Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos

Die Gereformeerde kerk Pretoria-Oos was die tweede oudste gemeente van die Gereformeerde Kerk in Pretoria en is in 1930 gestig, 71 jaar ná die eerste.

Gereformeerde Kerk
Pretoria-Oos
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Sluit in  Arcadia, Sunnyside
Klassis  Oostelike Pretoria
Huidige predikant(e)  P.J. Geertsema (laaste)
Belydende lidmate  159 (2003)
Dooplidmate  13 (2003)
Adres Troystraat 35
Sunnyside
Geskiedenis
Stigtingsdatum  30 Desember 1930
Afgestig van  Pretoria
Eerste predikant  P.J.S. de Klerk
Datum ingelyf  2003
Ingelyf by  Pretoria-Brooklyn
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Die kerkgebou in Troyestraat, afgeneem in 2017, 14 jaar nadat die gemeente ontbind het. Dit huisves The Light Reformed Community Church.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Die kerkgebou, geskets deur Pierneef.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Dr. Philippus Jacobus Stephanus de Klerk, van 1930 tot 1949 die eerste leraar. Sy vrou, Johanna, het die leiding in die stigting van ’n Gereformeerde Sustersvereniging in die gemeente geneem.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Di J.V. Coetzee (links) en T.T. Spoelstra. Laasgenoemde was van 1950 tot 1958 leraar van die gemeente en daarna die eerste predikant van Pretoria-Sunnyside tot 1965.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Ds. (later prof.) Hugo du Plessis was van 1932 tot 1950 as sendingleraar aan die gemeente verbonde.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Dr. Klaas Speleveld van Wyk de Vries, leraar van 1958 tot sy dood op 10 Oktober 1978.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos
Ds. Niko Vorster, predikant van 1984 tot 1996, sy laaste gemeente.

Weens die ingrypende demografiese veranderinge binne die gemeentegrense is Pretoria-Oos in 2003 ontbind, dieselfde jaar as die aanliggende Pretoria-Sunnyside. Die gemeente het gedeeltes van die digbevolkte woonstelgebiede Sunnyside en Arcadia beslaan. In die laaste jaar van sy bestaan, toe dit die kleinste gemeente in die Klassis Suidelike Pretoria was, was daar 245 belydende en vyf dooplidmate. Die laaste leraar was ds. P.G. Geertsma. Die kerkgebou is by Troyestraat 174, Sunnyside.

Aanleiding tot afstigting

In die oostelike wyke van die Gereformeerde kerk Pretoria is vanaf 1927 aktief gewerk onder leiding van die Kommissie Pretoria-Oos met die oog met die stigting van ’n tweede Gereformeerde gemeente in die stad omdat die ou moedergemeente met sy 2 148 siele toe veels te groot geword het om te bearbei. Die geografiese grense was ook so wyd dat dit moeilik was om al die lidmate te bereik. Destyds het die Nederduitse Gereformeerde Kerk reeds ses gemeentes in die Jakarandastad gehad, naamlik die moedergemeente (1854), Eloffsdal (1908), Pretoria-Oos (1920), Daspoort (1922), Pretoria-Wes (1925) en Pretoria-Noord (1928).

In 1928 het die moedergemeente die erf in Troyestraat gekoop en op 12 April die volgende jaar is besluit om nie ’n saal nie, maar ’n kerkgebou op te rig. Geld moes nog bymekaargemaak word, maar reeds in April 1930 is met die bouwerk aan dié sjarmante kerkgebou begin. Twee lidmate uit dié gedeelte van die moedergemeente het ’n leidende rol in die bouwerk gespeel: Pieter Dykstra as argitek en L. Dekker as bouaannemer. Alles het fluks gevorder sodat die hoeksteen plegtig op 30 September 1930 gelê kon word. So het dit gebeur dat die oostelike wyke van Pretoria en die noordelike wyke wat toe nog deel was van die munisipaliteit Innesdal, ’n kerk begin bou het voor die afstigting van Pretoria se tweede Gereformeerde gemeente bekragtig is. Eers op die voorlaaste dag van daardie jaar, 30 Desember 1930 het die afstigting van Pretoria-Oos plaasgevind. Dadelik was dit, vir die Gereformeerde Kerk, ’n groot gemeente met 511 belydende en 440 dooplidmate.

Kerkgebou

Die kerkgebou beslaan nie ’n groot oppervlakte nie, maar bied tog sitplek aan 480 kerkgangers. Dit was vir ’n groot deel van die gemeente se bestaan nodig omdat dit een van die grootste Gereformeerde gemeentes was. Die sitplekke is ekonomies gerangskik in ’n halfmaan om die preekstoel en op drie galerye. Die oostelike galery is in 1937 ingebou en die twee ander in 1957. Die houtpreekstoel staan in ’n skulpvormige houtnis en verleen ’n intieme karakter.

Die kerkklok is eers ná die inwyding van die kerk aangebring en eers op 17 September 1933 vir die eerste keer gelui. Die Duitse Walcker-orrel is op 18 Desember 1937 in gebruik geneem toe die huisorrel, wat ouderling F. van der Stoep tot in daardie stadium bespeel het, geskenk is vir gebruik in die kerksaal van die gemeente Innesdal. Hettie Lessing het die nuwe orrel van Maart 1938 tot April 1977 bespeel.

Veral die jeugverenigings en die vrouelidmate van die gemeente het die behoefte aan ’n kerksaal sterk gevoel. So het die kerkraad in 1943 opdrag gegee dat ’n saalboufonds gestig word. Pieter Dykstra was ook vir dié plan verantwoordelik, maar die boubeperkings wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gegeld het, het dit in die wiele gery. Eers op 11 Februarie 1950 kon die saal se hoeksteen gelê word. Op 28 April daardie jaar is die saal ingewy en die Van Tilburg-gedenksaal genoem omdat die volle koste gedek is deur die boedel van ouderling J.D. van Tilburg. Dié saal is egter in 1964 gesloop om plek te maak vir die jeugtuiste Ararat.

Die gemeente Pretoria-Sunnyside het in 1958 van Pretoria-Oos afgestig, maar moeder en dogter het albei in 2003 eengeword met Pretoria-Brooklyn, wat in 1949 van Pretoria-Oos afgestig het.

Leraars

  1. De Klerk, Philippus Jacobus Stephanus, 1930–1949, waarna professor aan die Teologiese Skool tot 1961
  2. Hugo du Plessis, 1932–1950 (sendelingleraar)
  3. Spoelstra, Tjibbe Thomas, 1950–1958, (waarna eerste leraar van die dogtergemeente Pretoria-Sunnyside tot 1965)
  4. Van Wyk de Vries, dr. Klaas Speleveld, 1958 – 10 Oktober 1978 (oorlede in die amp)
  5. De Jager, Johannes Jacobus, 1976–1984
  6. Lessing, Johannes Christiaan, 1979–1980
  7. Malan, Cornelius Johannes, 1981–1998
  8. Vorster, Nikolaas, 1984–1996 (aanvaar sy emeritaat)
  9. Coetzee, Hendrik Stephanus, 1987–1990
  10. Geertsema, Paul Geert, 1996–2004 (waarna Pretoria-Brooklyn tot 2009)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Gereformeerde Kerk Pretoria-Oos Aanleiding tot afstigtingGereformeerde Kerk Pretoria-Oos KerkgebouGereformeerde Kerk Pretoria-Oos LeraarsGereformeerde Kerk Pretoria-Oos BronneGereformeerde Kerk Pretoria-OosGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk PretoriaPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Die Laaste Avondmaal (Leonardo)MosambiekkanaalTuberkuloseWitbloedselAnglo-BoereoorlogE-posLeonardo da VinciCheslin KolbeAarverkalking1990PersoonlikheidRob HersovPeriodieke tabelApartheidRymGasHoofpynNaaldekokerFeminismeDistillasieTamatieDemografie van Suid-AfrikaWaterstofGipsKlimaatveranderingSpinnekopEngelandOmgewingsbeheerBosluisbytkoorsTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)BysteekMantisRenaissanceDiskriminasieMusieksimboleMenstruasiePubiese hareWapen van Suid-AfrikaVoedselkettingMaatskappyFisiese oefeningAnilingusSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKimberleyKarakteriseringVoortrekkermonumentMenslike seksuele gedragAngolese BurgeroorlogTweede VryheidsoorlogJagluiperdNedersettingMonumentVolstruisBank (finansiële instelling)NamibiëEkologieIndustriële RevolusieDroomTuisbladKleurSpelerposisies in rugbySwartbewussynsbewegingRosa ParksBeurtkragTradisionele literatuurKrugerwildtuinDroogteKapitalismeSiya KolisiWinnie Madikizela-MandelaLeestekenSimboolLieweheersbesieRooibokSeisoenVoornaamwoord🡆 More