Grignard-Reagens

'n Grignard-reagens (of Grignard-verbinding) is 'n chemiese verbinding met die generiese formule R−Mg−X, waar X 'n halogeen is en R 'n organiese groep is, gewoonlik 'n alkiel of ariel.

Twee tipiese voorbeelde is metielmagnesiumchloried CH3−Mg−CL en fenielmagnesiumbromied (C6H5)−Mg−Br. Dit is 'n subklas van die organomagnesiumverbindings.

Grignard-verbindings is gewilde reagense in organiese sintese om nuwe koolstof-koolstofbindings te skep. As hulle byvoorbeeld reageer met 'n ander gehalogeneerde verbinding R'-X' in die teenwoordigheid van 'n geskikte katalisator, lewer dit tipies R-R' en die magnesiumhalogenied MgXX' as 'n neweproduk. Dit is ook onoplosbaar in die oplosmiddels wat normaalweg vir sintese gebruik word.

Suiwer Grignard-reagense is uiters reaktiewe vaste stowwe. Hulle word normaalweg gehanteer as oplossings in oplosmiddels soos diëtieleter of tetrahidrofuraan; wat relatief stabiel is solank water uitgesluit word. In so 'n medium is 'n Grignard-reagens altyd teenwoordig as 'n kompleks met die magnesiumatoom wat deur koördinasiebindings aan die twee eteroksiede verbind is.

François Auguste Victor Grignard het in 1900 die reaksie wat na hom vernoem is ontdek, en is in 1912 met die Nobelprys daarvoor vereer.

Sintese

Grignard-reagense word voorberei deur 'n organiese halied (gewoonlik organobroomverbindings) met magnesiummetaal te behandel. Water en lug vernietig die reagens vinnig, daarom word dit geproduseer en in 'n oplosmiddel gestoor. Die reaksie behels magnesiummetaal wat normaalweg met 'n laag magnesiumoksied bedek is. Die oksiedlaag word verwyder deur fisiese metodes soos die verplettering van die Mg-stukke, of deur gebruik te maak van aktiveermiddels soos jodium, metieljodied of 1,2-dibroometaan. Sodra die oksiedlaag verwyder is, is die reaksie hoogs eksotermies.

Reaksies van Grignard-reagense

Met karbonielverbindings

Grignard-Reagens 

Die mees algemene toepassing van Grignard-reagense is die alkilering van aldehiede en ketone, deur die Grignard-reaksie.

Grignard-Reagens 
Reaksie van CH3C(=O)CH(OCH3)2 met H2C=CHMgBr

Met ander verbindings

Grignard-Reagens 

Kommersiële gebruike

Grignard-reagense is nukleofiele in nukleofiele alifatiese substitusiereaksies, byvoorbeeld met halogenoalkane, in 'n belangrike stap in die industriële produksie van Naproxen, 'n nie-steroïdale anti-inflammatoriese middel wat onder die naam Aleve verkoop word:

Grignard-Reagens 

Die Grignard-reaksie is 'n belangrike stap in die (nie-stereoselektiewe) industriële produksie van Tamoxifen (wat tans gebruik word vir die behandeling van estrogeenreseptor-positiewe borskanker by vroue):

Grignard-Reagens 

Verwysings

Tags:

Grignard-Reagens SinteseGrignard-Reagens Reaksies van Grignard-reagenseGrignard-Reagens Kommersiële gebruikeGrignard-Reagens VerwysingsGrignard-ReagensHalogeen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ArmoedeverligtingDramaNasionalismeGalblaasNagmaalRobbeneilandKalenderSkildklierKlinkerMenslike seksuele gedragDroogteNetbalBerilliumBetonSlag van BloedrivierKontinentSomerBloedsomloopstelselJohnny RapidKoolhidraatRenaissanceOntdekking van die chemiese elementeEnkelvoudige sinWaterpokkiesTandbederfKangogrotteAborsie in Suid-AfrikaAfrikanernasionalismeMonopolyGriekse teaterHakerThomas EdisonSeksismeOlimpiese Somerspele 2024KoperEkonomie van Suid-AfrikaMadison IvyShakaGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaOsoonlaagHidroulikaSirkelKaapstadDieregeluideJuraNic de JagerIroniePotchefstroomWaterkringloopCleopatra VIIBevolkingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Eben EtzebethKamoefleringUitwerking van klimaatsveranderingHartversakingSterLys van Afrikaanse skrywersLys van veltoestandeMaagTemperatuurMaselsSonnestelselAardedagHeelgetalSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994BloeddrukChatGPTLimfvatstelselInflasieLika BerningLys van Joodse feeste en herdenkingsUniondaleGroot-Visrivier🡆 More