Mumbai

Mumbai of Moembai (Marathi: मुंबई Mumbaī , tot 1996 Bombaai) is die hoofstad van die Indiese deelstaat Maharashtra en die Indiese subkontinent se belangrikste seehawe.

Met 'n bevolking van 12,5 miljoen in die stadsgebied (volgens die laaste sensus van 2011 en sonder periferiese voorstede) is Mumbai die grootste stedelike nedersetting in Indië en een van die bevolkingrykste metropole ter wêreld. Die Metropolitaanse Gebied van Mumbai (Mumbai Metropolitan Region, MMR) sluit digbevolkte gebiede in die noorde en die stad Thane in, met 'n totale bevolking van 28,4 miljoen.

Mumbai
मुंबई
Mumbai

Kaart Wapen
Mumbai
Mumbai
Distrikte
Mumbai
 Land Vlag van Indië Indië
 Deelstaat Maharashtra
 Koördinate 18°58′N 72°50′O / 18.967°N 72.833°O / 18.967; 72.833
 Stigting 1507
 Oppervlakte:  
 - Totaal 603 vk km
 Hoogte bo seevlak 14 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 12 442 373
 - Bevolkingsdigtheid 21 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 18 414 288
 Tydsone UTC+05:30
 Burgemeester Vishwanath
Mahadeshwar (Shiv Sena)
 Amptelike webwerf mcgm.gov.in
Mumbai
Mumbai in 1888

Die stadsgebied is op die eiland Salsette langs die weskus van Maharashtra geleë. Die historiese middestad is op 'n smal landstrook geleë wat vanuit die moerasgebiede in die Arabiese See strek. Hier word 'n ryk argitektoniese erfenis aangetref met 'n kenmerkende plaaslike variant van historisme. Hierdie boustyl kombineer Britse invloede met 'n Britse interpretasie van die inheemse Mogoel-boukuns.

Mumbai is die ekonomiese spilpunt van Indië asook 'n belangrike vervoerspilpunt. In Mumbai se diep natuurlike hawe word meer as die helfte van Indië se passasiersvervoer hanteer. Die stad is daarnaas 'n eersteerangse kulturele en opvoedkundige sentrum met universiteite, teaters, musea en kunsgalerye.

Geskiedenis

Naam

Mumbai 
Die Taj Mahal Palace Hotel, voltooi in 1903, is 'n voorbeeld van koloniale Indo-Saraseense boukuns

Die naam Mumbai is afgelei van Mumba of Maha-Amba – die naam van die Koli-godin Mumbadevi – en ai, wat "moeder" in Marathi beteken.

Die naam Mumbai het sy oorsprong in die 16de eeu, toe die Portugese die naam aan die stad gegee het. In die 17de eeu het die Engelse Mumbai beset en dit Bombay (Afrikaans: Bombaai) begin noem omdat dit makliker was om uit te spreek. In 1995 is dit terug verander na Mumbai, soos Indiërs dit nog altyd uitgespreek het.

Toerisme

Mumbai is die enigste Indiese stad wat drie Unesco-wêrelderfenisgebiede huisves: Die Olifantgrotte (1987), die Chhatrapati Shivaji Terminus spoorwegstasie (2004) asook die Victoriaanse en Art Deco-ensemble (2018).

Sport

Mumbai beskik met Brabourne-stadion, Wankhedestadion en Bombay Gymkhanaveld oor drie toetskrieketstadions. In die stad speel die Indiese nasionale krieketspan van sy tuiswedstryde. Op die Wankhedestadion is onder andere wedstryde tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1996, 2011 en 2023, asook die Kampioenetrofee 2006 en die T20I-wêreldbeker 2016, aangebied.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Mumbai GeskiedenisMumbai ToerismeMumbai SportMumbai VerwysingsMumbai Eksterne skakelsMumbaiHoofstadIndiëMaharashtraMarathi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Antjie SomersNG gemeente TheunissenSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureTikTokRassismeAlliterasieVioolJagluiperdWaterkringloopNiersteenMagneetNatuurrampBoelieryShakaHeuningbyDokterMaatskaplike verantwoordelikheidVerkragtingMaagAppelJesus van NasaretWerkloosheidWetenskapYslandKatoenFrankrykDroogteSelfieXenofobieStaat PalestinaMuskietBipolêre gemoedsteuringElana AfrikaAbstraksie (rekenaarwetenskap)Morfologie (taalkunde)Limpopo (rivier)LeierskapDesmond TutuGewone breukeWet op Bantoe-onderwysEngelsHorlosieKrokodilHannes van WykGordelroosInsekPseudowetenskapEskomJan van TonderSirkelFotosinteseDinosourusOrtopedieAnneli van RooyenDie Stem van Suid-AfrikaKoorsBeesvleisCradock-4WikiDirekte en Indirekte redeMartin Luther King jr.Adolf HitlerVergelykings (taalkunde)BateEugenetikaXhosasWoordeboek van die Afrikaanse TaalFluoorKommunikasieDialoog in fiksieTierGenitale vratSteenkoolSonnestelsel🡆 More