Fopdosser

’n Fopdosser (Engels: drag queen) is gewoonlik ’n man wat buitensporige vroueklere dra en oordadig vroulik optree met die doel om te vermaak.

Hulle sal dikwels sekere eienskappe, soos grimering en vals wimpers, dra vir komiese, dramatiese of satiriese effek. Hoewel fopdossers gewoonlik verbind word met gay mans en die gay kultuur, is daar fopdossers van alle seksualiteite. Daar is baie soorte, en hulle wissel grootliks in toewyding – van professionele vermaakkunstenaars in rolprente en op die verhoog tot mense wat dit net een keer beproef. Vroue kan ook fopdossers (drag kings) wees deur soos mans aan te trek en manlike rolle aan te neem.

Fopdosser
Rory O’neill as Panti Bliss.
Fopdosser
RuPaul in 2007.

Benewens die vermaakfaktor, is daar talle redes waarom mense klere van die teenoorgestelde geslag dra, soos selfuitdrukking, fetisjisme en spirituele redes. Dit kan dien as ’n manier om uitings aan ’n kunsgevoel te gee of om kulturele stellings te maak. Hoewel die algemene publiek fopdossers gewoonlik met vermaakkunstenaars verbind, is daar ook mense op ander vlakke wat klere van die teenoorgstelde geslag dra, soos dié met ’n sekere gender-identifikasie wat hulself nie as fopdossers beskou nie.

Wat vermaak betref, kan bedrywighede onder fopdossers insluit sing, dans, deelname aan feeste soos Gay Pride-optogte en kabaretvertonings. Sommige werk in nagklubs of tree by privaat partytjies op.

’n Ander term vir ’n fopdosser is ’n vrouenabootser. Hoewel dit steeds gebruik word, word dit soms as onakkuraat beskou omdat dit die idee wek van ’n man wat soos ’n vrou probeer lyk. Die Amerikaanse fopdosser RuPaul het eenkeer gesê: "Ek boots nie vroue na nie! Hoeveel vroue ken jy wat seweduimhakke, viervoetpruike en velklewende rokke dra?" Op 'n ander geleentheid het hy gesê: "Ek trek nie soos ’n vrou aan nie; ek trek soos ’n fopdosser aan!"

In Suid-Afrika

Suid-Afrikaanse akteurs wat bekend is vir vroulike rolle wat hulle vertolk of vertolk het, is Pieter-Dirk Uys as Evita Bezuidenhout, Marc Lottering as Aunty Merle en Casper de Vries as Greetje Appelmoes asook Wynand Kotze as Tollie Parton.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

EngelsGayRolprentTeaterVermaaklikheid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SelfmoordViëtnamBloedsomloopstelselKostuumsWortelMondSeksismeSinoniemVerenigde State van AmerikaCalviniaTatoeëermerkByvoeglike naamwoordKompasWoordsoortSkaakLeesNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSomerHaasWerkwoordLys van kinderspeletjiesVryheid van spraakTweede WêreldoorlogVennootskapGeografie van Suid-AfrikaVaginaBraaiEugenetikaKoringOlimpiese SomerspeleSkooluniformNazi-DuitslandHoofstadLemoenSkarlakenkoorsBek-en-klouseerSuid-AfrikaSwart nasionalismeFabelNedersettingDonderstormFamilie (verwantskap)Landbou in Suid-AfrikaAfrikaanse TaalmonumentBlourokkeTaalJavaScriptLeierDieregeluidePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMassaBorskankerChristiane JaccottetBysteekKolonoskopieToestand van materieUnited Democratic FrontBoelieryKlimaatNoord-KaapImpakte van toerismeSkuinsstreepReënvalbepalingVlag van Suid-AfrikaPaarl GimnasiumOutismeBybelSlaginstrumentHomofoonPubliekRobbeneilandLys van Griekse mitologiese figureKatHandbalVoortrekkermonumentVoortrekkers🡆 More