Potchefstroom Gimnasium

Potchefstroom Gimnasium is ’n staatshoërskool in Potchefstroom, Noordwes, wat onderrig in Afrikaans aan leerders van gr.

8 tot 12 bied.

Potchefstroom Gimnasium
Leerlinge en personeel van die Voorbereidende Skool (later Gimnasium) en studente en dosente van die Teologiese Skool Potchefstroom voor laasgenoemde se eerste gebou op Potchefstroom, 1913.
Potchefstroom Gimnasium
Die personeel in 1916. Agter: Johan Schutte, Sarel Yssel, L.J du Plessis, D.J. Van Rooy. Voor: Hester Duvenage, mej. Zerwick, J.J.A. (Ad) Coetzee, skoolhoof, M.M. Aucamp en G. Mustra. Een naam ontbreek.
Potchefstroom Gimnasium
Leerders en personeel van die Potchefstroom Gimnasium op die grasperk voor die skoolgebou, jaartal onbekend.
Potchefstroom Gimnasium
Ad Coetsee was in 1903 lid van die Orangia Football Club op Burgersdorp.

Ontstaan

Die skool het ontstaan uit die Teologiese Skool Burgersdorp van die Gereformeerde Kerk wat in 1869 gestig is om in die behoefte aan predikante vir dié kerkverband te voorsien. Die Teologiese Skool het ook onderrig aan sekondêre leerders gebied ter voorbereiding op hul teologiese studie aangesien godsdiensonderrig aan staatskole in die Kaapkolonie in 1865 gestaak is.

Die Voorbereidende Skool het in 1907 onder beskerming van die Teologiese Skool op Potchefstroom ontstaan nadat laasgenoemde begin 1905 volgens ’n besluit van die Gereformeerde Sinode op Middelburg, Kaap, daarheen verhuis het. Die Voorbereidende Skool se stigters was proff. Jan Kamp, A.P.C. Duvenhage, Jan Lion Cachet, Ferdinand Postma en dr. J.D. du Toit, indertyd leraar van die Gereformeerde kerk Potchefstroom. Prof. Kamp het baie jare lank die Nederlandse taal en letterkunde aan die leerlinge onderrig, was tot 1915 lid van die skoolkomitee (ook as sekretaris) en vanaf 1921 lid van die beheerraad van Potchefstroom Gimnasium. Hy het op 'n heel beskeie wyse 'n besonderse invloed op die gees en rigting van Potchefstroom Gimnasium uitgeoefen en was tot en met sy dood in 1924 in noue kontak met die skool.

In sy eerste jaar het die Voorbereidende Skool ses leerlinge in st. 4 tot 7 gehad wat klas geloop het in die Teologiese Skool se biblioteek. Die eerste onderwyser was H.J.J. (lord John) van der Walt, wat later hoof geword het van die driedelige onderwysinstelling van die Gereformeerde Kerk op Steynsburg. Danksy ds. W.J. de Klerk, Totius se opvolger as predikant van die plaaslike Gereformeerde kerk, se onvermoeide geesdrif het die Potchefstroom Gimnasium in 1915 en die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys (nou die Potchefstroomse Kampus van die Noordwes-Universiteit) in 1919 tot stand gekom.

Ad Coetsee, eerste hoof

Ad Coetsee het op 15 Julie 1908 as enigste onderwyser en hoof van die Voorbereidende Skool op Potchefstroom sy lang onderwysloopbaan aan en verbintenis met die Gimnasium begin.

Hiervoor moes hy ’n permanente onderwyspos aan die Albert Academy op Burgersdorp, ’n gevestigde skool (met goeie pensioen- en diensvoorwaardes), prysgee vir 'n klein beginnerskooltjie met 12 leerlinge, saamgehok in ’n ontoereikende biblioteeklokaal, teen ’n karige salaris van £10 per maand (sonder pensioen). Ook moes hy help om die geld vir sy salaris te in. Die skool het onder sy hoofskap en bekwame leiding tot so ’n mate ontwikkel en groter finansiële eise gestel, dat dit in 1915 'n staatskool geword het. Hy het die meeste daartoe bygedra het dat die Potchefstroom Gimnasium as staatskool sy Christelik-nasionale karakter behou het. Ds. J.V. Coetzee het in die feesuitgawe van die skoolblad (1907–1982) van hom geskryf: "Hy het sy stempel van verdraagsaamheid, stille leiding en algemene menslikheid op sy personeel en leerlinge afgedruk. Hy het hom veral beywer vir die karaktervorming van die jeug op Christelik-nasionale grondslag en het ook veel vrug van sy arbeid gesien in die belangrike plekke in die samelewing wat baie van sy oudleerlinge beklee.”

Van sy leerlinge het onder andere drie ministers, die eggenote van ’n eerste minister, talle professore, predikante, onderwysers, vele ander professionele beroepslui, vooraanstaande sakelui en boere, asook sporthelde en kultuurbouers geword. Die Christelike Opvoedkundevereniging het hom vereer en bekroon met ’n erelidmaatskap. In 1938 moes hy, op versoek van die Transvaalse Onderwysdepartment, van sy hoofskap afstand doen omdat sy kwalifikasies ontoereikend was toe die skool hergradeer is. Hy het dié teleurstelling te bowe gekom en nog vyf jaar lank as assistentonderwyser aan die skool onderwys gegee.

Noemenswaardige oudleerders

Verwysings

Tags:

Potchefstroom Gimnasium OntstaanPotchefstroom Gimnasium Ad Coetsee, eerste hoofPotchefstroom Gimnasium Noemenswaardige oudleerdersPotchefstroom Gimnasium VerwysingsPotchefstroom GimnasiumAfrikaansNoordwesPotchefstroom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

633SmeltpuntAtoomMonopolieVennootskapVoedingBeesvleisRassisme in AfrikaTafelsoutSanskritHart23 AprilRobbeneilandKappie (skryfteken)NG gemeente JansenvilleErica BoyerDiarreeMagnesiumDroogteYsterLongGrondsoorteBosluisbytkoorsRina HugoMagnetismeDrakensbergeLys van Afrika-landeElandréNoord-Sotho (taal)WortelKoperBernice WestGriepEkonomiePesachAdolf HitlerVergelykings (taalkunde)KangaroeLys van slangeGeboorteDaggaAustraliëAkroniemEthiopiëWaterbesoedelingBesnydenisFotosinteseNamibiëAfrikaanse taalleerDistrik SesWapen van NamibiëByLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KoorsblaarUniegebouPlaattektoniekKondensasieNasionale VrouedagLieweheersbesieProvinsies van Suid-AfrikaHeidelberg, GautengLetterlike en figuurlike taalgebruikRoofdierGeskiedenis van kindermishandelingAartappelVincent van GoghHernubare energieMiddeloorontstekingTweede VryheidsoorlogVoegwoordIoonTegnologieVersamelnaamStereotipeKultuurPolisieVagina🡆 More