Tabletrekenaar

’n Tabletrekenaar, of tablet, is ’n persoonlike draagbare eendelige (in een stuk) rekenaar.

    Nota: Hierdie artikel handel oor die elektroniese apparaat. Vir die medisynedoseervorm, sien: Tablet (medisyne).

Toestelle het gewoonlik ’n raakskerm waarvan die primêre manier van beheer met vinger- of skryf-tipe gebare is. Dit word dikwels aangevul deur die gebruik van een of meer fisiese kontaksensitiewe knoppies of die invoer van een of meer versnellingsmeters; ’n virtuele sleutelbord (wat verskuil kan word) op die skerm word oor die algemeen gebruik as die vernaamste metode om data in te voer. Tablette is beskikbaar in verskillende groottes maar bied gewoonlik ’n skerm van groter as 18 cm (oorhoeks gemeet) aan. Die grootte onderskei dus die tablette van slimfone of persoonlike digitale assistente wat funksioneel soortgelyk is.

Tabletrekenaar
Tablet
Tabletrekenaar
'n Skolier werk op 'n tabletrekenaar.

’n Tabletrekenaar is groter as ’n selfoon, maar kleiner as ’n persoonlike rekenaar. Die hoofdoel van ’n tabletrekenaar is om boeke te lees, speletjies te speel, die Internet te deurkruis, of om video’s en musiek te speel. Mobiele weergawes van kantoorpakkette soos Microsoft Office is eweneens beskikbaar. Van die bekende vervaardigers van tabletrekenaars is Samsung met hulle Galaxy Tab-reeks en Apple Inc. met hulle iPad. Naas Apple se mobiele bedryfstelsel iOS gebruik die meeste tabletrekenaars Google Android as bedryfstelsel, maar sommige gebruik ook weergawes van Windows of Ubuntu. Die Amerikaanse aanlynreus Amazon, Inc. voorsien sy Fire-tabletrekenaarreeks van 'n aangepaste weergawe van die Android-bedryfstelsel - Fire OS.

Markaandele in 2017, 2018 en 2019

Vervaardiger Markaandeel 2017 2de kwartaal 2018 4de kwartaal 2019
Apple, Inc. 26,8% 34,1% 36,5%
Samsung Electronics Co., Ltd. 15,2% 14,9% 16,1%
Amazon, Inc. 10,2% 4,8% 7,6%

Volgens marknavorsing wat deur die Hamburgse onderneming Statista gedoen is, sal daar in 2019 sowat 180 miljoen tabletrekenaars wêreldwyd verkoop word. Europa is reeds sedert 2013 die belangrikste mark, met verkope van sowat 102 miljoen eenhede in 2017. Asiatiese markte in die Stille Oseaangebied toon vinnige groei met 'n beraamde verkoopsyfer van 108,6 miljoen in 2018 (sonder Japan) en sal Europa na verwagting in 2019 verbysteek.

Die Amerikaanse vervaardiger Apple, Inc. is sedert die tweede kwartaal van 2011 die markleier op die tabletmark, al het sy destydse markaandeel van meer as 60 persent in die volgende jare bestendig afgeneem. In die eerste kwartaal van 2018 is dit op 28,8 persent beraam. Die belangrikste mededinger is die Suid-Koreaanse Samsung Electronics Co., Ltd., met 'n markaandeel wat van slegs 7,3 persent in die tweede kwartaal van 2011 tot 15,2 persent in 2018 gegroei het. Intussen het - naas Acer, Asus en Hewlett-Packard - ook Chinese vervaardigers soos Huawei en Lenovo tot die mark toegetree.

Verwysings

Tags:

RekenaarSlimfoon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KommunikasieGlobaliseringGreen PornoGeldAfrikanernasionalismeToekoms van die AardeVars waterKwosiëntAkwariumBruin huisslangOlifantKoperGeestesteuringKlein vyf diereGeweldCradock-4LiesbreukKorrupsieKerngeneeskundeRenosterJode in Suid-AfrikaHaasSelfoonLys van Afrikaanse skrywersSirkelVoegwoordNag van die lang messeSonkragXenofobie in Suid-AfrikaHondsdolheidAfrikaanse taalleerVersoeningsdagElon MuskVlekvrye staalLongMobutu Sese SekoErektiele disfunksieOrale seksKunsmatige algemene intelligensiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAfkortingMenslike skeletKlinkerSprokieXhosasMierleeuOopbroninhoudAustraliëOpenbare redevoeringWeervoorspellingVoortrekkermonumentLionel MessiSlag van BloedrivierPornografieSimmetrieSoweto-opstandLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKlimaatDistillasieBTWOnderwysMiljardEreksieLikkewaanRenaissanceAuschwitz-konsentrasiekampPolitieke partyGregoriaanse kalenderPampoentjiesAnneli van RooyenBeesKatAnale seksSeksposisieRugbyMeervoud🡆 More