Franse Roosterbrood

Franse roosterbrood (ook eierbrood genoem) is 'n gereg gemaak van gesnyde brood wat in geklitste eiers en gewoonlik melk geweek is en dan gebraai word.

Alternatiewe name en variante sluit in "Bombay toast", "German toast", "gypsy toast", en "poor knights" (van Windsor).

Franse roosterbrood
Land Romeinse Ryk
Hoofbestanddeel brood, eier, melk
Ander bestanddele room, suiker, stroop, speserye
Variasies sien teks
Bereiding en voorsit
Gaarmaaktyd ± 4 min
Franse Roosterbrood
Franse roosterbrood bedek met vrugte, botter en room, bedien met esdoringstroop

Wanneer Franse roosterbrood as soetgereg bedien word, word melk, suiker, vanielje of kaneel ook gereeld bygevoeg voordat dit gebraai word, en dan kan dit met suiker, botter, vrugte of stroop gevul word. As dit 'n soutgereg is, word dit gewoonlik met 'n knippie sout of peper gebraai, en dan kan dit saam met 'n sous soos tamatiesous of mayonnaise bedien word.

Voorbereiding

Snye brood word geweek of gedoop in 'n mengsel van geklitste eiers, dikwels geklits met melk of room. Suiker, kaneel, neutmuskaat en vanielje kan op verskillende maniere bygevoeg word. Die brood word dan in botter of olyfolie gebraai tot bruin en gaar. Dagoud brood word gereeld gebruik, beide vir die spaarsaamheid daarvan en omdat dit meer eiermengsel sal opneem sonder om uitmekaar te val.

Die gaar skywe kan saam met suiker of enige soet bolaag bedien word, soos konfyt, heuning, vrugte, of esdoringstroop.

Internasionale weergawes

Brasilië en Portugal

Franse Roosterbrood 
Portugese rabanadas, wat tradisioneel op Kersdag bedien word

In beide Portugal en Brasilië is rabanadas 'n tradisionele Kersnagereg. Baie resepte gebruik dikwels Tinto of Portwyn.

Denemarke

In Denemarke is Arme Riddere (Poor Knights) 'n soet ontbytgereg wat ook as middagete of 'n nagereg in die aand geëet kan word. Die Deense weergawe van hierdie gereg gebruik suiker met kaneel, in plaas van gewone suiker.

Duitsland

In Duitsland is Arme Ritter (Poor Knights) of Pofesen reeds sedert die 14de eeu bekend (genoem in die Duitse woordeboek deur die broers Grimm).

Frankryk

In Frankryk het pain perdu 'n wye verskeidenheid streekvariasies.

Griekeland

In Griekeland staan dit bekend as avgofétes, wat eierbrode beteken, en word bedien as 'n ontbytgereg met suiker en haselneute, en as dit saam met kasseri bedien word, is dit soms 'n soutgereg.

Hongkong

Franse Roosterbrood 
Franse roosterbrood in Hongkong-styl

Franse roosterbrood in die Hongkong-styl word tipies voorberei deur die kombinasie van verskeie snye brood met grondboontjiebotter of vrugtekonfyt gevul, dan gedip in geklitste eier en diepgebraai. Dit word bedien met botter, en bedek met goue stroop of heuning. Dit is 'n tipiese aanbieding in Hongkongse teehuise (cha chaan teng). Ander vorme van vulling wat gevind word, is vleisflos, kaya konfyt, ham, of beesvleis.

Indië

In Indië is Bombay-roosterbrood 'n gewilde gereg wat in die strate van Mumbai deur smouse verkoop word. Bombay-roosterbrood word ook Sweet French Bread genoem.

Pole

In Pole staan dit bekend as chleb w jajku, wat eierbrood beteken. Dit is 'n gewilde ontbytgereg.

Nederland en België

In Nederland en Vlaams sprekende België heet dit wentelteefjes of gewonnen brood. In Franssprekende België is dit pain perdu, soos in Frankryk.

Verenigde Koninkryk

In die Verenigde Koninkryk staan dit algemeen bekend as eggy bread of soms Gypsy toast en word dit as 'n soet- en 'n soutgereg bedien.

Verenigde State

Franse roosterbrood is in die vroeë en middel 20ste eeu algemeen in treine se eetwaens bedien. Die Santa Fe was veral bekend vir sy Franse roosterbrood, en die meeste van die spoorweë het resepte van hierdie en ander aanbiedings aan die publiek verskaf as 'n promosie.

Verwysings

Tags:

Franse Roosterbrood VoorbereidingFranse Roosterbrood Internasionale weergawesFranse Roosterbrood VerwysingsFranse RoosterbroodBrood

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloutongsiekteKatjieOrthopteraSpinnekopNic de JagerSikloonReg tot ‘n gesonde omgewingAkademiaHandelsmerkAngssteuringSeksismePersoon (taalkunde)HeuningbyBTWAfrikaanse taalleerLys van Afrika-landeWitrenosterSpelerposisies in rugbyCarles PuigdemontChroniese siekteToestand van materieBruin huisslangMilitêre diensplig in Suid-AfrikaYouTubePlaattektoniekVeerC.J. LangenhovenKongo-krisisBloedsomloopstelselJavaScriptSokkerFiela se kindLys van Afrikaanse skrywersSatellietEugenetikaKopieregGeweldBreinvliesontstekingJapie GreylingD.J. OppermanHeks van HexrivierAarverkalkingNierversakingSeksIntensiewe vormElon MuskKerrieRassismeBeurtkragOseaanAngolese BurgeroorlogHidroëlektrisiteitJoodse kalenderKappie (skryfteken)Lys van Joodse feeste en herdenkingsNatriumsulfietEerste WêreldoorlogHandré PollardHorlosieEthiopiëSimboolDesimale breukeMeningsverskil oor aardverwarmingVigsMuishondGeldStaatstoelaeSpreeuMagsverheffingKarooAlliterasieNatuurbewaringDemokratiese Republiek die KongoSwartkwasmuishondAvbobGriekwa-AfrikaansNamakwaland🡆 More