Biseksualiteit

Biseksualiteit is die beskrywing van ’n persoon se seksuele oriëntering waar die aantrekking tot dieselfde sowel as die teenoorgestelde geslag is.

Dit staan naas die ander twee kategorieë van seksuele oriëntering: heteroseksualiteit, waar die aantrekking meestal tot die teenoorgestelde geslag is, en homoseksualiteit, waar die aantrekking meestal tot dieselfde geslag is. Sommige kenners beweer alle mense is in ’n mindere of meerdere mate biseksueel, dit is net die graad wat verskil sodat party mense hulself dan beskou as homo- of heteroseksueel.

Biseksualiteit
’n Vlag wat biseksuele trots uitbeeld.
Biseksualiteit
’n Jong man en ’n tiener besig met seks sonder penetrasie (Attiese beker, 550 v.C. - 525 v.C., Louvre.

Al is iemand tot albei geslagte aangetrokke maar verkies een effens bo die ander, identifiseer hulle gewoonlik met biseksualiteit.

Geskiedenis

Biseksualiteit 
’n Man soek die geselskap van ’n vroulike prostituut op terwyl sy doenig is met ’n jong diensmeisie; Nishikawa Sukenobu, grafiese werk, Kyoho-tydperk (1716-1735).

Die antieke Grieke en Romeinse het nie begrippe soos homo- en heteroseksueel, en dus ook nie biseksueel, gehad nie. Mans wat manlike minnaars gehad het, is nie as homoseksueel beskou nie en het dikwels ook ’n vrou en/of vroulike minnaars gehad.

Spartane het geglo liefde en erotiese verhoudings tussen veterane en rekrute sou trou en eenheid bevorder, en hulle het dit aangemoedig dat soldate hul minnaars met heroïese dade beïndruk. Wanneer die jonger soldate meerderjarig geword het, was die verhouding veronderstel om nieseksueel te word, maar dit is nie duidelik hoe streng dié reël gevolg is nie. Daar was wel ’n effense stigma aan jong mans wat in ’n verhouding met hul mentors gebly het. Aristofanes noem hulle byvoorbeeld euryprôktoi, wat "wye gatte" beteken, en beeld hulle soos vroue uit.

Net so het die geslag van ’n minnaar nie saak gemaak nie, solank ’n man se genot nie inbreuk op ’n ander se integriteit gemaak het nie. Dit was sosiaal aanvaarbaar vir ’n vrygebore Romein om minnaars van albei geslagte te hê, solank hy die een is wat penetreer. Die moraliteit van dié gedrag het afgehang van die sosiale status van die minnaar en nie die geslag as sulks nie. Getroude mans kon net seks hê met slawe, prostitute en jong mans van ’n laer stand. As ’n man nie selfbeheersing in sy sekslewe kon toepas nie, het dit daarop gedui dat hy ook nie ander mense kon beheer nie en dit het sy status as ’n opgevoede persoon bedreig.

Moderne simbole

Biseksualiteit 
Die oorvleuelende driehoeke.
Biseksualiteit 
Die dubbele sekelmaan.

’n Algemene simbool van die biseksuele gemeenskap is die trots biseksuele vlag, wat ’n donkerpienk streep bo het vir homoseksualiteit, ’n blou een onder vir heteroseksualiteit en ’n pers een (’n mengsel van pienk en blou) in die middel wat biseksualiteit verteenwoordig (sien die vlag boaan blad).

’n Soortgelyke simbool is twee driehoeke, een blou en die ander pienk, wat oorvleuel en ’n pers driehoekie vorm waar hulle mekaar kruis. Dit is ’n uitbreiding van die pienk driehoek, ’n bekende simbool van die homoseksuele gemeenskap.

Sommige biseksuele het beswaar teen die gebruik van die pienk driehoek omdat dit ’n simbool is wat deur Hitler se regering gebruik is om homoseksuele te merk en te vervolg. ’n Dubbele sekelmaan is toe ontwerp om die gebruik van driehoeke te vermy. Dié simbool is algemeen in Duitsland en omringende lande.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Biseksualiteit GeskiedenisBiseksualiteit Moderne simboleBiseksualiteit VerwysingsBiseksualiteit Eksterne skakelsBiseksualiteitHeteroseksualiteitHomoseksualiteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GamelanIslamitiese StaatAarde se atmosfeerErektiele disfunksieRonelda KamferVoëlLys van visseKeramiekGawes van die Heilige GeesJudaïsmePubliekConsolidated B-24 LiberatorInligtingAlkoholismeEugenetikaKwame NkrumahKameelperdBeeldspraakDansVerkleinwoordLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)DiskriminasieAardeBloukraanvoëlVarkgriepSlag van BloedrivierTropiese sikloonFrederik Willem de KlerkSendelingposisieBrandmondsindroomKanadaSamestellende afleidingOnderwysViëtnamSowjetunieWeeluisNeurenberg-verhoreVliegtuigMondBruto binnelandse produkRudi ClaaseDundermStrykysterNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHeupSkoenlapperSeksMielieVolhoubaarheidOssewaAgtergrond (narratief)MetafoorAnneli van RooyenEerste WêreldoorlogSomerHannes van WykMiltCarike KeuzenkampAarverkalkingNoord-KaapBeaufortskaalHerfsWêreld- Ekonomiese ForumAppelTussenwerpselSoutsuurSonkragLeesNieuwoudtvilleSeksueel oordraagbare infeksieLys van Joodse feeste en herdenkingsAnrich HerbstJuan Antonio VillacañasPersGoogleKasterolieDaggaTradisionele Afrika-medisyne🡆 More