Niebinêre Gender

Niebinêr (of genderqueer) is ’n spektrum van genderidentiteite wat nie eksklusief manlik of vroulik is nie; dit val dus buite die tweeledige geslagsindeling.

Niebinêre identiteite kan onder die transgender-sambreel val, want baie niebinêre mense identifiseer met ’n gender wat anders is as hulle toegewese geslag. In Engels word dit ook enby genoem (van NB vir non-binary).

Niebinêre Gender
Die Niebinêre Pride-vlag.
Niebinêre Gender
Die niebinêre simbool.
Niebinêre Gender
Die Transgender Pride-vlag, waarop die wit strook niebinêre mense verteenwoordig.

Niebinêre mense kan identifiseer met twee of meer geslagte (dus as "bigender" of "trigender"); geen gender (agender, genderloos of "neutrois"); as tussen genders of van wisselende genders; of van ’n derde gender of "ander" gender (’n kategorie wat mense insluit wat nie ’n naam aan hulle gender heg nie).

Genderidentiteit verskil van seksuele oriëntasie; niebinêre mense kan ’n verskeidenheid seksuele oriëntasies hê, nes cisgender mense. Sommige niebinêre mense verwerp genderidentiteite heeltemal. Sommige word, nes transgender mense, dikwels medies met chirurgie of hormone behandel vir genderdisforie.

In ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot in 2017 het die bekende TV-persoonlikheid Soli Philander erken hy is niebinêr en dat hy nou verstaan hoekom hy altyd "anders" was.

Vlae en viering

Baie Pride-vlae word in die niebinêre en genderqueer gemeenskappe gebruik. Daar is aparte niebinêre en genderqueer vlae. Die Genderqueer Pride-vlag is in 2011 deur Marilyn Roxie ontwerp. Ook agender mense, wat soms as genderqueer identifiseer, het hulle eie vlag.

Die Niebinêre Pride-vlag is in 2014 deur Kye Rowan ontwerp. Geel verteenwoordig mense wie se gender buite die tweeledige geslagsindeling val, pers dié wie se gender ’n mengsel van man en vrou is of tussen die geslagte val, swart dié sonder ’n gender en wit dié wat baie of alle genders omarm.

Internasionale Dag van Binêre Mense word op 14 Julie gevier.

Definisies en identiteit

Niebinêre Gender 
’n Niebinêre Pride-vlag op ’n parade in Parys lui: Mon genre est non-binaire ("My gender is niebinêr").

Die term "genderqueer" het in die 1980's ontstaan as ’n voorloper van die term "niebinêr". Dit word gebruik deur mense wat voel hulle staan buite die tradisionele onderskeid tussen "man" en "vrou". Hulle betwis dus die tweeledige, of binêre, idee van gender. Sommige genderqueer mense identifiseer as ’n manlike vrou of vroulike man, of kombineer genderqueer met ’n ander genderopsie.

Om niebinêr te wees is nie dieselfde as interseks nie; die meeste interseks mense identifiseer as óf manlik óf vroulik. In baie verwysings word die term "transgender" gebruik om genderqueer/niebinêre mense in te sluit.

Agender mense ("a" beteken "sonder"), wat ook genderloos of neutrois genoem word, is dié wat hulleself as sonder ’n genderidentiteit beskou. Hoewel die kategorie verskeie identiteite insluit wat buite normale gendernorme val, indentifiseer dié mense nie noodwendig as transgender nie. Neutrois en agender is twee van 50 beskikbare genders waaruit mense op Facebook kan kies. Dit is op 13 Februarie 2014 bygevoeg.

Bigender of dubbelgender is ’n identiteit wat enige twee genderidentiteite en soorte gedrag insluit. Dit word gewoonlik verstaan as dat iemand as beide manlik en vroulik identifiseer, of tussen manlik en vroulik beweeg, en dus twee aparte genderidentiteite het. Die Amerikaanse Sielkundevereniging beskryf bigender as deel van die sambreelterm transgender.

Verwysings

Skakels

  • Niebinêre Gender  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Niebinêre Gender Vlae en vieringNiebinêre Gender Definisies en identiteitNiebinêre Gender VerwysingsNiebinêre Gender SkakelsNiebinêre GenderEngelsGenderidentiteitGeslagManTransgenderVrou

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NasiebouBestaansboerderyVlekvrye staalSwart nasionalismeFacebookMuishondVoorvoegsel22 AprilMiteVratBloukraanvoëlKonsentrasiekampVarkgriepAarde se atmosfeerGoudVolhoubare ontwikkelingBewussynKeramiekEmosieChloorKasteel die Goeie HoopSomerGetalVlinderVaste stofVlag van Suid-AfrikaBreingewasVloeistofBeurtkragKrokodilRassisme in AfrikaRefentse MorakeLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHandbalGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaRenosterAlkoholismeVerenigde KoninkrykPrimêre sektor van die ekonomieAntisemitismePornografieOnse VaderGeografie van Suid-AfrikaLys van elemente volgens simboolGemeenskapsorganisasieAbstraksie (rekenaarwetenskap)Geskiedenis van Suid-AfrikaLys van politieke partye in Suid-AfrikaBewaringstatusDarwinismeWet op NaturellengrondSendelingposisieDermpoliepBoer Soek 'n VrouDansVryheidsdagKultuurSlawernyMeettegniekMasturbasieXenofobieKlimaatsverandering in AfrikaVisYouTubeJohannesburgOrthopteraHeupEkonomiese sektorApartheidNieuwoudtvilleWaarheid-en-versoeningskommissieJaco JacobsNierversakingBywoordLiewe HeksieSpinnekop🡆 More