Ferroseen is 'n organometaalverbinding met die formule Fe(C5H5)2.
Die molekule bestaan uit twee siklopentadienielringe wat aan weerskante van 'n sentrale ysteratoom gebind is.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Ferroseen |
IUSTC-naam | Ferroseen |
Ander name | Disiklopentadienielyster Bis(η5-siklopentadieniel)yster |
Chemiese formule | C10H10Fe |
Molêre massa | 186,04 g•mol-1 |
CAS-nommer | 102-54-5 |
Voorkoms | ligte oranje poeier |
Reuk | kamferagtig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 172,5 °C |
Kookpunt | 249 °C |
Digtheid | 1,107 g•cm-3 (teen 0 °C) |
Oplosbaarheid | Onoplosbaar in water, oplosbaar in die meeste organiese oplosmiddels |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n oranje vaste stof met 'n kamferagtige reuk met 'n sublimasietemperature bo kamertemperatuur en is oplosbaar in die meeste organiese oplosmiddels. Dit is opmerklik vanweë sy stabiliteit: dit word nie beïnvloed deur lug, water, sterk basisse nie, en kan tot 400 °C verhit word sonder om te ontbind. In oksiderende toestande kan dit omkeerbaar met sterk sure reageer om die ferroseeniumkatioon [Fe(C5H5)2]+.
Die vinnige groei van organometaalchemie word dikwels toegeskryf aan die opwinding wat voortspruit uit die ontdekking van ferroseen en sy vele analoë (metalosene).
Ferroseen is al drie keer per ongeluk ontdek. Die eerste bekende sintese is in die laat 1940's deur onbekende navorsers van die Union Carbide maatskappy, wat warm siklopentadiene-damp deur 'n ysterpyp probeer voer het. Die damp het met die pypwand gereageer en 'n "geel slyk" geskep wat die pyp verstop het. Jare later is 'n monster van die slyk wat gered is geanaliseer deur E. Brimm en daar is gevind dat dit uit ferroseen bestaan.
Die tweede keer was omstreeks 1950, toe navorsers van British Oxygen gepoog het om amiene uit koolwaterstowwe en stikstof te sintetiseer in 'n wysiging van die Haber-proses. Toe hulle siklopentadieen met stikstof teen 300 °C onder atmosferiese druk probeer te laat reageer, was hulle teleurgesteld om te sien dat die koolwaterstof met 'n ysterbron reageer wat ferroseen gelewer het. Alhoewel hulle ook die merkwaardige stabiliteit daarvan waargeneem het het hulle die waarneming opsy gesit en dit eers gepubliseer nadat Peter Pauson sy bevindings in 1951 gerapporteer het.
In 1951 het Peter L. Pauson en Thomas J. Kealy aan die Duquesne Universiteit probeer om fulvaleen [(C5H4)2] deur oksidatiewe dimerisering van siklopentadieen (C5H6) voor te berei . Daartoe het hulle die Grignard-verbinding siklopentadienielmagnesiumbromied in diëtieleter met ysterchloried as 'n oksideermiddel gereageer. In plaas van die verwagte fulvaleen, het hulle egter 'n ligte oranje poeier van "merkwaardige stabiliteit" met die formule C10H10Fe verkry.
Pauson en Kealy het vermoed dat die verbinding twee siklopentadienielgroepe het, elk met 'n enkele kovalente binding van die versadigde koolstofatoom tot die ysteratoom. Die struktuur strook egter nie met die bestaande bindingsmodelle nie en kan nie die onverwagte stabiliteit van die verbinding verklaar nie, en chemici het gesukkel om die regte struktuur te vind.
Die struktuur is in 1952 deur drie navorsingsgroepe afgelei en onafhanklik gerapporteer:
Die "toebroodjie"-struktuur van ferroseen was skokkend nuut en het nuwe teorie vereis om te verduidelik. Toepassing van molekulêre orbitale teorie met die aanname van 'n Fe2+-sentrum tussen twee siklopentadienied-anione (C5H5)− het gelei tot die suksesvolle Dewar-Chatt–Duncanson-model, wat die korrekte voorspelling van die meetkunde van die molekule moontlik gemaak het, asook die merkwaardige stabiliteit daarvan verduidelik.
Ferroseen was nie die eerste bekende organometaalverbinding nie. Zeise se sout K[PtCl3(C2H4)]·H2O is in 1831 gerapporteer, Mond se ontdekking van Ni(CO)4 het in 1888 plaasgevind, en organolitiumverbindings is in die dertigerjare ontwikkel. Daar kan egter geargumenteer word dat dit die ontdekking van ferroseen is wat organometaalchemie as 'n aparte vakgebied van chemie begin het. Dit het ook gelei tot 'n ontploffing van belangstelling in verbindings van d-blokmetale met koolwaterstowwe.
Die ontdekking is so belangrik geag dat Wilkinson en Fischer die Nobelprys vir Chemie in 1973 gedeel het "vir hul baanbrekerswerk wat onafhanklik van mekaar uitgevoer is ten opsigte van die chemie van die organometaalverbindings – die sogenaamde toebroodjieverbindings".
Ferroseen en die talle afgeleides daarvan is nie op groot skaal van toepassing nie, maar het baie gebruike wat die ongewone struktuur benut:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ferroseen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.