienie Geyer, ’n onderwyseres met wie hy in sy eerste jaar in die bediening getroud is nadat hulle jare lank ’n studenteverhouding gehad het, sê eerste pastorie het op die hoek van ’n blomplaas gestaan. Van sy eerste gemeente was hy ook die eerste predikant, want Noordrand het pas op 27 November in die vorige jaar afgestig van Florida, Krugersdorp en Linden. Sy uitgestrekte arbeidsveld het gestrek van Fairland af oor Honeydew tot anderkant Lanseria by Renosterspruit en daarvandaan tot by die Sterkfonteingrotte, alles noord van die Wes-Rand. Die gemeente het omtrent om die helfte uit lidmate van Florida en Krugersdorp bestaan. Die twee groepe was gekonsentreer onderskeidelik by Wilgespruit en Muldersdrift. Noordrand het 'n kerkgebou by Wilgespruit van Florida geërf wat vir buitedienste en katkisasie gebruik is.

Vyf jaar later het ds. Malan ’n beroep aangeneem na die kombinasie Dordrecht-Indwe, waar hy op 28 Augustus 1966 bevestig is en 10 jaar lank gewerk het. So kon hy Dordrecht se eeufees op 6 Maart 1969 meemaak. Hy is op 4 Maart 1967 tot sameroeper van die Historiese Kommissie benoem wat, benewens die opdrag om stof en foto's te versamel vir die Eeufeesgedenkboek, ook as Reëlingskommissie van die eeufees aangestel is.

In 1976 het die gesin, wat aangeroei het tot vier kinders, Jaco, Johan, Annalie en Marius, na die gemeente Ficksburg verhuis, maar net vir 18 maande, want op 5 Julie 1977 is ds. Malan oorlede terwyl hy en sy gesin vakansie aan Natal se Suidkus gehou het. Hy het blykbaar verdrink.

Waardering

J. Venter skryf in die Almanak van die GKSA vir 1977: "Ons dink met groot dankbaarheid terug aan die mooi werk wat ds. Malan deur God se genade verrig het. Werk wat hy met die uiterste getrouheid en nougesetheid gedoen het. Hy was ’n stil soort mens maar tog (aan) die voorpunt om leiding te gee op die kerklike en kulturele akker. Daarby was hy steeds student en besig met sy Th.M.-graad. Ons het as studentemaats ’n lojale vriend begrawe; iemand wat altyd intens belang gestel het in die wel en wee van sy naaste."

Volgens oorlewering het die lidmate van die ander kerke in sy dienstyd op Dordrecht gesê: "Wys my 'n Christen en ek wys julle ds. Malan."

Bronne

  • (af) Venter, ds. J. in De Bruyn, ds. F.P.R. et al. 1977. Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1978. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Verwysings

Tags:

Peet Malan Herkoms en jeugPeet Malan GemeentebedieningPeet Malan WaarderingPeet Malan BronnePeet Malan VerwysingsPeet Malan1934197726 Maart5 JulieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNatalPietermaritzburgWinklespruit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige algemene intelligensieHematurieAppel (sanger)GlasLodewyk XVI van FrankrykPornografiese akteurLetterkundeMisdaadEkonomiese sektorRacheltjie de BeerDemi Lee MooreAardkorsVier temperamentePrimêre sektor van die ekonomieDuitslandFiksieGordelroosHage GeingobJan de WetEliza ScanlenTylaBestuiwingGrieksNaaldekokerCristiano RonaldoMielieVeselDuitse maselsWiki CommonsMenseregtedagEwe getalEpilepsieEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBernice WestSeksueel oordraagbare infeksieHoofkarakterSeksismePaarl GimnasiumWaterkringloopWeer (meteorologie)MieliestronkAanval op Pearl HarborGrondwetSout (chemiese stof)SelfoonNederduitsch Hervormde KerkMuishondMangelontstekingSaartjie BaartmanRobbeneilandMenslike-ontwikkelingsindeksAfrikaanse TaalmonumentFilosofieMorfeemPornografieWikipediaKarooHTMLTwaalf Stamme van IsraelBeurtkragJesus van NasaretKindermishandelingSonpaneelTikTokStaalReënPaasfeesChristendomLionel MessiSuid-Afrikaanse randLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKoorsblaarOnderwerp (taalkunde)Byvoeglike naamwoordWetenskaplike klassifikasie🡆 More