Hawe

'n Hawe is 'n beskutte stuk water aan 'n kus waar skepe kan anker.

Hawens kom natuurlik voor, maar kan ook kunsmatig aangelê word. Durban, Tafelbaai en Saldanhabaai is voorbeelde van natuurlike hawens.

Hawe
Tafelbaai is 'n natuurlike hawe.
Hawe
'n Hawe in Griekeland.

Hawens word dikwels gebruik om mense en goedere op en van skepe af te laai. Vir die rede ontstaan groot stede om hawens en word 'n vervoernetwerk van die hawe na die binneland aangelê. Die vervoernetwerk bestaan meestal uit paaie en treine, maar goedere kan ook per pyplyn, vliegtuig of oor riviere vervoer word.

'n Hawe het gewoonlik 'n kaai (gemesselde aanlêplek vir skepe) met steunpilare waaraan die skepe kan vasgemeer (teen vasgebind word). Groot hyskrane word opgerig om goedere op en van die skepe te laai. Ligtorings word om hawens gebou om gevaarlike gebiede aan te dui en golfbrekers word soms ingespan om die water tot bedaring te bring. Baggerbote word gebruik om modder en sand van die hawe se bodem te verwyder.

Suid-Afrika se belangrikste kommersiële hawens is dié van Durban, Kaapstad, Saldanhabaai, Richardsbaai, Port Elizabeth en Oos-Londen. Durban is die land se besigste hawe en hanteer algemene vrag, veral graanuitvoere. Kaapstad, die tweede besigste hawe, spesialiseer in die uitvoer van sagtevrugte, wyn en groente. Saldanhabaai, daarteenoor, is spesifiek vir die uitvoer van mineraalerts gebou.

Shanghai is die grootste hawe ter wêreld, terwyl Singapoer nommer twee op die lys is. Shanghai se hawe het ongeveer 29 miljoen vraghouers in 2010 hanteer. Singapoer se hawe het in dieselfde jaar 28,4 miljoen houers hanteer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

DurbanKuslynSaldanhabaaiSkipTafelbaaiWater

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PolisieChristendomVryheid van spraakWerkersdagHeidelberg, GautengKongo-krisisAfrikaanse taalleer23 AprilEmosieRob HersovElektroniese of digitale mediaBeaufortskaalDikdermPoesKostuumsAfro-AmerikanersOlimpiese SomerspeleBywoordLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameDigvormLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAardverwarmingSportSatellietGeboorteMiteLeestekenConsolidated B-24 LiberatorBorsJan van TonderSkoenlapperFossielbrandstofVerkragtingFinale OplossingMeettegniekMonopolyMynbouKHernubare energieIronieMenseregtedagBloedsomloopstelselKangogrotteStellenboschOlimpiese SpeleGrondbesoedelingBeeldspraakStam (taalkunde)Primêre sektor van die ekonomieTrappe van vergelykingBoomChris HaniAbstraksie (rekenaarwetenskap)ErfenisRassismeSosiale ordeWeeluisAarverkalkingViëtnamoorlogCheslin KolbeDundermKoolhidraatKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSinoniemLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BiologieKlem-in-die-kaakFabelRymInflasieMagnetismeKinkhoesLys van landeMaroela MediaWetenskaplike klassifikasieSkildklierMetafoor🡆 More