Apple Inc.: Amerikaanse multinasionale korporasie

Apple Inc.

Apple se hardewaretoestelle word – in teenstelling met dié van ander vervaardigers – rondom die onderneming se eie sagteware ontwikkel om volledige versoenbaarheid van alle komponente te verseker. Veiligheid en modernisties-estetiese ontwerpe is ander streng kriteria.

Apple Inc.
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings
Tipe Openbaar
Gestig 1 April 1976 (geïnkorporeer op 3 Januarie 1977 as Apple Computer, Inc.)
Hoofkantoor Applekampus, Infinte Loop 1, Cupertino, KaliforniëVSA
Liggings500+ winkels (2020)
SleutelpersoneTim Cook (HUB)
Arthur Levinson (Voorsitter)
Sir Jonathan Ive (SVP, Industriële ontwerp)
Steve Jobs (Voorsitter 1976–1985/2011, HUB 1997–2011 †)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieRekenaarapparatuur
Rekenaarprogrammatuur
Verbruikerselektronika
Digitale verspreiding
ProdukteMacintosh • iPod • iPhone • iPad • Apple Watch • Apple TV • Apple TV+ • HomePod • macOS • iOS • iPadOS • watchOS • tvOS • iLife • iWork • Final Cut Pro • Logic Pro • GarageBand • Shazam • Siri
DiensteApp Store • Apple Arcade • Apple Card • Apple Music • Beats 1 • Apple News+ • Apple Pay • Apple Pay Cash • Apple Store • Genius Bar • Apple TV+ • Apple Books • iCloud • iMessage • iTunes Store • Mac App Store
InkomsteApple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings VS$ 260,174 miljard (FJ 2019)
BedryfsinkomsteApple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings VS$ 63,930 miljard (FJ 2019)
Netto inkomsteApple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings VS$ 55,256 miljard (FJ 2019)
Werknemers137 000 (soos op 28 September 2019)
Dogter-
maatskappye
Braeburn Capital
Filemaker Inc.
Anobit
Webwerfwww.apple.com
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings
Die Kaliforniese rekenaaringenieur Steve Wozniak, medestigter van Apple Inc. en dryfkrag agter die ontwikkeling van die eerste persoonlike rekenaar, noem sy geesdrif vir die wetenskapsfiksie-televisiereeks Star Trek as 'n bron van inspirasie by die stigting van sy onderneming.
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings
Apple-hardeware soos die Mac mini (bo) en enkele komponente van die sagteware is byna dertig jaar lank deur die hoofontwerpbeampte, die Brit Jonathan Ive (onder) ontwerp, onder meer volgens Bauhaus-beginsels
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings

In die 1970’s was Apple een van die eerste vervaardigers van persoonlike rekenaars wat danksy sy bemarkingstrategie vir sy Macintosh-reeks ’n beslissende bydrae tot die kommersiële sukses van tuisrekenaars gelewer het. In die 1980’s het die maatskappy nog eens ’n baanbrekersrol by die invoering van grafiese koppelvlakke en rekenaarmuise vervul. Met die bekendstelling van die iPod in 2001, die slimfoon iPhone in 2007, die tabletrekenaar iPad in 2010 en die slimhorlosie Apple Watch in 2015 het Apple sy sakebelange ook na ander produkvelde uitgebrei.

Sy programmatuur sluit die volgende in: die macOS-bedryfstelsel; die iTunes-mediaspeler; die iLife-pakket van multimedia- en kreatiwiteitsprogrammatuur; die iWork-pakket van produktiwiteitsprogrammatuur; Aperture, ’n professionele fotografiepakket; Final Cut Studio, ’n reeks van professionele en rolprentindustrieprogrammatuurprodukte; Logic Studio, ’n reeks van musiekproduksieprogrammatuur; die Safari-webblaaier; en iOS en iPadOS, die mobiele bedryfstelsels vir Apple se slimfone en tabletrekenaars.

Apple Inc. is die grootste beursgenoteerde maatskappy in die wêreld deur markkapitalisasie, die eerste onderneming waarvan die markwaarde die $1-biljoenkerf oorskry het, asook die grootste tegnologiemaatskappy in die wêreld gemeet aan omset en wins. In die fiskale jaar 2019 was die omset op die wêreldmark $260 miljard - 'n styging van 3 000 persent teenoor 2004. Apple se omset is intussen selfs groter as dié van sommige van die voorste rolspelers in die motorbedryf soos Daimler, Ford of Honda. In die tweede kwartaal van 2020 is 49,7 persent van Apple se omset deur iPhone-verkope gegenereer. In die eerste kwartaal van 2020 is 36,7 miljoen eenhede wêreldwyd verkoop.

Die tydskrif Fortune het Apple in 2020 vir die dertiende jaar in 'n reeks as die mees bewonderde maatskappy in die wêreld benoem. Fortune se ranglys is gebaseer op 'n meningspeiling onder byna 3 800 hoof uitvoerende beamptes, direkteurs en ontleders. Die Apple-handelsmerk was in 2019 die waardevolste ter wêreld, nog voor Google en Amazon, met $234,241 miljard volgens Interbrand se Best Global Brands-verslag wat op 17 Oktober 2019 gepubliseer is.

Die maatskappy het hulself egter ook heelwat kritiek op die hals gehaal weens die werkstoestande van kontrakteurs en weens hul omgewings- en sakepraktyke. Ná sy stigting op 1 April 1976 in Cupertino, Kalifornië en sy inkorporasie op 3 Januarie 1977 het die maatskappy vir die eerste dertig jaar as Apple Computer, Inc. bekend gestaan. Die woord “Computer” is op 9 Januarie 2007 van die naam verwyder, aangesien die tradisionele fokus van persoonlike rekenaars na verbruikerselektronika verskuif het.

Geskiedenis

1976–1980: die vroeë jare

    Historiese agtergrond

Die persoonlike rekenaar as tegnologiese innovasie het sy historiese oorsprong, net soos die internet, in tegnologieë wat gedurende die 1960's ontwikkel is, onder meer danksy grootskaalse befondsing deur die Amerikaanse Departement van Verdediging. Die blote idee van persoonlike rekenaars is deur groot vervaardigers soos IBM aanvanklik as absurd verwerp. Dit was jong baanbreker-ondernemings soos Apple, Commodore en Tandy wat in die laat 1970's en vroeë 1970's die eerste klaargeboude rekenaars vir privaat middelklasgebruikers bemark het.

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
'n Advertensie vir die Apple II-tafelrekenaar wat in 1977 geloods is en onder meer in die tydskrif Byte verskyn het

Die eerste rekenaars was uitsluitlik as duur monteerstelle beskikbaar wat deur geesdriftiges self saamgebou en geprogrammeer moes word. 'n Klein informele vereniging van rekenaargeesdriftiges, wat hulself Homebrew Computer Club genoem het, het met sy byeenkomste, wat tussen Maart 1975 en Desember 1986 in Menlo Park, San Mateo County, Kalifornië plaasgevind het (Gordon French, medestigter van die klub, het die eerste byeenkoms in sy motorhuis gereël nadat hulle die MITS Altair 8800 mikrorekenaar in hande gekry het), sou 'n belangrike rol speel by die ontwikkeling van mikrorekenaars vir tuisgebruik en die groei van Kalifornië se groot industriële inligtingstegnologiekompleks Silicon Valley. Klublede het onderdele, stroombane, inligting en ervarings met die selfbou van rekenars gedeel. Die eerste byeenkoms was vir Steve Wozniak die inspirasie vir die ontwerp van die Apple I-rekenaar.

    Stigting en Apple I
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die Apple I, die jong onderneming se eerste produk, is aanvanklik as selfboustel bemark. Anders as destyds beskikbare rekenaars in die laer pryssegment, wat instruksies per skakelaars en lampies ontvang het, het die Apple I oor poorte beskik waarmee 'n sleutelbord en skerm daaraan gekoppel kon word. Teks is in swart-en-wit vertoon. Die eienaar van hierdie eenheid het ’n sleutelbord en ’n houtkis bygevoeg.
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die Apple II plus is deur Steve Wozniak ontwerp
Museum of the Moving Image, New York

Apple is op 1 April 1976 deur Steve Jobs, Steve Wozniak en Ronald Wayne gestig om die Apple I persoonlike rekenaarpakket te verkoop. Die jong onderneming is deur Mike Markkula, 'n ingenieur, sakeman en belegger wat later die amp van hoof uitvoerende beampte van Apple sou beklee, met risikokapitaal ondersteun.

Wozniak het die rekenaars in die motorhuis van Jobs se ouers in Palo Alto met die hand gebou en hulle later by die plaaslike Homebrew Rekenaarklub vir die eerste keer aan die publiek vertoon. Die Apple I is verkoop as ’n moederbord (met SVE, RAM en basiese tekstuele videoskyfies)—veel minder as wat vandag as ’n rekenaar beskou word. Altesaam 200 eksemplare van die Apple I, wat oorspronklik as selfboustel ontwerp is, is vanaf Julie 1976 verkoop vir $666,66 (met inflasie aangepas na $2 723 in 2012)

Apple is op 3 Januarie 1977 geïnkorporeer, sonder Wayne, wat die risiko as te groot geag en sy aandele van tien persent in die maatskappy twaalf dae later aan Jobs en Wozniak verkoop het vir $800. Die risiko vir hom was 'n lening wat Steve Jobs aangegaan het en sy kontrak met 'n onderneming wat onderdele sou verskaf. Wayne het die leweransier se betroubaarheid in twyfel getrek en was as jong vader met 'n huis nie bereid om borg te staan nie.

Sy aandele sou in 2018 $95 miljard werd gewees het. Wayne het sy besluit nogtans nooit betreur nie. Hy het later verduidelik dat hy geen waarde aan rykdom sou heg nie en dat dit van hom net die welvarendste man op die begraafplaas sou gemaak het. Ook het hy vir homself binne die jong onderneming geen kans gesien vir selfverwesenliking nie. Apple het aan hom sy eerste embleem sowel as die teks vir die akte van oprigting, wat uit sy pen gekom het, te danke.

Multimiljoenêr Mike Markkula het noodsaaklike sakekundigheid en befondsing van $250 000 gedurende die inkorporering van Apple verskaf.

    Apple II

Die Apple II is op 16 April 1977 bekendgestel tydens die eerste Weskusrekenaarjaarmark. Die Apple II-reeks is as 'n oop stelsel ontwerp – alle belangrike konstruksiebesonderhede is gepubliseer. Hierdie beginsel is later deur IBM oorgeneem en as IBM PC bemark.

Dit het van die grootste mededingers, die TRS-80 en Commodore PET verskil deurdat dit ’n karakterselgebaseerde kleurgrafika en oop rekenaarargitektuur ingesluit het. Terwyl vroeë modelle gewone kassetbandjies as opslagapparate gebruik het, is dit vervang met die bekendstelling van ’n 5 1/4 duim slapskyfdryf en koppelvlak, die "Disk II".

Die Apple II is gekies om die werkskermplatform vir die eerste killer app van die sakewêreld, die VisiCalc sigbladprogram. VisiCalc het ’n besigheidsmark vir Apple geskep en het tuisgebruikers ’n bykomende rede gegee om ’n Apple II te koop — versoenbaarheid met die kantoor. Volgens Brian Bagnall het Apple sy verkoopsyfers baie oordryf en was hulle baie ver agter Commodore en Tandy totdat Visicalc verskyn het.

    Apple III

Teen die einde van die 1970’s het Apple rekenaarontwerpers en ’n produksielyn gehad. Die maatskappy het die noodlottige Apple III in Mei 1980 bekendgestel in ’n poging om met IBM en Microsoft mee te ding in die sake en korporatiewe rekenaarmark.

Jobs en verskeie Apple-werknemers, insluitend Jef Raskin het Xerox PARC in Desember 1979 besoek om die Xerox Alto te besigtig. Xerox het die Apple-ingenieurs drie dae toegang tot die PARC-fasiliteite gegee in ruil vir die opsie om 100 000 aandele (800 000 gesplete-aangepaste aandele) van Apple teen die voornoteringsprys van $10 per aandeel te koop. Jobs was onmiddellik daarvan oortuig dat alle toekomstige rekenaars ’n grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) sou gebruik en die ontwikkeling van ’n GGK vir die Apple Lisa het begin.

Toe Apple genoteer is, het dit meer kapitaal gegenereer as enige beursbekendstelling sedert die Ford Motormaatskappy in 1956 en het dit oombliklik meer miljoenêrs (ongeveer 300) as enige ander maatskappy in die geskiedenis geskep.

1981–1985: Lisa en Macintosh

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die eerste Macintosh 128K, vrygestel in 1984
Uitstalling in die Google-kantoor in New York

Steve Jobs het in 1978 begin werk aan die Apple Lisa maar in 1982 is hy weens binnegevegte in die Lisaspan laat gaan en het hy Jef Raskin se laekoste-rekenaarprojek, die Macintosh oorgeneem. ’n Bendeoorlog het uitgebreek tussen Lisa se “korporatiewe hemde” en Jobs se “seerowers” oor watter produk eerste verskeep gaan word en Apple sou red. Lisa het in 1983 gewen en die eerste persoonlike rekenaar met ’n GGK geword wat aan die publiek verkoop is, maar was ’n kommersiële mislukking weens sy betreklik hoë prys van $9 995 en beperkte beskikbare programmatuur. Slegs sowat 10 000 eenhede is verkoop.

In 1984 het Apple die Macintosh bekendgestel. Hierdie debuut is aangekondig deur die-nou-bekende $1.5-miljoen televisieadvertensie “1984”. Die regisseur was Ridley Scott en is vertoon gedurende die derde kwart van Super Bowl XVIII op 22 Januarie 1984 en word nou beskou as ’n waterskeidingsgebeurtenis in Apple se sukses en ’n “meesterstuk”.

Die Macintosh het aanvanklik goed verkoop maar opvolgverkope was minder suksesvol weens die hoë prys en beperkte verskeidenheid van programmatuur. Die masjien se lot het verander met die bekendstelling van die LaserWriter, die eerste PostScript laserdrukker wat teen ’n bekostigbare prys aangebied is, en PageMaker, ’n vroeë werkskermpubliseringspakket. Die Mac was veral veelvermoënd in hierdie mark weens die gevorderde grafiese moontlikhede, wat noodwendig ingebou is om die intuïtiewe Macintosh GGK te skep. Daar is gesuggereer dat die kombinasie van hierdie drie produkte verantwoordelik was vir die skepping van die mark vir werkskermpublisering.

In 1985 het ’n magstryd ontstaan tussen Jobs en die HUB, John Sculley, wat twee jaar vantevore aangestel is. Apple se direksie het aan Sculley opdrag gegee om Jobs te “beteuel” en om sy vermoë om duur eskapades in ongetoetste produkte te lanseer, te beperk. In plaas daarvan om hom aan Sculley se instruksie te onderwerp, het Jobs probeer om hom van die leierskapsrol by Apple te verdryf. Sculley het uitgevind dat Jobs ’n magsoorname probeer organiseer en het ’n raadsvergadering byeengeroep waarop Apple se raad van die direksie Sculley se kant gekies het en Jobs van sy bestuurspligte onthef het. Jobs het bedank by Apple en dieselfde jaar NeXT Inc. gestig.

1986–1993: Opkoms en val

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die Macintosh Portable was Apple se eerste “draagbare” Macintosh-rekenaar, vrygestel in 1989.

Apple het ’n duur les geleer na die vrystelling van die lywige Macintosh Portable in 1989 en het in 1991 die PowerBook bekendgestel. Die Macintosh Portable is ontwerp om net so kragtig as ’n gewone Macintosh te wees maar het 7.5 kilogram geweeg met ’n batterylewe van 12 uur. Dieselfde jaar het Apple sy System 7, ’n groot opgradering van die bedryfstelsel, bekendgestel, wat kleur tot die koppelvlak gevoeg het en nuwe netwerkvermoëns beskikbaar gemaak het. Dit het tot in 2001 die argitektoniese basis vir Mac OS gebly.

Die sukses van die Powerbook en ander produkte het verhoogde omset meegebring. Dit het vir ’n ruk gelyk of Apple niks verkeerd kon doen nie en hulle het gedurig vars nuwe produkte bekendgestel wat gevolg is deur groter winste. Die tydskrif MacAddict het die periode tussen 1989 en 1991 die “eerste goue era” van die Macintosh gedoop.

Na die sukses van die Macintosh LC het Apple die Centris-reeks, ’n minder goeie Quadra-aanbieding en die noodlottige Performa-reeks bekendgestel. Die Performa-reeks is in verskeie verwarrende opstellings en programmatuurbundels verkoop om mededinging te vermy met verskeie verbruikerswinkels soos Sears, Price Club en Wal-Mart, wat die primêre handelaars was vir hierdie modelle. Die resultaat was rampspoedig vir Apple omdat klante nie die verskil tussen die modelle verstaan het nie.

Gedurende hierdie tydperk het Apple geëksperimenteer met ’n aantal ander mislukte verbruikersgeteikende produkte insluitend digitale kameras, draagbare CD-spelers, luidsprekers, televisiespeletjies en TV-toestelle. Groot hulpbronne is gewy aan die probleemgeteisterde Newtonafdeling.

Apple het die Apple II-reeks as te duur om te vervaardig beskou, dit het ook te veel aandag afgelei van die goedkoop Macintosh. In 1990 het Apple die Macintosh LC bekendgestel met ’n enkele uitbreidingsgleuf vir die Apple IIe-kaart om Apple II-gebruikers te verhuis na die Macintosh-platform. Apple het in 1993 opgehou om die Apple IIe te verkoop.

Microsoft het die mark bly oorheers met hulle Windows, en gefokus op die lewering van programmatuur aan goedkoop gerieflike persoonlike rekenaars; terwyl Apple ’n rykontwerpte, dog duur ervaring gebied het. Apple het gesteun op sy hoë winsgrens en het nooit ’n duidelike antwoord op Windows ontwerp nie. In plaas daarvan het hulle Microsoft gedagvaar omdat hulle ’n grafiese gebruikerskoppelvlak gebruik het wat soortgelyk was aan die Apple Lisa (Apple Computer, Inc. v. Microsoft Corporation). Die regsgeding het jare geduur voordat dit uiteindelik verwerp is. Terselfdertyd het ’n string produkmislukkings en gemiste doeldatums Apple se reputasie gekelder en Sculley is vervang deur Michael Splinder.

1994–1997: Pogings tot hervorming

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die Newton was Apple se eerste intree in die PDA-markte, asook een van die eerste in die industrie. Ten spyte daarvan dat dit ’n finansiële mislukking was ten tyde van die vrystelling, het dit gehelp om die weg te baan vir die Palm Pilot en Apple se eie iPhone en iPad in die toekoms.

Teen die vroeë 1990’s het Apple alternatiewe platforms vir die Macintosh ontwikkel, soos die A/UX. Apple het ook begin eksperimenteer met die voorsiening van ’n slegs-Mac aanlynportaal wat hulle eWorld genoem het wat ontwikkel is in samewerking met America Online en ontwerp is as ’n Mac-vriendelike alternatief vir ander aanlyn dienste soos Compuserve. Die Macintosh-platform het self ouderwets geraak aangesien dit nie gebou was vir multitaakverwerking nie en verskeie belangrike programmatuurroetines is direk in die apparatuur geprogrammeer. Apple het ook mededinging van OS/2 en UNIX-verskaffers soos Sun Microsystems. Die Macintosh moes vervang word met ’n nuwe platform, of dit moes herbewerk word om met kragtiger hardeware te werk.

In 1994 het Apple met IBM en Motorola in die AIM-alliansie saamgewerk. Die doel was om ’n muwe rekenaarplatform (die PowerPC Reference Platform (PReP)) te skep, wat IBM en Motorola se hardeware sou gebruik saam met Apple se programmatuur. Die AIM-alliansie het gehoop dat PReP se werkverrigting en Apple se programmatuur die persoonlike rekenaar in die stof sou laat byt, en in die proses teenstand teen Microsoft bied. In dieselfde jaar het Apple die Power Macintosh bekendgestel, die eerste van vele Applerekenaars wat IBM se PowerPC-verwerker sou gebruik.

In 1996 is Michael Splinder vervang met Gil Amelio as HUB. Amelio het baie veranderinge by Apple gemaak, insluitend breedvoerige afleggings. Na veelvuldige mislukte pogings om Mac OS te verbeter, eers met die Taligent-projek en later met Copland en Gershwin, het Amelio besluit om NeXT en die NeXTSTEP-bedryfstelsel te koop en Steve Jobs na Apple terug te lok as adviseur. Op 9 Julie 1997 is Amelio afgedank deur die raad van die direksie nadat die aandeleprys die laagste in drie jaar was en die maatskappy verlammende finansiële verliese gely het. Jobs het die tussentydse HUB geword en begin om die maatskappy se produklyn te herstruktureer.

By die Macworld Expo in 1997 het Steve Jobs aangekondig dat Apple met Microsoft sou saamwerk om nuwe weergawes van Microsoft Office vir die Macintosh vry te stel, en dat Microsoft ’n belegging van $150-miljoen in nie-stemgeregtigde Apple-aandele gemaak het.

Op 10 November 1997 het Apple die Apple-aanlynwinkel bekend gestel, gekoppel aan ’n nuwe gebou-op-bestelling vervaardigingstrategie.

1998–2005: Terug na winsgewendheid

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Apple-winkel in Fifth Avenue, New York
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die Apple-vlag. Apple Store, Regent Street, Londen

Op 15 Augustus 1998 het Apple ’n nuwe alles-in-een-rekenaar soortgelyk aan die Macintosh 128K bekendgestel: die iMac. Die ontwerpspan van die iMac is gelei deur Jonathan Ive wat later ook die iPod en iPhone ontwerp het. Die iMac het met moderne tegnologie en ’n unieke ontwerp gespog en het amper 800 000 eenhede in die eerste vyf maande verkoop.

Gedurende hierdie tydperk het Apple verskeie maatskappye gekoop om ’n portefeulje van professionele en verbruikersgeoriënteerde digitale produksieprogrammatuur te skep. In 1998 het Apple die aankoop van Macromedia se Final Cut-programmatuur aangekondig en daardeur sy uitbreiding in die mark van digitale videoredigering ingewy. Die volgende jaar het Apple twee videoredigeringsprodukte bekendgestel: iMovie vir verbruikers en vir beroepslui, Final Cut Pro, wat gevorder het tot ’n noemenswaardige videoredigeringsprogram, met 800,000 geregistreerde gebruikers vroeg in 2007. In 2002 het Apple Nothing Real gekoop om hulle gevorderde digitale samestellingstoepassing "Shake" te bekom, asook Emagic vir hulle musiekproduktiwiteitstoepassing Logic, wat gelei het tot die ontwikkeling van die verbruikersvlak GarageBand-toepassing. iPhoto se vrystelling dieselfde jaar het die iLife-pakket voltooi.

Mac OS X, gebaseer op NeXT se OPENSTEP en BSD Unix is op 24 Maart 2001 vrygestel, na jare se ontwikkeling. Dit was gemik op verbruikers en beroepslui en het gepoog om die stabiliteit, betroubaarheid en veiligheid van Unix te kombineer met die maklike gebruik wat gekom het met ’n opgeknapte gebruikerskoppelalvk. Om gebruikers by te staan in die migrasie van Mac OS 9, het die nuwe bedryfstelsel die gebruik van OS 9 toegestaan deur Mac OS X se Classic-omgewing.

Op 19 Mei 2001 het Apple sy eerste winkels in Virginië en Kalifornië geopen. Op 9 Julie het Apple Spruce Technologies, ’n DVD-skeppingsmaatskappy, bekom. Op 23 Oktober van dieselfde jaar het Apple die iPod digitale oudiospeler aangekondig en teen 10 November die nuwe produk begin verkoop. Die produk was ’n wegholsukses — meer as 100-miljoen eenhede is binne ses jaar verkoop. In 2003 is Apple se iTunes Store, wat aanlynmusiekaflaaie teen $0.99 per liedjie en integrasie met die iPod gebied het, bekendgestel. Die diens het vinnig die markleier in aanlynmusiekdienste geword met meer as 5 miljard aflaaie teen 19 Junie 2008.

Sedert 2001 het Apple se ontwerpspan toenemend afstand gedoen van die gebruik van deursigtige gekleurde plastiek soos aanvanklik gebruik is in die iMac G3. Dit het begin met die titaan PowerBook en is opgevolg met die wit iBook in polikarbonaat en die platpaneel iMac.

2005–2007: Oorgang na Intel

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die MacBook Pro (15.4" breëskerm) was Apple se eerste skootrekenaar met ’n Intel mikroverwerker. Dit is in Januarie 2006 aangekondig en was gemik op die professionele mark
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
'n Sakeman bekyk 'n grafiek op sy iPad-tabletrekenaar. Tien jaar ná die invoering van die iPad in 2010 was Apple met 'n markaandeel van 31,4 persent nog steeds die onbetwiste leier op die mark vir tabletrekenaars – 'n mark wat die onderneming self geskep het. Binne tien jaar is byna 'n halfmiljard iPads wêreldwyd verkoop

By die tematoespraak van die Wêreldwye Ontwikkelaarskonferensie op 6 Junie 2005 het Steve Jobs aangekondig dat Apple sou begin om Intel-gebaseerde Mac-rekenaars in 2006 te vervaardig. Op 10 Januarie 2006 het die nuwe MacBook Pro en iMac die eerste rekenaars geword om Intel se Core Duo SVE te gebruik. Teen 7 Augustus 2006, meer as ’n jaar gouer as wat aangekondig is, het Apple die hele Mac-produklyn oorgeskakel na Intel-skyfies. Die Power Mac, iBook en PowerBook-handelsmerke is laat vaar gedurende die oorskakeling; die Mac Pro, MacBook en MacBook Pro was onderskeidelik die opvolgers. Op 29 April 2009 het The Wall Street Journal berig dat Apple sy eie span ingenieurs begin saamstel het om mikroskyfies te ontwerp.

Apple het ook “Boot Camp” bekendgestel om gebruikers te help om Windows XP of Windows Vista op hulle Intel Macs naas Mac OS X te installeer.

Apple se sukses gedurende hierdie periode was duidelik te sien aan hulle aandeleprys. Tussen vroeg-2003 en 2006 het die prys van Apple se aandele meer as tienvoudig verdubbel, van ongeveer $6 per aandeel (verdeel-aangepas) tot meer as $80. In Januarie 2006 het Apple se beurswaarde dié van Dell verbygesteek. Nege jaar vroeër het Dell se HUB, Michael Dell gesê dat indien hy aan die stuur van Apple was, hy “dit sou sluit en die geld aan die aandelehouers sou teruggee.”

Hoewel Apple se markaandeel in rekenaars toegeneem het, het dit ver agter mededingers gebly wat Microsoft Windows gebruik, met slegs ongeveer 8% van rekenaars en skootrekenaars in die VSA.

2007–2011: iPhone, iPod Touch en iPad

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Steve Jobs stel die iPhone 4 tydens die Worldwide Developers Conference (WWDC) in 2010 bekend
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Apple-winkel in Frankfurt am Main nadat Steve Jobs se afsterwe bekend gemaak is

Jobs het in sy tematoespraak tydens die Macworld-ekspo op 9 Januarie 2007 aangekondig dat Apple Computer, Inc. van daardie punt af aan bekend sou staan as Apple Inc. omdat rekenaars nie meer die maatskappy se hooffokus was nie en dat die fokus verskuif het na mobiele elektroniese toestelle. Tydens dieselfde gebeurtenis is die iPhone asook Apple TV bekendgestel. Die volgende dag het Apple se aandele gestyg na $97.80; die hoogste tot nog toe. In Mei het Apple se aandeelprys die $100-kerf oorskry.

In ’n artikel van 6 Februarie 2007 op Apple se webblad, skryf Steve Jobs dat Apple bereid sou wees om musiek op die iTunes-winkel te verkoop sonder digitale regtebeheer (wat liedjies op derdeparty-spelers sou toelaat) indien platemaatskappye sou instem om die tegnologie vry te stel. Op 2 April 2007 het Apple en EMI saam die verwydering van digitale regtebeheer van EMI se katalogus in die iTunes-winkel aangekondig. Dit sou in Mei begin. Ander platemaatskappye het later in die jaar dieselfde gedoen.

In Julie 2008 het Apple die "App Store" van stapel gestuur sodat derdeparty-ontwikkelaars hul toepassings vir die iPhone en iPod Touch kon verkoop. Binne ’n maand het die winkel 60 miljoen toepassings verkoop en op ’n daaglikse basis gemiddeld $1-miljoen ingebring, met Jobs wat gespekuleer het dat die winkel ’n miljard-dollarbesigheid vir Apple sou word. Drie maande later is aangekondig dat Apple die derde grootste verskaffer van selfone in die wêreld geword het weens die gewildheid van die iPhone.

Op 16 Desember 2008 het Apple aangekondig dat na 20 jaar van bywoning van Macworld, 2009 die laaste jaar sou wees dat Apple die Macworld-ekspo sou bywoon en dat Phil Schiller die tematoespraak sou lewer in plaas van Jobs. Ongeveer ’n maand later, op 14 Januarie 2009, het ’n interne Applememo van Jobs aangekondig dat hy vir ses maande met verlof sou gaan tot einde Junie 2009, weens gesondheidsredes en om die maatskappy toe te laat om op hul produkte te fokus, sonder dat hulle die media hoef te hanteer wat uitvra na Jobs se gesondheid. Ten spyte van Jobs se afwesigheid het Apple sy beste nie-vakansiekwartaal (die eerste kwart van 2009) gedurende die resessie aangeteken met ’n inkomste van $8.16-miljard en ’n wins van $1.21-miljard.

Op 27 Januarie 2010, na jare van bespiegeling en veelvuldige beweerde “lekkasies”, het Apple ’n grootskerm, tabletagtige mediatoestel bekend as die iPad bekendgestel. Die iPad werk met dieselfde aanraakgebaseerde bedryfstelsel as wat die iPhone gebruik en baie van dieselfde toepassings is versoenbaar met die iPad. Dit het met die bekendstelling aan die iPad ’n groot toepassingskatalogus gebied met min ontwikkelingstyd voor die vrystelling. Later daardie jaar, op 3 April 2010, is die iPad in die VSA vrygestel en op daardie dag is daar meer as 300,000 eenhede verkoop en meer as 500,000 in die eerste week. In Mei van daardie jaar het Apple se beurswaarde sy grootste mededinger, Microsoft s’n vir die eerste keer sedert 1989 verbygesteek.

Apple het die vierde generasie iPhone vrygestel wat video-oproepe, multitaakverwerking en ’n nuwe ongeïsoleerde vlekvrye staalontwerp, wat gedien het as die selfoon se antenne, gehad het. As gevolg van hierdie nuwe antenne het sommige iPhone 4-gebruikers ’n swakker sein gerapporteer wanneer die selfoon op ’n spesifieke manier vasgehou word. Na baie mediadekking, ook van hoofstroom-nuusorganisasies, het Apple ’n perskonferensie gehou waar hulle aan eienaars van die selfone ’n gratis rubberbuffer, wat bewese die seinprobleem omseil het, gebied het. Later daardie jaar het Apple weer hul iPod-reeks van MP3-spelers opgeknap om ’n iPod Nano met multi-aanraking, ’n iPod Touch met FaceTime en ’n iPod Shuffle met knoppies ingesluit het.

In Oktober 2010 het Apple-aandele ’n buitengewone hoogte getref en meer as $300 bereik. In aanvulling hierby het Apple op 20 Oktober hulle MacBook Air-skootrekenaars en iLife-pakket van toepassings opgedateer en Mac OS X Lion bekendgestel. Op 6 Januarie 2011 het die maatskappy hul Mac-toepwinkel, ’n digitale programmatuurverspreidingsplatform soortgelyk aan die bestaande iOS-toepwinkel, bekendgestel. Apple was te sien in die dokumentêr Something Ventured wat in 2011 gepremière het.

2011–huidig: Post–Steve Jobs era

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
In November 2011 het Tim Cook Steve Jobs opgevolg as Apple se hoof uitvoerende beampte – en die uitdaging bemeester om in sy voetspore te volg: Apple se slimfoon iPhone word die suksesvolste produk ooit, die vraag na Apple se dienste groei buitensporig - en Apple Inc. word in 2012 die eerste onderneming ter wêreld met 'n markwaarde van meer as $1 biljoen
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
'n iPhone 6 kan 3,36 miljard instruksies per sekonde verwerk. Sy spoed sou groot genoeg wees om 120 miljoen Apollo-maansendings gelyktydig te bestuur – die navigasie-rekenaar van Apollo 11, wat in 1969 op die maan geland het, het 'n frekwensie van slegs 0,043 MHz gehad
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
'n Skootrekenaar uit die Macbook Pro-reeks (modeljaar 2016)
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Die Apple Watch-slimhorlosie is Tim Cook se eerste groot sukses sonder enige bydrae deur Steve Jobs

Op 17 Januarie 2011 het ’n interne Applememo van Jobs aangekondig dat hy weer met verlof wil gaan vir ’n onbepaalde periode, sodat hy op sy gesondheid kan fokus. Tim Cook, hoofbedryfsbeampte, het Jobs se dag-tot-dag bedrywighede by Apple oorgeneem alhoewel Jobs steeds “betrokke sou bly in groot strategiese besluite vir die maatskappy.” Apple het die waardevolste verbruikergerigte handelsmerk in die wêreld geword. In Junie 2011 het Jobs op verrassende wyse die podium betree en iCloud bekendgestel. iCloud is ’n aanlyn bergings- en sinkroniseringsfunksie vir musiek, foto’s, lêers en programmatuur wat MobileMe, Apple se vorige poging om inhoud te sinkroniseer, vervang het. Dit sou die laaste produkbekendstelling wees waar Jobs teenwoordig was. Daar word gemeen dat Apple só ’n mate van doeltreffendheid bereik het in hul voorsieningsketting dat die maatskappy ’n monopsonie bedryf (een koper, baie verkopers) in dat hulle terme aan hul verskaffers kan dikteer. Vir ’n kort rukkie in Julie 2011, weens die skuldplafonkrisis in die VSA, was Apple se finansiële reserwes groter as dié van die Amerikaanse Regering. Op 24 Augustus 2011 het Jobs as HUB van Apple bedank. Hy is vervang deur Tim Cook en Jobs het die voorsitter van Apple geword. Voor dit het Apple nie ’n voorsitter gehad nie maar eerder twee mede-leidende direkteure, Andrea Jung en Arthur D. Levinson gehad. Hulle het daardie titels behou totdat Levinson in November die Voorsitter van die Raad geword het.

Op 4 Oktober 2011 het Apple die iPhone 4S bekendgestel met ’n verbeterde kamera met 1080p video-opname, ’n dubbelkern A5-skyfie wat grafika 7 keer vinniger as die A4 kan hanteer, ’n “intelligente programmatuurassistent” genaamd Siri en data uit ’n wolk met iCloud. Een dag later, op 5 Oktober 2011, het Apple aangekondig dat Jobs oorlede is. Dit was die einde van ’n era vir Apple Inc. Die iPhone 4S is amptelik op 14 Oktober 2011 bekendgestel. Op 29 Oktober 2011 het Apple C3 Technologies, ’n karteringsmaatskappy, vir $240-miljoen bekom. C3 is die derde karteringsmaatskappy wat Apple gekoop het. Op 10 Januarie 2012 het Apple Anobit, ’n Israeliese hardewaremaatskappy wat eiendomsgeheueseintegnologie ontwikkel en verskaf wat die werkverrigting verbeter van flitsgeheues wat in iPhones en iPads gebruik word, vir $390-miljoen bekom.

Op 19 Januarie 2012 het Apple se Phil Schiller iBooks-handboeke vir iOS en iBooks Author vir Mac OS X in New York bekendgestel. Dit was Apple se eerste groot aankondiging sedert Jobs se afsterwe. Jobs was daarvan oortuig dat digitale teksboeke gedrukte media in die onderwyssektor uiteindelik sou vervang en het hierdie digitale leesrewolusie ook in sy biografie aangekondig.

Op 18 Januarie 2018 kondig Apple in reaksie op 'n omvattende hervorming van die Amerikaanse belastingwetgewing aan dat die grootste deel van sy buitelandse kontantreserwes, wat op meer as 250 miljard VSA-$ beraam word en as winste op buitelandse markte verdien is, terug na die Verenigde State oorgedra sal word. Daarnaas het die onderneming die ongekende bedrag van 38 miljard VSA-$ as belasting betaal en grootskaalse beleggings in die VSA in die vooruitsig gestel – waaronder die bou van 'n vervaardigingsaanleg buite Kalifornië. Binne 'n tydperk van vyf jaar sal Apple $350 miljard bydra tot die Amerikaanse ekonomie.

Apple erken op sy webtuiste sy verantwoordelikheid om belastingverpligtinge na te kom en beskryf homself as die grootste belastingbetaler ter wêreld. Die onderneming het daarnaas in November 2019 bekend gemaak dat dit $2,5 miljard sal bydra om Kalifornië se knellende behuisingstekort te verlig.

Korporatiewe sake

Gedurende die Mac se vroeë geskiedenis het Apple in die algemeen geweier om die heersende industriestandaarde vir hardeware aan te neem en het hulle eerder hul eie ontwerp. Hierdie neiging is grotendeels hersien in die vroeë 1990’s met Apple se aanneming van die Randkomponent Interverbind-bus in die 7500/8500/9500 en Power Macs. Sedertdien het Apple USB, AGP, HyperTransport, Wi-Fi en ander industriestandaarde in sy rekenaars ingebou en in sommige gevalle, soos met die aanvaarding van USB, kan hy selfs gesien word as ’n leier. FireWire is ’n industriestandaard wat sy oorsprong by Apple het. Nadat dit as IEEE 1394 gestandaardiseer is, is dit wyd aangeneem.

Apple het derdeparty-bybehore verkoop sedert die eerste Apple Store geopen is. Nikon en Canon het selfs per geleentheid van hul digitale kamera’s daar verkoop. Adobe, een van Apple se oudste programmatuurvennote, verkoop ook hul Mac-verenigbare programmatuur en Microsoft hul Microsoft Office vir die Mac. Boeke van John Wiley & Sons wat die For Dummies instruksionele reeks publiseer, is egter ’n noemenswaardige uitsondering. Die uitgewer se boekreeks is in 2005 van Apple se winkels verban omdat Steve Jobs nie met hul besluit om ’n ongemagtigde biografie oor hom, getiteld iCon, te publiseer, saamgestem het nie. Na die bekendstelling van die iBookstore het Apple die verkoop van fisiese boeke aanlyn en in die Apple-winkels gestaak.

Hoofkwartier

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Apple Campus in Cupertino, Kalifornië was tussen 1993 en 2017 die maatskappy se hoofkwartier. Dit huisves steeds van Apple se kantore en laboratoria
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
'n Lugaansig van Apple Park (vroeër Apple Campus 2) wat sedert 2017 as nuwe hoofkwartier dien
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Vlakby Apple Park het 'n moderne besoekersentrum ontstaan wat oop staan vir die algemene publiek, die Apple Park Vistor Center

Apple Inc. se vorige korporatiewe hoofkwartier Apple Campus is in die middel van Silikonvallei geleë te Infinite Loop 1-6, Cupertino, Kalifornië. Hierdie kampus huisves ses geboue wat in totaal 79 000 m² beslaan en is in 1993 deur Sobrato Development Cos gebou.

Apple het filiale in lande met ’n lae belastingkoers soos Ierland, Nederland, Luxemburg en die Britse Maagde-eilande om die belasting wat hy betaal, te verminder. Volgens die New York Times was Apple onder die eerste tegnologiemaatskappye om oorsese verkoopsmense in lande met ’n hoë belastingkoers aan te wys op ’n manier waarmee die maatskappy produkte namens lande met ’n lae belastingkoers op ’n ander kontinent kan verkoop om sodoende inkomstebelasting te vermy. Apple was ’n pionier van ’n rekenkundige tegniek bekend as “Dubbel Iers met ’n Nederlandse Toebroodjie,” wat belasting verminder deur winste deur eers Ierse, dan Nederlandse en dan Karibbiese filiale om te lei.

In 2006 het Apple planne bekendgemaak om ’n tweede kampus van 200 000 m² te bou wat saamgestel sou wees uit verskeie aangrensende erwe. Latere aankope het dit tot 710 000 m² vergroot. Die nuwe kampus, ook in Cupertino, is ongeveer 1,6 km oos van die oorspronklike kampus af. Die nuwe kampusgebou is deur die Britse argitek Norman Foster ontwerp.

Op 7 Junie 2011 het Steve Jobs ’n voorlegging aan die stadsraad van Cupertino gedoen waarin hy die argitektoniese ontwerp van die nuwe gebou en omgewing aan hulle blootgelê het. Die plan is dat die nuwe kampus 13 000 werknemers kan huisves in een sentrale vierverdieping sirkelvormige gebou (met ’n kafeteria wat ongeveer 3 000 sitplekke bied) wat omring is deur ’n uitgebreide landskap (met parkering hoofsaaklik ondergronds en die res gesentraliseer in ’n parkade). Daar sal ook addisionele geboue soos ’n ouditorium, navorsings- en ontwikkelingsfasiliteite, ’n gesondheidsentrum en ’n spesiale kragopwekker as primêre elektrisiteitsbron wees (aangedryf deur natuurlike gasse en ander omgewingsvriendelike metodes).

Apple se hoofkwartier vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika (EMOA) is in Cork in die suide van Ierland. Die fasiliteit, wat in 1980 geopen is, was Apple se eerste kantoor buite die Verenigde State. Apple Verkope Internasionaal, wat al Apple se internasionale verkope buite die VSA hanteer, is ook geleë by Apple se kampus in Cork saam met Apple Verspreiding Internasionaal, wat Apple se internasionale verspreidingsnetwerk beheer.

Korporatiewe kultuur

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Attac, 'n nie-regeringorganisasie wat krities staan teenoor globalisering, het – nadat Apple Inc. van belastingontduiking in Ierland beskuldig is (of belastingvoordele getrek het uit die Ierse regering se omstrede amptelike beleid van beleggingsbevordering) – sy eie voorstelling van Apple se hoofkwartier ontwikkel
Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
'n Jong vrou voel blykbaar tuis in die Apple-ekostelsel

Apple was een van verskeie hoogs suksesvolle maatskappye wat in die 1970’s gestig is wat ook die tradisionele opvattings van wat ’n korporatiewe kultuur behoort wees in organisatoriese hiërargie gebuig het. Ander hoogs suksesvolle firmas met soortgelyke kulturele aspekte van dieselfde era sluit Southwest Airlines en Microsoft in. Aanvanklik het die maatskappy teenoor meer besadigde maatskappye soos IBM gestaan weens die invloed van die stigters; Steve Jobs het dikwels kaalvoet in die kantoor rondgeloop, selfs nadat Apple ’n Fortune 500-maatskappy geword het. Teen die tyd van die “1984”-televisieadvertensie het hierdie eienskap belangrik geword in terme van sy onderskeiding van ander maatskappye.

Soos wat die maatskappy gegroei het en deur verskeie hoof uitvoerende beamptes gelei is, elk met sy eie idee van wat Apple moet wees, het van die oorspronklike karakter verlore gegaan, maar Apple het steeds ’n reputasie dat indiwidualiteit en uitnemendheid gekweek word. Op dié manier word talentvolle mense by die maatskappy betrek. Apple het ’n program genaamd Apple Fellows begin wat die beste werknemers herken en diegene wat ’n buitengewone bydrea op tegniese of leierskapsvlak in persoonlike rekenaars gelewer het terwyl hulle by die maatskappy was. Die Apple Fellowship is toegeken aan ’n aantal indiwidue onder wie verskeie baanbrekers in die veld van rekenaartegnologie en gebruikerskoppelvlakke.

Verskeie werknemers van Apple het genoem dat projekte sonder Jobs se betrokkenheid dikwels langer vat as projekte waarby hy betrokke was. Ander skep ’n beeld van Jobs “wat in die gange met ’n vlammewerper in die hand loop terwyl hy aan mense vra of hulle aan MobileMe werk.”

By Apple is die werknemers spesialiste wat nie blootgestel is aan funksies buiten hul gebied van kundigheid nie. Jobs het dit gesien as ’n manier waarop die beste werknemers in hul gebied in elke rol aangewend kon word. Die ligging van die kampusse en die uitleg van die winkels is deur ’n persoon gedoen wat geen beheer gehad het oor die inhoud van die winkels nie. Dit is die teenoorgestelde van die korporatiewe kultuur van General Electric wat bestuurders opgelei het wat iets van alles kan doen.

Onder die leierskap van Tim Cook wat in 1998 by Apple aangesluit het, het Apple ’n uiters doeltreffende en effektiewe voorsieningsketting ontwikkel wat vir vier jaar in ’n ry as die beste in die wêreld beskou is. Die maarskappy se vervaardiging, aankope en logistiek stel dit in staat om reuse produkbekendstellings uit te voer sonder om groot, winsondermynende voorrade te onderhou; Apple se winsgrens word op 40 persent geskat, vergeleke met 10-20 persent vir die meeste ander hardewaremaatskappye in 2011. Cook se fokus op die maatskappy se operasionele voorsprong dra die slagspreuk: “Niemand wil suur melk koop nie”. Die maatskappy het tot die laat 1990’s sy produkte bemark met die feit dat dit in Amerika vervaardig is. As gevolg van uitkontrakteringsinisiatiewe in die 2000’s word amper al die vervaardiging nou buite Amerika gedoen. Volgens ’n verslag van die New York Times, “glo bronne binne Apple dat die groot skaal van oorsese fabrieke asook die buigbaarheid, ywer en industriële vaardighede van buitelandse werkers hul Amerikaanse eweknieë verbygesteek het, soveel so dat “Vervaardig in die V.S.A.” nie meer ’n lewensvatbare opsie vir die meeste Apple-produkte is nie.”

Verkoopkanale

Sedert Augustus 2012 het Apple meer as 500 Apple Store-winkels 25 lande geopen. Iets meer as die helfte van die winkels is in die Verenigde State geleë. Apple-winkels is in 44 van die 50 deelstate en die Distrik van Columbia (Washington, DC) geopen.

Politieke druk

In 2019 het sowel die Chinese asook die Russiese regerings politieke druk op Apple Inc. uitgeoefen. Vir Russiese gebruikers van Apple-sagteware word die Krim-skiereiland sedert November 2019 op rekenaarskerms as Russiese staatsgebied vertoon.

Finansies

Apple Inc.: Geskiedenis, Korporatiewe sake, Verwysings 
Met die mobiele betaalstelsel Apple Pay, wat in Oktober 2014 vir mobiele Apple-toestelle (destyds die iPhone 6) ingevoer is, bevorder die onderneming 'n kontantlose samelewing. Die stelsel ding op die mark met Google Pay, wat aan Android-slimfone gekoppel is, en ander kleiner stelsels mee

In die boekjaar wat in September 2011 geëindig het, het Apple nuwe hoogtes bereik deur ’n omset van $108 miljard (drasties meer as die $65 miljard in 2010) en naastenby $82 miljard in kontantreserwes. Apple het hierdie resultate behaal ten spyte van ’n kleiner markaandeel in sekere produkkategorieë.

Op 20 Augustus 2012 het Apple afgesluit met ’n rekordaandeleprys van $665,15. Met 936 596 000 uitgereikte aandele (soos op 30 Junie 2012), het die maatskappy dus ’n beurswaarde van $622,98 miljard gehad. Dit is die hoogste nominale markwaarde wat nóg bereik is deur ’n maatskappy wat privaat handel dryf en het die rekord van Microsoft in 1999 verbygesteek.

Apple se kontantreserwes was vroeg in 2018 met $267,2 miljard byna so groot soos die Amerikaanse regering s'n ($271 miljard) - ondanks die uitbetaling van dividende en die terugkoop van aandele ter waarde van byna $220 miljard.

Op 3 Augustus 2018 was Apple die grootste openbaar verhandelde korporasie ter wêreld deur markkapitalisasie. Op 2 Augustus 2018 word Apple die eerste beursverhandelde Amerikaanse maatskappy wat 'n $1 biljoen markwaarde bereik het. Apple was op die beste Fortune 500-ranglys van die grootste Amerikaanse ondernemings in 2018 as nommer 4.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

    Amptelike webtuistes

    Ensiklopediese inligting

    Werkatmosfeer

    Byte Magazine - Internet Archive

    VintageApple.org - Information from the early Apple era

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Apple Inc. GeskiedenisApple Inc. Korporatiewe sakeApple Inc. VerwysingsApple Inc. Verdere leesstofApple Inc. Eksterne skakelsApple Inc. NotasApple Inc.BedryfsstelselMultinasionale korporasieNASDAQOntwerpProgrammatuurRekenaarSagtewareVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoërskoolLoonMarie AntoinetteOntwikkelende landErosieGewone breukeKommunikasieOseaanbesoedelingAlliterasieWiskundeAnne FrankPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaJan van RiebeeckNederlandsGroepsdrukNiersteenLSelfstandige naamwoordKlimaatSurrogaatmoederskapGrootste rampe in Suid-AfrikaDwelmmiddelBrongitisNaaldekokerInternetKaapstadOseaanSeekatLimpopo (rivier)ResensieHerfsSeekoeiVarkKoos du PlessisDesimale breukeHidroulikaWortelByvoeglike naamwoordNadine BlomKaaps-Hollandse stylLys van elemente volgens simboolDikdermGautengWindPussy RiotPlaasmoorde in Suid-AfrikaVerkleinwoordBlack SashKommaOlimpiese SpeleAgtervoegselLuiperdTradisionele Afrika-godsdiensAarde se atmosfeerBestuiwingParoniemLys van Griekse mitologiese figureAntoniemWêreld- Ekonomiese ForumDrinkwatervoorsieningStam (taalkunde)Galileo GalileiHondVersamelnaamVerkoueGetalVoëlgriepGeelsugBywoordPampoentjiesDepressie (gemoedstoestand)Direkte en Indirekte redeSelfoonJudaïsmeSowjetunieKolitis🡆 More