Gereformeerde Kerk Silverton

Die Gereformeerde kerk Silverton is die vierde oudste gemeente in die Gereformeerde Kerk se Klassis Oostelike Pretoria.

Met 153 belydende en 40 dooplidmate was dit einde 2014 ook die kleinste van die oorwegend wit gemeentes in dié klassis wat uit 11 gemeentes bestaan.

Gereformeerde Kerk
Silverton
Gereformeerde Kerk Silverton
Sluit in  Brummeria
Georgeville
Lydiana
Lynnwood Manor
Navors
Val de Grace
Weavindpark
WNNR-terrein
Klassis  Oostelike Pretoria
Huidige predikant(e)  Wicus van der Vyver
Belydende lidmate  144
Dooplidmate  34
Adres Presidentstraat 530
Silverton
Pretoria
Geskiedenis
Stigtingsdatum  13 Augustus 1958
Afgestig van  Pretoria-Brooklyn
Eerste predikant  Dr. P.J. de Bruyn (1959–1964)
Gereformeerde Kerk Silverton
Die Gereformeerde kerk Silverton is in Augustus 1962 in gebruik geneem.
Gereformeerde Kerk Silverton
Ds. F.R.P. de Bruyn, die leraar van 1964 tot 1967, toe hy in 1961 die vierde jaar agtereenvolgens gekies is as sekretaris van die PU vir CHO se studenteraad. Hy was 'n oudleerder van die Potchefstroom Gimnasium.
Gereformeerde Kerk Silverton
Ds. L.J. van der Merwe, predikant van 1968 tot 1971.
Gereformeerde Kerk Silverton
Ds. Niko Vorster, predikant van 1971 tot 1977.
Gereformeerde Kerk Silverton
Ds. Lammert Stavast, leraar met evangelisasie-opdrag van Silverton en Pretoria van 1974 tot 1977.
Gereformeerde Kerk Silverton
Ds. S.A. Cilliers, leraar van 1986 tot 1997, hier afgeneem in sy laaste jaar aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1977.
Gereformeerde Kerk Silverton
Ds. Wicus van der Vyver is in 2002 as GK Silverton se predikant bevestig.

Stigting

Silverton het op 13 Augustus 1958 ontstaan uit die afstigting van die noordoostelike wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn. Ook van Brooklyn het die Gereformeerde kerk Waterkloofrand op 16 Junie 1963 afgestig en eindelik ook die Gereformeerde kerk Pretoria-Alkantrant op 3 November 1974, terwyl twee gemeentes wat aan die westekant van Pretoria-Brooklyn ontbind het weens die wegtrek van lidmate, Pretoria-Oos en -Sunnyside, in 2003 by Pretoria-Brooklyn ingeskakel het. Op 1 Augustus 1971 het Silverton haar eerste en enigste dogtergemeente afgestaan met die afstigting van Meyerspark.

Kerkbou

Aan die begin het Silverton se lidmate in Silverton se stadsaal eredienste gehou. ’n Boukommissie is kort ná afstigting aangewys met die oog op die oprigting van ’n pastorie en kerk. Sommige lidmate het beswaar gemaak teen die erf wat die boukommissie bekom het, omdat dit volgens hulle te na aan die plaaslike Rooms-Katolieke kerkgebou geleë was. Eers nadat hul besware uit die weg geruim is, kon die kerkraad oorgaan tot die bouery. Die gebou het die tipiese A-raam van die Afrikaanse kerke van destyds met staalbalke wat van die grond af opwaarts loop en waarop die dak rus. Die kerk is op 25 Augustus 1962 in gebruik geneem.

Predikante

  1. De Bruyn, dr. Paulus Jacobus, 1959 – 1964
  2. De Bruyn, dr. Frans Roelof Petrus, 1964 – 1967
  3. Van der Merwe, Lodewikus Johannes, 1968 – 1971
  4. Vorster, Nikolaas, 1971 – 1977
  5. Stavast, Lammert Hendrik, 1974 – 1977 (met evangelisasie-opdrag in kombinasie met Pretoria)
  6. Kruger, Markus Petrus, 1975 – 2001 (sendeling De Hoop)
  7. Botha, Johannes, 1977 – 1985
  8. Cilliers, Sarel Arnoldus, 1986 – 1997
  9. Van Rooy, Henri Charles, 1998 – 2002
  10. Van der Vyver, Lodewicus du Plessis, 2002 – hede

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerk Silverton StigtingGereformeerde Kerk Silverton KerkbouGereformeerde Kerk Silverton PredikanteGereformeerde Kerk Silverton BronneGereformeerde Kerk SilvertonGereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Graaff-ReinetGoogle MapsMenseregteNasionaal-SosialismeArabiesLeierAfro-AmerikanersEuropaKaapstadSpelerposisies in rugbyJohnny RapidLeestekenVaste stofIngrid JonkerEkonomiese sektorSonja HerholdtGoogle TranslateJohannesburgAkkedisKewerLys van elemente volgens simboolBloukraanvoëlLangste woordRooibloedselMusieksimboleDuitse maselsStaat PalestinaLongontstekingSelfoonKaapse VlakteKolonisasieBruin huisslangOseanografieElektroniese of digitale mediaDiskriminasieDysselsdorpBosluisbytkoorsVioolNelson MandelaLys van NG gemeentesKersfeesBraaiMenslike seksuele gedragWerkwoordInligtingOnderwysJaco JacobsLyfstraf in skoleRassisme in AfrikaMag (sosiale wetenskappe)KriekVlekvrye staalBeroerteHemelvaartsdagAartappelAfrikaanse naguilWinterSomerSwartrenosterN.P. van Wyk LouwGoudHolocaustSelfvertroueLeierskapWaarheid-en-versoeningskommissieThomas EdisonSendelingposisieVars waterNederduitse Gereformeerde KerkKernoorlogArmoedeverligtingBalletWhatsAppRomeinse Ryk🡆 More