'n Steroïed is 'n tipe organiese verbinding wat 'n kenmerkende rangskikking van vier siklo-alkaanringe besit wat aan mekaar verbind is.
Voorbeelde van steroïede sluit in die dieetlipied cholesterol, galsure, die geslagshormone oestradiol en testosteroon en die anti-inflammatoriese middel deksametasoon.
Die kern van steroïede word saamgestel uit sewentien koolstofatome (wat aan mekaar verbind is) wat die vorm van vier saamgesmelte ringe aanneem: drie sikloheksaanringe (aangedui as ringe A, B en C in die figuur regs) en een siklopentaanring (die D-ring). Die steroïede wissel deur die funksionele groepe wat aan hierdie vierringkern geheg is, en deur die oksidasietoestand van die onderskeie ringe.
Sterole is spesiale vorme van steroïede, met 'n hidroksielgroep in posisie-3 en 'n skelet wat afgelei is van cholestaan.
Sommige van die gemeenskaplike kategorieë van steroïede is te vinde by:
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Steroïed, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.