Gereformeerde Kerk Vryheid

Die Gereformeerde kerk Vryheid is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die KwaZulu-Natalse dorp Vryheid wat onder meer ook die dorpe Paulpietersburg (waar eens ook 'n Gereformeerde gemeente was), Babanango en Louwsburg insluit.

Gereformeerde Kerk
Vryheid
Gereformeerde Kerk Vryheid
Sluit in  Babanango
Coronation
Glückstadt
Hlobane
Louwsburg
Paulpietersburg
Scheepersnek
Ulundi
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  KwaZulu-Natal
Huidige predikant(e)  Vakant
Belydende lidmate  77
Dooplidmate  30
Adres H.v. Wes- en
Kerkstraat, Vryheid
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1887
Eerste predikant  Ds. Derk Rumpff (1910–'13)
Gereformeerde Kerk Vryheid
Die huidige kerkgebou is in 1974 opgerig en sluit aan by die ou kerkie, wat van toe af as saal gebruik word.
Gereformeerde Kerk Vryheid
Die ou Gereformeerde kerk Vryheid. Die besluit om dit te bou is in 1929 geneem.
Gereformeerde Kerk Vryheid
Ds. P.C. (Blackie) Kruger lê op 6 Desember 1958 die hoeksteen van die verbouings aan die kerk van 1929.
Gereformeerde Kerk Vryheid
Die beskrywing van dié foto uit die Tweede Vryheidsoorlog lui: "First winter race meeting, Vryheid. Officer extreme right foreground quartermaster Huxford. On skyline ambulance for emergencies. Large building Dopper church rapidly tumbling to pieces. Bearded gentleman extreme left – Rev. Kantrowitch, Jewish Rabbi."

Geskiedenis

Vryheid is in 1897 as die eerste Gereformeerde kerk in die huidige provinsie KwaZulu-Natal gestig, maar kerklik het dit, soos Paulpietersburg (1899–1951), onder Transvaal geval omdat dié gebied eers deel was van die Nieuwe Republiek.

Volgens een weergawe van die geskiedenis van die gemeente was die eerste kerkgebou net in aanbou toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek. Die gebou was reeds dakhoogte, maar die Britse soldate het dit afgebreek en die boumateriaal gebruik om ’n fort mee op te rig. Volgens 'n onderskrif by 'n foto van die ou kerk, is dit voltooi, maar was dit tydens die oorlog bouvallig, wat kan verklaar waarom dit afgebreek is. Ná die Driejarige oorlog het die gemeente vir eredienste byeengekom in die kerkgebou van die Sewendedagadventiste. Die gemeente Vryheid het dié gebou later gekoop. Die ou preekstoel van die Gereformeerde kerk Johannesburg in Fordsburg en verkry en ’n Statebybel geskenk, maar in 1920 besluit die kerkraad om die gebou te verkoop omdat nie meer aan die gemeente se behoeftes voldoen het nie.

In 1929 het hulle ’n saal van 30 by 60 voet gebou met twee konsistoriekamers daarby. In 1958, in ’n tyd toe die belydende lidmate 191 en die dooplidmate 133 getel het, is ’n vleuel aangebou, maar mettertyd het hierdie gebou ook ondoelmatig geword. In 1974 het bouwerk aan die derde kerk begin. Dié ruim gebou is so ontwerp dat dit aansluit by die ou kerkie, wat van toe af as saal dien.

Tydens die samesmelting van die Klassisse KwaZulu-Natal-Suid en -Noord het die gemeente op 12 Maart 2024 deel geword van die nuwe klassis.

Predikante

  1. Rumpff, Derk, 1910–1913 (Standerton-kombinasie)
  2. Coetzee, Jan Viljoen, 1916–1918 (leraar van Piet Retief)
  3. Van der Walt, Johannes Christiaan, 1919–1924 (leraar van Piet Retief)
  4. Van den Berg, Jacobus Petrus, 1930–1936 (Durban-kombinasie), 1936–1946 (Pietermaritzburg)
  5. Malan, Daniël Francois, 1947–1949 (as leraar van Pietermaritzburg), 1949–1950 (eerste eie leraar), 1953–1955
  6. Norval, dr. Ernst Jacobus Gustavus, 1951–1953
  7. Kruger, Philippus Cornelius, 1957–1961
  8. Lessing, Francois Jacobus Du Toit, 1962–1966 (gebore 21 Februarie 1936)
  9. Britz, Johannes Christoffel, 1969–1971
  10. Van der Walt, Hendrik Jacob, 1973–1976
  11. Venter, Jurie Johannes, 1976–1979 (verlaat die bediening)
  12. Kruger, Christiaan, 1980–1983
  13. De Beer, Pieter Gert Wessel, 1983–1989
  14. De Klerk, dr. Theunis Christiaan, 1990–1998
  15. De Wet, dr. Friedrich Wilhelm (Fritz), 1998–2004
  16. Dreyer, Thomas Frederick, 2005–2007
  17. De Jager, Andries Petrus, 2007–2011
  18. Van den Heever, Werner, 2012 – 2016 (aanvaar 'n beroep na die Gobabis)
  19. Werner Brotherton, 2016 – 2024 (aanvaar 'n beroep na die Heidelberg)

Predikantegalery

Bronne

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Vryheid GeskiedenisGereformeerde Kerk Vryheid PredikanteGereformeerde Kerk Vryheid PredikantegaleryGereformeerde Kerk Vryheid BronneGereformeerde Kerk Vryheid Sien ookGereformeerde Kerk Vryheid Eksterne skakelsGereformeerde Kerk VryheidBabanangoGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk PaulpietersburgKwaZulu-NatalLouwsburgPaulpietersburgVryheid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KarooHerfsMorfeemVleilandWet op Bantoe-onderwysIndiëWilna SnymanWoordGianna MichaelsDie GelofteBosbokLeierHeelgetalDiarreeMaselsLys van kinderspeletjiesUniegebouAmateurradioDieregeluideSenuweestelselAppel (sanger)AkuutNetbalCradock-4WiskundeNatuurbewaringHorlosieCovid-19-pandemieGeletterdheidStollingsgesteenteAl-FatihaRobbeneilandWerwelkolomTurkyeRooipandaInternetAardedagNaaldekokerLieweheersbesieBloeddrukLionel PetersonPrimêre sektor van die ekonomieVeerWêreldboekedagGeslagsgelykheidBorsAfrikaanse woordelys en spelreëlsWikiquoteDurbanDesimale breukeWoordsoortWinterWisselkoersSosiale mediaSweedsResensieRoesKlimaatTamboraHoofletterRugbyStedelike hitte-eilandLidwoordKortverhaalEnkelvoudige sinSkilpadArabies23 AprilHulpwerkwoordSatellietKarretjiemenseSuid-AfrikaWiki CommonsLiewe HeksieOlimpiese SomerspeleVeelvoudige sinDroogte🡆 More