Trans Vrou

'n Trans vrou of transgender vrou is 'n vrou wie se geslag by geboorte as manlik bepaal is.

Trans vroue het 'n vroulike genderidentiteit en kan genderdisforie ondervind, 'n ontsteltenis wat veroorsaak word deur die ongerymheid tussen hulle genderidentiteit en aangewese geslag by geboorte.

Trans Vrou
Mela Habijan, die wenner van 2020 se Miss Trans Global-kompetisie.

'n Groot deel van mediese terapie vir trans vroue is behandeling met vroulike hormone, wat die ontwikkel aanhelp van vroulike sekondêre geslagseienskappe (borste, verspreiding van liggaamsvet, ensovoorts). Dit, saam met sosiale transisie en chirurugie, kan genderdisforie verlig. Nes cisgender vroue, kan trans vroue enige seksuele oriëntasie hê.

Aansienlike diskriminasie staar trans vroue in die gesig – veral wat indiensneming betref – en hulle kan onderwerp word aan seksuele geweld en haatmisdade, insluitende van lewensmaats. In 'n land soos Amerika is diskriminasie weens transfobie en rassisme teen trans vroue veral erg as hulle lid van 'n minderheidsgroep is.

Die term "transgender vrou" is nie altyd sinoniem met "transseksuele vrou" nie, hoewel die terme soms afwisselend gebruik word. "Transgender" is 'n sambreelterm wat transseksuele mense kan insluit.

Terminologie

Trans Vrou 
Gay Pride Madrid, 2013.

Die sambreelterm "trans" is 'n verkorte vorm van beide transgender en transseksueel, en beskryf enigiemand wie se genderidentiteit nie ooreenstem met die geslag wat by geboorte aan hulle toegeken is nie. Trans vroue wat 'n vroulike voorkoms aanneem, word dikwels MtF genoem (van die Engelse male-to-female).

Die term "transseksueel" het in die mediese en sielkundige wêreld ontstaan en stem baie ooreen met "transgender". Dit beskryf gewoonlik mense wat met genderdisforie geklassifiseer word en permanent van geslag wil verander deur middel van geslagsveranderingsterapie. Baie trans vroue verkies die terme "trans" of "transgender"; dit word beskou as meer insluitend en minder stigmatiserend. 'n Mediaverwysingsgids raai mense aan om nie iemand "transseksueel" te noem nie, tensy hulle dit self verkies.

"Transvroulik" is 'n breër term vir alle trans mense met 'n hoofsaaklik vroulike identiteit of genderuitdrukking en sluit trans vroue en niebinêre mense in wat by geboorte as manlik geklassifiseer is, maar 'n identiteit het wat deels, maar nie heeltemal nie, vroulik is. Sommige trans vroue verkies om net "vroue" genoem te word.

In verskeie Latyns-Amerikaanse lande word die woord travesti soms vir trans vroue gebruik. Dié woord is veel ouer in die streek. Die onderskeid tussen travesti en trans vroue is omstrede en kan wissel na aanleiding van die konteks. Soms word dit beskou as 'n streekekwivalent van die term "derde geslag".

Seksualiteit

Trans vroue wissel baie wat seksuele oriëntasie betref. In 'n opname onder rofweg 3 000 Amerikaanse trans vroue is bevind 31% van hulle dink aan hulleself as biseksueel, 29% as "gay/lesbies/homoseksueel", 23% as heteroseksueel, 7% as aseksueel, nog 7% as "queer" en 2% as "ander".

In 'n studie van 2008 is geen statisties aansienlike verskil in libido gevind tussen trans vroue en cisgender vroue nie. Gewoonlik word geglo libido by vroue stem, net soos by mans, ooreen met testosteroonvlakke, maar geen so 'n ooreenstemming is in die studie onder trans vroue gevind nie.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • Trans Vrou  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Trans Vrou TerminologieTrans Vrou SeksualiteitTrans Vrou Sien ookTrans Vrou VerwysingsTrans Vrou SkakelsTrans VrouGenderdisforieGenderidentiteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KonjunktivitisVyfsterOnderhandelinge om apartheid te beëindigArabiesDuitse nasionale rugbyspanKatarAfrikanersLikkewaanFisikaAntoniemCourseraVerkoueSelma ArcherdWolmaransstadNaaktheidPinksterLily Carter7de LaanPaaseierMasturbasieKookkunsCobus RossouwGroote SchuurOos-KaapBysteekGewone janfrederikAbstraksie (rekenaarwetenskap)KlimaatPubiese hareMaagsweerVerantwoordelikheidSeksposisieRoodepoortKolorektale kankerRenier van RooyenSonkragPoesWaarheid-en-versoeningskommissieKasteel die Goeie HoopCiceroBTWGeldOntkiemingCyrilliese alfabetDeon GrootMaanRekenaarVoedingSendelingposisieBloublasieKatNieu-SeelandErica BoyerGekoördineerde Universele TydDuitsRugbywêreldbeker 2023VrugbaarheidIslamitiese StaatNuwe TestamentGeboorteOogproblemeFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982BloemhofdamTswanaVoortrekkermonument.luLys van landePapierkelkePosseël🡆 More