Asklepios: Antieke Griekse god van medisyne

Asklepios (Grieks: Ἀσκληπιός) was in die Griekse mitologie die god van medisyne en genesing.

Sy dogters was Hugieia ("Gesondheid"), Iaso ("Medisyne"), Akeso ("Genesing"), Aglaia ("Gesonde Gloed") en Panakea ("Universele Geneesmiddel"). Die staf van Asklepios met ’n slang daarom is vandag steeds die simbool van medisyne.

Asklepios
Griekse god
'n Tekening van 'n beeld van Asklepios in die Louvre.
'n Tekening van 'n beeld van Asklepios in die Louvre.
Naam Asklepios
God van Medisyne, genesing, vernuwing en dokters
Simbool staf van Asklepios
Vrou Epione
Ouers Apollo en Koronis
Kinders Hugieia (dogter)
Iaso (dogter)
Akeso (dogter)
Aglaia (dogter)
Panakea (dogter)
Machaon (seun)
Podalirius (seun)
Telesphoros (seun)
Aratus (seun)
Romeinse eweknie Vejovis

Mite

Geboorte

Asklepios was die seun van Apollo en Koronis. Sy ma is doodgemaak omdat sy ontrou aan Apollo was en is op ’n brandstapel neergelê, maar die ongebore kind is uit haar baarmoeder gered. Apollo het die baba na die sentour Chiron geneem, wat hom grootgemaak en in medisyne opgelei het.

Vrou en kinders

Asklepios was met Epione getroud en hulle het ses dogters (Hugieia, Meditrina (die slangdraer), Panakea, Akeso, Iaso en Aglaia) en drie seuns (Machaon, Podaleirios en Telesforos) gehad. Hy het ook ’n seun, Aratus, by Aristodama gehad.

Dood

Zeus het Asklepios met ’n weerligstraal doodgemaak omdat Asklepios Hippolutus uit die dood opgewek en goud daarvoor aanvaar het.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Asclepius

Tags:

Asklepios MiteAsklepios VerwysingsAsklepiosGrieksGriekse mitologieMedisyne

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot DepressieBeesvleisDigvormMenslike skeletCalviniaKaapstadSeksuele opwekkingBloeddrukBruin huisslangTienerKlimaatveranderingDemi Lee MooreVerstedelikingFotoWolfLoodJakkalsNierE-posRoesPersoon (taalkunde)Groot TrekTropiese sikloonFamilie (verwantskap)MantisKommunikasieArabies-Israeliese konflikVolhoubaarheidKontinentKersfeesDesmond TutuVersoeningsdagYsterNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHandré PollardLien se lankstaanskoeneWoordsoortSpelerposisies in rugbyVoedselkettingHartseerLika BerningMorfeemOntwerpOos-KaapBoelieryLeestekenWikiFibonacci-reeksPubliekSimmetrieEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMagsverheffingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaDramaLionel PetersonHoofpynKriekKhoikhoiKunsmatige algemene intelligensieHamburgerSlag van BloedrivierKrapSuikersiekteSeekoeiEk is 'n Afrikaan (toespraak)Lys van kinderspeletjiesLidwoordLieweheersbesieSeksposisieFiela se kindPaddaLys van Kaapstad se voorstedeSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureNatriumsulfietFraktuurGrondwet van Suid-Afrika🡆 More