Die Bismarcksee (Engels: Bismarck Sea) is 'n see van die Stille Oseaan in Oseanië tussen Nieu-Guinee in die weste en die Bismarckargipel in die ooste net suid van die ewenaar.
Bismarcksee | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Papoea-Nieu-Guinee met die Bismarcksee in die noorde | |
Kaart van Papoea-Nieu-Guinee met die Bismarcksee in die noorde | |
Koördinate: | 4°S 148°O / 4°S 148°O 148°O / 4°S 148°O |
Ligging: | Papoea-Nieu-Guinee |
Soort: | See van die Stille Oseaan |
Oppervlakte: | 40 000 km² (15 000 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 2 000 m (6 600 vt) |
Maksimum diepte: | 2 500 m (8 200 vt) |
Invloei: | Sepik |
Eiland/e: | Bismarckargipel (Nieu-Brittanje en Nieu-Ierland), Nieu-Guinee |
Die Bismarcksee grens aan die Salomonssee in die suidooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 40 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 2 000 m.
Die hele kus van die Bismarcksee behoort tot die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee. Die Bismarcksee word deur Nieu-Brittanje van die Salomonssee in die suidooste en deur Nieu-Ierland van die oop Stille Oseaan in die noordooste geskei. Die belangrikste rivier wat in die Bismarcksee uitmond is die Sepik.
Die Bismarcksee is soos die Bismarckargipel ná Otto von Bismarck, die eerste kanselier van die Duitse Keiserryk, genoem. Die see was tussen 1885 en 1914 deel van die Duitse kolonie Duits-Nieu-Guinee en is tydens die Eerste Wêreldoorlog deur Australië verower.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hier vanaf 2 tot 4 Maart 1943 die Slag van die Bismarcksee tussen Japan en die Geallieerde vloot van Australië en die Verenigde State plaasgevind. Die Geallieerdes het byna die hele Japanse konvooi vernietig en kon aansluitend begin om die eiland Nieu-Guinee van die Japanners te bevry.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bismarcksee, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.