Gereformeerde Kerk Waterkloofrand

Die Gereformeerde kerk Waterkloofrand is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die ooste van Pretoria wat voorstede soos Brooklyn-Suid, Erasmuskloof, Nieuw-Muckleneuk, Sterrewag, Waterkloof en Waterkloofrif insluit.

Einde 2014 het die gemeente 297 belydende en 77 dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 345 en 112 einde 2001. Einde 2015 het dit toegeneem tot 314 belydend en 85 doop.

Gereformeerde Kerk
Waterkloofrand
Gereformeerde Kerk Waterkloofrand
Sluit in  Brooklyn-Suid
Erasmuskloof
Monumentpark
(oos van R21)
Nieuw-Muckleneuk
Sterrewag
Waterkloof
Waterkloofhoogte
Waterkloofrif
Klassis  Oostelike Pretoria
Huidige predikant(e)  Gerben Meijer
Belydende lidmate  320
Dooplidmate  59
Adres H.v. Lange
en Deystraat
Nieuw-Muckleneuk
Pretoria
Geskiedenis
Stigtingsdatum  16 Junie 1963
Eerste predikant  B. Spoelstra (1964–1970)

Stigting en kerkbou

Waterkloofrand het op 16 Junie 1963 uit wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn ontstaan. Reeds in 1964 het die kerkraad die kerksaal van die NG gemeente Waterkloof (gestig in 1957) aangekoop. In 1968 besluit die gemeente om ’n kerkgebou op te rig waarvan die argitek David van der Walt, ’n lidmaat, sou wees. Die kerkraad het onder meer vereis dat die Woordbediening sowel as die sakramente ’n plek in die liturgiese ruimte moes vind met die Nagmaaltafel as middelpunt. Natuurlike en permanente materiaal moes gebruik word om onderhoud te beperk. Die gebou moes sober dog smaakvol wees en die mure hoog met vertikale lyne. Die orrel moes nie prominent voor in die kerk geplaas word nie. Bob Zylstra, ook ’n lidmaat, is as bouaannemer aangestel.

Predikante

  1. Spoelstra, dr. Bouke, 1964 – 1970
  2. De Wet, Petrus Johannes, 1971 – 24 Maart 1985 (oorlede in die amp)
  3. Van der Walt, J.H.S., 1974 – 1980 (blykbaar uit die bediening)
  4. Hattingh, Christiaan, 1981 – 1987 (waarna eerste leraar van Rietvallei)
  5. Smit, dr. Cornelis Johannes, 1986 – 1995
  6. Breed, dr. Douw Gerbrand, 1995 – 2019
  7. Meijer, Gerben, 2020 – hede

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PerdEerste WêreldoorlogSelfieDeelstate van die Verenigde State van AmerikaGebande muishondSinoniemSesnasies-toernooiRooikatGemengde ekonomieTropiese huisgeitjieMorfologie (taalkunde)WerwelkolomAnneli van RooyenWaterhertWiki CommonsNagmaalBoeberDuitse perdebyProvinsies van Suid-AfrikaIntensiewe vormSemenBorskankerEstlandAfrikaanse woordelys en spelreëlsSmaakKrokus Stadsaal-aanvalJeugdagDroogteDiplopodaOlimpiese godeKatOos-KaapMarsSuid-AfrikaLys van Suider-Afrikaanse soogdierePapegaaieAnnelize van der RystMeervoudGianna MichaelsBateMartin BesterFiksieAnette EngelbrechtSeksueel oordraagbare infeksieAbstraksie (rekenaarwetenskap)Oosters-Ortodokse KerkKolitisSlaapapneeGetalOrtopedieBloeddrukLandbouOrganometaalchemieMaagsweerVergelykings (taalkunde)AsiëMediaWikiWeeluisGeorgiëHartversakingSusan CoetzerJeuksiekteHeliosfeerAntieke EgipteSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVolksrepubliek ChinaTikTokRynhesseHekseryNederland🡆 More