Gendertransisie

Gendertransisie is die proses om 'n mens se genderuitbeelding of geslagseienskappe te verander om oor te stem met sy innerlike sin van genderidentiteit – die idee van wat dit beteken om 'n man of vrou te wees, of om niebinêr of genderqueer te wees.

Vir transgender en transseksuele mense behels dié proses gewoonlik heraanwysingsterapie (wat hoormoonvervanging en/of chirurgie kan behels). Transisie is egter nie noodwendig medies van aard nie. Fopdossers sal gewoonlik nie 'n transisie ondergaan nie, want hulle genderuitbeelding is dikwels net tydelik van aard.

Transisie begin by 'n besluit om dit te ondergaan, wat aangevuur word deur die gevoel dat jou genderidentiteit nie ooreenstem met die geslag waarvolgens jy by geboorte geklassifiseer is nie. Transisie kan maande of jare duur. Sommige mense, veral niebinêre of genderqueer mense, kan hulle hele lewe deur 'n transisie ondergaan en hulle gender mettertyd voortdurend herdefinieer en hervertolk. Transisie begin gewoonlik waar die persoon die meeste op sy gemak voel: soms tuis en soms tussen vriende. Daarna kan die werkplek aan die beurt kom.

Terminologie

Gendertransisie word soms vereenselwig met 'n geslagsveranderingsoperasie, maar laasgenoemde is net een vorm van transisie. Sommige transgender en niebinêre mense het geen begeerte om chirurgie te ondergaan nie, maar sal op ander maniere 'n transisie ondergaan. Dikwels is transisie eerder holisties en sluit dit fisieke, sielkundige, sosiale en emosionele veranderings in.

Gendertransisie 
Mianne Bagger, 'n Deense professionele gholfspeler.

Om "deur te gaan" (passing) verwys daarna om deur ander mense aanvaar te word op 'n manier wat ooreenstem met die persoon se genderidentiteit. Sommige mense sal met opset verkies om nie "deur te gaan" nie. Dit kan verskeie negatiewe gevolge hê, insluitende 'n verkeerde oordeel oor die persoon se gender, geweld, mishandeling en 'n weiering van mediese personeel om die regte dienste te lewer.

Om "voltyds te gaan" (going full-time) verwys na die lei van iemand se lewe volgens die gender waarmee die persoon identifiseer. Dit kan beperk word deur veiligheid of regs- en liggaamlike beperkings. Iemand wat byvoorbeeld as 'n vrou in 'n pos gewerk het, sal dalk voel hulle kan nie skielik 'n man word nie en eerder 'n ander pos aanvaar. 'n "Sosiale transisie" is die aspekte van transisie wat te doen het met sosiale, kosmetiese en regsveranderings, sonder mediese ingryping. Mense wat 'n sosiale transisie ondergaan, kan ander vra om hulle verkose naam en voornaamwoord te gebruik en sommige kan hulle naam wetlik verander.

Om "in die geheim te lewe" (going stealth) beteken om jou lewe te lei sonder dat ander mense agterkom jy is transgender. Trans mense lewe dikwels in die openbaar in die geheim, maar nie by hulle familie of beste vriende nie.

Soms verander iemand hulle genderuitdrukking en/of geslagseienskappe terug na hulle aangewese geslag. Dit word "detransisie" (detransitioning) genoem.

Verskeie aspekte

Transisie is 'n ingewikkelde proses wat enige of al die genderaspekte van 'n persoon se lewe behels. Dit sluit in voorkoms, sosiale rolle, regstatus en biologiese aspekte van die liggaam. Mense kan elemente kies wat op hulle eie genderidentiteit, persoonlikheid, finansies en soms die houding van ander geskoei is. Soms is 'n mate van eksperimentering nodig om uit te vind watter veranderings hulle die beste pas. Transisie wissel ook tussen verskillende kulture en subkulture na aanleiding van die gemeenskap se sienings van gender.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • Gendertransisie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Gendertransisie TerminologieGendertransisie Verskeie aspekteGendertransisie Sien ookGendertransisie VerwysingsGendertransisie SkakelsGendertransisieFopdosserGenderidentiteitNiebinêre genderTransgenderTransseksueel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RivierTransatlantiese slawehandelGeldKweekhuiseffekNarsismePornografiese subgenresWeervoorspellingWêreld- Ekonomiese ForumMangelSeksuele opwekkingGalileo GalileiLeah van NiekerkNasionalismeLeonardo da VinciLettergreepSeksismeLandbouWikiNamibiëAkroniemSebraLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAvbobRuimteVolksrepubliek ChinaDonderstormXhosaVlinderKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSiya KolisiAngolese BurgeroorlogMartin Luther King jr.Mickey MuisIroniePiesangDachshundMieliestronkCristiano RonaldoProstaatkankerSwaziPornografieDesmond TutuRoesMigrasie van voëlsTierAntisemitismeMaagVraag en aanbodJohannes MeintjesNatriumBloeddrukPeriodieke tabelStereotipeSwawelBetonVerkoueSjimpanseeKapitaal (ekonomie)OorkruipersNatuurrampPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHamburgerSharpeville-slagtingEwenaarTsongaInleiding tot die genetikaInternetHolocaustMonopolySikloonBreinWaterpokkiesAntoniemWoestynKlein-KarooJan van TonderGrondVagina🡆 More