Mayonnaise of Mayo is 'n dik, romerige sous wat as kruiery of geurmiddel gebruik word saam met ander voedsel.
Dit kan gemaak word van sonneblomolie en eiergele en óf asyn of suurlemoensap, deur die bestanddele goed te emulgeer. Daar is baie opsies vir versiering met ander kruie en speserye. Lesitien in die eier is die emulgator. Mayonnaise wissel in kleur, maar is meestal wit, roomkleurig of liggeel. Dit kan verskil in tekstuur van 'n ligte room tot baie dik.
In lande wat deur die Franse kultuur beïnvloed is, is mosterd ook 'n algemene bestanddeel, maar die toevoeging daarvan verander die sous in 'n "remoulade" met 'n anderse geur. Die mosterd dien as 'n bykomende emulgator. In Spanje, Portugal en Italië word olyfolie gebruik, maar sonneblomolie en mosterd word nooit ingesluit nie.
Die voorkeurgebruik is in koue voorbereidings en dit is onontbeerlik in sekere kosse soos tamaties met garnale, Russiese slaai of eier Mimosa en het 'n lang geskiedenis in aartappelslaai.
Die sous word dikwels geëet in kombinasie met gebraaide produkte, soos skyfies, maar kan ook gebruik word as basis van 'n meer komplekse sous. Omrede mayonnaise baie vetterig is en 'n hoë energiewaarde het, gebruik baie mense deesdae produkte wat minder kalorieë bevat. Hierdie produkte word dikwels geadverteer met aanloklike name soos mayo-lyn, mayo-light of yogonnaise.
Die inhoud van 'n tipiese kommersieelbereide produk in Suid-Afrika is:
As 'n riglyn, bevat elke 15-gramporsie volgens die etiket:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mayonnaise, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.