Chaz Bono

Chaz Salvatore Bono (gebore as Chastity Sun Bono op 4 Maart 1969) is 'n Amerikaanse skrywer, musikant en akteur.

Sy ouers is die vermaaksterre Sonny Bono en Cher, en hy het algemeen bekend geraak danksy sy optredes as hulle dogter op hulle televisieprogram, The Sonny & Cher Comedy Hour.

Chaz Bono
Chaz Bono
Chaz Bono in 2017.
Gebore
Chastity Sun Bono

4 Maart 1969 (1969-03-04) (55 jaar oud)
Beroep
  • Skrywer
  • musikant
  • akteur
Jare aktief1972-tans
Ouers

Bono is 'n trans man. In 1995, terwyl sy nog as 'n vrou geïdentifiseer het en 'n paar jaar nadat sy deur die geelpers as 'n lesbiër onthul is, het Bono openlik as 'n lesbiër geïdentifiseer in 'n vooraanstaande Amerikaanse gaytydskrif, The Advocate. Bono het eindelik in twee boeke die proses van "uitkom' teenoor jouself en ander bespreek. Family Outing: A Guide to the Coming Out Process for Gays, Lesbians, and Their Families (1998) sluit sy uitkomverhaal in. Die memoires The End of Innocence (2003) bespreek sy uitkom, musiekloopbaan en sy lewensmaat Joan se dood.

Tussen 2008 en 2010 het Bono 'n gendertransisie ondergaan. In Mei 2010 het hy sy naam en gender wetlik verander. 'n Dokumentêre oor Bono se ondervinding, Becoming Chaz, is in 2011 op 'n musiekfees vertoon en later op televisie op die Oprah Winfrey Network.

Chaz Bono
Chastity Bono in 1974 saam met Sonny Bono.

Vroeë lewe

Bono is in Los Angeles, Kalifornië, gebore as Chastity Sun Bono, die enigste kind van Cher en Sonny Bono van die popduo Sonny & Cher. Hulle het ook 'n televisieprogram aangebied waarop die jong kind dikwels verskyn het. Bono is genoem na die fliek Chastity van 1969 wat deur Sonny vervaardig is en waarin Cher (in haar eerste solorol in 'n rolprent) die rol vertolk van 'n biseksuele vrou.

Bono het studeer aan die Fiorello H. LaGuardia High School of Music & Art and Performing Arts in New York. Sy het op 18 aan haar ouers uitgekom as 'n lesbiër. Sy het toe as gay geïdentifiseer.

LGBT-aktivisme

Chaz Bono 
Bono in 2012 op die GLAAD-prysaand.

In April 1995 het Bono as 'n lesbiër uitgekom in 'n onderhoud met The Advocate, 'n Amerikaanse nasionale tydskrif vir gays en lesbiërs.

In sy boek van 1998, Family Outing, skryf Bono dat Cher, wat beide 'n gay-ikoon en bondgenoot van LGBT-gemeenskappe was, taamlik ongemaklik was met die nuus en aanvanklik "mal gegaan het" voordat sy dit aanvaar het: "Teen Augustus 1996, 'n jaar nadat ek in die openbaar uitgekom het, het my ma so ver gevorder dat sy ingestem het om self op die voorblad van The Advocate "uit te kom" as die trotse ma van 'n lesbiese dogter."

Cher het daarna 'n uitgesproke aktivis vir LGBT-regte geword.

Bono se verhouding met sy pa het stram geraak nadat Sonny 'n Republikeinse Kongreslid vir Kalifornië geword het. Die verskil in hulle politieke sienings het 'n wig tussen hulle ingedryf en teen die tyd van Sonny se dood in Januarie 1998 het hulle meer as 'n jaar laas met mekaar gepraat.

Transisie

Middel 2008 het Bono 'n fisieke en sosiale transisie van vrou na man begin. Dit is in Junie 2009 deur sy reklamepersoon bevestig, wat genoem het sy naam is voortaan "Chaz Bono". GLAAD en die Empowering Spirits Foundation het hom gou vir die stap geloof. Bono se wetlike transisie is op 6 Mei 2010 afgehandel toe 'n Kaliforniese hof sy versoek om 'n nuwe naam en gender toegestaan het.

Bono het daarna Becoming Chaz, 'n dokumentêr oor sy transisie, gemaak. Nadat dit op 'n filmfees vertoon is, het Oprah Winfrey Network die uitsaairegte bekom en dit op 10 Mei 2011 gewys.

Verwysings

Skakels

  • Chaz Bono  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Chaz Bono Vroeë leweChaz Bono LGBT-aktivismeChaz Bono TransisieChaz Bono VerwysingsChaz Bono SkakelsChaz BonoAkteurCherMusikantSkrywerSonny BonoTelevisie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Veldtog AfrikaansHartNoord-SamiesMangaNagapieDroomDavid LynchRina HugoTamatieGevolge van aardverwarming op oseaneLys van chemiese elemente volgens atoomgetalElizabeth ReaserEerste minister van die Verenigde KoninkrykTetrargieHernubare energieBergreeksSalamanderQHeupvervangingTerblanche JordaanSatellietfotoOnderhandelinge om apartheid te beëindigSokkerGeskiedenis van erotiese afbeeldingsIntensiewe vormWêreldhandelsentrumABBAKKommunismeFacebookBosbokAmy KleinhansKryt (geologie)Lys van Griekse mitologiese figureLewerOos-Kaap2016 Formule Een-seisoenIntelDramaSwart nasionalismeAbū NuwāsWEskomSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989TafelbergOnderwerpSeekoeiSagtewarepoortOSenuweestelselVoedingMondIVarkgriepPornografiese subgenresSlaapHabitatBoet PretoriusMotorvoertuigOrgasmeKoninkryk van EngelandNigeriese nairaJaimie AlexanderHondKoue OorlogSuid-Afrikaanse GrensoorlogMededingingsbeleidLashana LynchHolocaustTepelCiNiiToringPlastiekYahoo!🡆 More